Boeknotas: The Study of Spirituality, Cheslyn Jones, Geoffrey Wainwright et al

  • 17

Hello, 

Hiermee 'n kort geskiedenis van spiritualiteit. In die bespreking word The Study of Spirituality onder die redakteurskap van Cheslyn Jones, Geoffrey Wainwright en  Edward Yarnold gevolg uitgegee deur Oxford University Press en gepubliseer in 1985/1986. Sagteband en nie beskikbaar in Kindle-formaat nie. Neem ook kennis dat meer as 90% van dit wat ook in die bespreking kon gebring word is uitgelaat.

Die woord spiritualiteit is 'n woord van onlangse oorsprong. In die oorspronklike Engelse gebruik was die betekenis soos volg: 

In its original English use it meant the clergy, as in Philip Stubbes Anatomie of Abuses ( 1583), the 'corruptions and abuses of the spirituality'; or the ecclesiastical office as distinct from the secular office, so that a man, instituted to a living, was given by one authority the temporalities and by another the spiritualities. Thence it came, in various associations, to describe things of the spirit as distinct from things of matter, such as an immaterial essence, a spirit, a ghost, a soul. The meaning of devotion or piety came still later, chiefly through Catholic writers like Challoner. Yet in 1755 Dr Samuel Johnson defined, among the meanings, ... ,acts independent of the body; pure acts of the soul; mental refinement'.

Die geskiedenis van die woord in Frans het bogenoemde betekenis vroeër as die Engelse ekwivalent verkry and kan soos volg verwoord word: 

It appears first to have pinned its special association with mystical or ascetical devotion. In the mystical doctrines propagated by Molinos or his successors the critics found an absence of free Christian attitudes to matter, an excess of striving after the purely immaterial. In the course of the eighteenth, but more and more frequently in the nineteenth, the word became a description of ways of prayerful piety,  with a hint, perhaps, of a link with the ideas of ascetics or mystics. This forms a foundation until more recent modern descriptions the forms and structures of the life of prayer'; 'the spiritual life is life', 'some kind of wholeness', 'spirituality means a search for meaning and significance by contemplation and reflection on the totality of human experiences in relation to the whole world which is experienced and also to the life which is lived and may mature as that search proceeds'. And spirituality concerns the way in which prayer influences conduct, our behaviour and manner of life, our attitudes to other people. 

Met dit as agtergrond en die afmaking wat alreeds elders geplaas is deur ander deelnemers hier van ander se belydenis oor hulle spirituele bestaan kan daar daarom nie verwag word om almal te tevrede te stel nie met die bespreking. Daar word egter gehoop dat die meeste Christene tog idees in hierdie brief sal vind waarmee hulle tuis sal voel. Net soos hierdie die natuurlike gebied van 'n Dolf of 'n Kobus sou wees en korreksies en die uitlig van foute gemaak deur my welkom sal wees. 

Die beginpunt en definisie van spiritualiteit in terme van hierdie brief is dan die kombinasie van aanbidding en die uitlewing van die persoon in sy daaglikse bestaan. Dit is die verpersoonliking van gebed, wat beskryf in frases soos, 'lewende offer', 'geestelike aanbidding' en 'n offerande aan die lof van God, dit is die vrug van die belydenis wat erkentenis aan God se naam gee. Christene is geestelike offers aan God deur die weg van Jesus Christus. Aangesien daar ongelukkig 'n kloof tussen God en die mens is wat slegs deur genade oorbrug  kan word, net soos daar 'n skeiding tussen die oneindige en die tydelike is en dit ook die gaping tussen die Aller-heilig en die sondaar is. 

'All have sinned and fall short of the glory of God'

In meer detail kan dit soos volg beskryf word: 

Selfs al is die gawe van genade, wat die teenwoordigheid van die Heilige Gees is, deel van die mens se wese sal die mens dikwels nie daardie noodsaaklike heiligheid in die mens se daaglikse keuses weerspieël nie. Volgens hierdie leringe is die mens in hierdie bestaan nie perfek geïntegreer met God nie. Die leringe wat die alledaagse teenwoordigheid van sonde, die daaglikse tekortkoming, dui aan die gaping tussen die twee vlakke van die mens se wese. Dit impliseer dat gewone Christene op die diepste vlak van hul wese kan misluk in die volgende terme: 

Christians at the deepest level of their being will have made a choice of values which can be described as a 'fundamental option' for God, while repeatedly failing to express that option fully in their everyday choices. Thus Paul bewailed the discrepancy between his ideals and the reality of his life: 'I do not do the good I want, but the evil I do not want is what I do'. The gap,then, which separates human beings from God is both ontological and moral. Accordingly we have a double need for God's grace: so that we may share in his nature, and so that our sins may be forgiven and healed. 

Hierdie mislukking van die mens word aangespreek deur die unieke voorbeeld van God se toetrede tot die wêreld deur en in die persoon van Jesus Christus. Dit is hierdie unieke vervulling van die mens se kapasiteit om God deur die lewe en navolging van Jesus Christus te volg wat dit vir die mens moontlik maak om die gaping tussen mens en God te oorbrug. Daarom is hierdie ingryping asook gebed in die mens se lewe die oorsprong van spiritualiteit en is dit die vrug van God se genade soos betoon aan die mens in sy gevalle staat.

Dit is die Heilige Gees wat dit moontlik maak vir die mens om te bid, Abba Vader, net soos dit moontlik gemaak word om 'n daad van geloof uit te leef in die heerskappy van Jesus Christus. Persoonlike gebed deur Jesus Christus is daarom dan die middelpunt van spiritualiteit. 

In it we search, both individually and in groups, for deeper, more personal intercourse with God -- moving into an ever greater intensity, union, and communion that will radically alter the way we live our lives. Here the truths of faith come home, or find no home. Here God speaks to the specific person who is made in the divine image, to the one who opens to that image or closes up against it. Here God calls us to be one with each other -- and we listen and hear or fall deaf. Here we respond, or turn away, as the fallen Adam did. Here we accept grace and are transformed by it.

Daar is die mense wat dit verwerp. 

Gebed is 'n gesprek met God deur Jesus Christus. Dit is die primêre manier van toenadering deur die mens se ware self na God. In gebed praat die mens oor haarself en dit wat 'n swaar las is op die mens se gedagtes en so ook die mens se vrese en die griewe wat die mens koester teen oor ander en die bestaan in sy groter geheel, alles hierdie wat versteek onder die oppervlak van die mens se uiterlike verskuil is: 

This is the human soul God wants, the heart which prays, not just the lips which mouth the proper words. God wants the glad soul who really speaks, saying what is really on the mind and in the heart, not a dull recital of those only too-familiar formalities, the set speeches laid down by the 'authorities', confident that they know exactly what God wants to hear. Have pity on the divine ears -- all those dull prayers, those boring hymns, those dry sermons filled with unctuous phrases! Purging in prayer becomes a refurbishing of the whole instrumentality of our being. We no longer concentrate on this or that little part of ourselves, no, matter how important or how troubling. We see our total being in prayer. Prayer exposes, strips bare, and yet brings us ever more consciously and constantly into the world's life, into the deep wounded heart of the world. This life of a true prayerful consciousness is not an easy one. We are left with less and less protection against the assaults of meanness, inexcusable suffering, and avoidable misery we inflict upon each other.

Bogenoemde dan die helende en transformerende krag van gebed en sal gebed weer 'n verskyning maak aan die einde van die bespreking en die kern wat dit het in die spirituele. 

Die belangrikste kenmerk van spiritualiteit is sy subjektiwiteit en sy innerlikheid, dit is 'n intens persoonlike ervaring.

Otherworldly orientation is frequently a distinctive feature of the spiritual existence which expresses a longing to escape from the world and worldliness. It is concerned with the soul's developing detachment from the world and its flight to God. This configuration of subjectivity, inwardness and otherworldliness makes it possible for much of spiritual existence to exist in a realm beyond philosophical arguments and theological controversies. Like music or poetry it can be appreciated quite independently of critical analysis and of knowledge of its background or context. So far there is no entirely satisfactory typology of spirituality, but it may be possible to distinguish between two forms - 'ecclesial' spirituality and 'privatized' spirituality. 

Alle ware Christelike spiritualiteit is gebou op 'n Bybelse grondslag. Dit is dus nie net vir die Protestantse persoon maar ook vir die Rooms-Katolieke persoon en hierby kan ingesluit word Oosterse Ortodokse persoon ook. Die Bybel kan daarom gebruik word in 'n verskeidenheid van maniere om voeding vir die mens se spirituele lewe te bied. Net soos spiritualiteit beoefen kan word in formele instellings, 'ecclesial', is daar is ook 'n lang tradisie van die individu en die individu, 'privatized', se aanbiddende studie van die Skrif onder die wakende invloed van die Heilige Gees en met Jesus Christus as kompas.

Dit bring dan die leser by die leerstellinge van Paulus in die Nuwe Testament.

Die leering wat hier gebied word is dat God het die menslike natuur op 'n spesifieke manier geskape sodat die mens 'n geestelike transformasie kan ondergaan. God se genade is transformasie vanaf die bonatuurlike en hierdie inslag kan die mens nie verander nie aangesien God in die mens se aard 'n affiniteit vir God homself geskape het en daar 'n soeke na die Goddelike is. Hierdie affiniteit word soos volg beskryf en word die volgende terme uit Genesis gebruik: 

'The image of God' is used and confirmed based on Thomas Aquinas who later in the centuries spoke of the fundamental urge in each being's nature as its 'natural desire', believing that the natural desire of human beings was for God. It is God's original and ultimate plan that all he has called shall become 'conformed to the image of his Son, so that he (the Son) may be the firstborn among many brothers and sisters', adopted into God's own family. This adoption is effected in baptism: 'all who have been baptized into Christ have put on Christ', all human divisions of culture, status or sex are abolished, 'for you are all one man in Christ Jesus. And if you are Christ's, then you are the progeny of Abraham, heirs as promised'. The human nature of 'the Son' qualifies the human race for adoption into the sonship of the Son by the power of the Spirit, reproducing in each, and uniting each to, the authentic prayer of the Son, Abba, Father. For it is now clear that both paths lead in the same direction; for the Spirit of adoption and the resurrection Spirit are identical.

Net die Gees intern tot die mens se menswees wat hulp bied aan die mens se onvoldoende kapasiteit tot gebed en waar daar oor die woorde in die gebed gestruikel word en die Heilige Gees die mens inspireer tot hoogtes wat op die mens se eie kapasiteit nie moontlik is nie. 

He alone can precipitate the basic confession, 'Jesus is Lord', the criterion of genuine inspiration. There is a diversity of 'charisms' or spiritual gifts which he distributes and co-ordinates among the various members of Christ's Body, yet there is a hierarchy of gifts, and individuals are exhorted to covet and cultivate the higher ones, preferring any that lead to 'edification', to the building up of the whole by the strengthening of the weak, which requires restraint from the more impressive and spectacular. The community as a whole is a temple of the Spirit so equally is each individual, which has special implications for chastity. The body itself is not evil, God can be glorified in it. The Spirit inspires and aggravates our groans and aspirations towards complete redemption and liberation and is described as 'firstfruit', the first flowering of a harvest already ripening, i.e. of future glory; and elsewhere as a first deposit or pledge of full future payment,  where our anointing and sealing by God with the Spirit is seen as a pledge for the complete fulfilment of all his promises to us and where the Spirit is seen as a  pledge for our complete clothing in immortality, with our resurrection body. We have seen that God's original and ultimate design is 'for our glory' and that we should inherit blessings beyond experience or imagination.

Bogenoemde dui aan die Heilige Gees se rol as die bron en ondersteuner van heiligheid en spiritualiteit en die maniere van direkte toenadering van die mens tot God en vanaf God na die mens.

Met bogenoemde as agtergrond word 'n uiters beperkte en onvolledige kort opsomming van Luther uit die Reformasie aangebied:

When the sinner despairs of himself and puts his trust in Christ, 'the absorption of the Word makes the soul a sharer in everything that belongs to the Word. The believer in Christ is no longer a slave but a free person.  prayer is the act of faith par excellence, and in prayer even sinful persons so far rise above themselves as to give the precedence to the honour of God's name, the triumph of God's Kingdom, and the fulfilment of God's will over the matters of our own safety and deliverance, Hence also the conclusion of the prayer of faith with the Amen which is the summa vis orationis, the certainty that our prayer is heard. 

Net so ook met die werke van Calvyn: 

Calvin (1509-64) is much easier to expound than Luther because in his Institutes of the Christian Religion, expecially in its final form, we have a summary of his thought, its true character is that of a spiritual guide to Christian believing and living. The pattern of the Creed (Father, Son, Spirit, Church) is a mnemonic device -- but not a gratuitous one, for it reminds us that the individual spiritual life of the believer is set against the backdrop of an objectively true doctrine. Church and sacraments are not a mere appendage to individual devotion; the Church is already present in the world to call the elect to realization of their calling, and its provisions march beside their needs as they grow. the essential fault of fallen humanity is ignorance of God, wilful self-misinformation, which turns all natural religion into idolatry. God has given us the Scriptures, from which we learn the falsehood of idolatry. The realization of his will in the individual is possible only through the secret working of the Holy Spirit, who unites the soul with Christ in a spiritual marriage. We embark on the spiritual life, at once penitent and joyful. 

'n Samevatting van alles wat in hierdie brief bespreek is kan soos volg verwoord word:

The highest and unique instance of God's self-giving is his entry into the world in the person of Jesus Christ. The highest and unique fulfilment of the human capacity for God is found in the life of Jesus Christ. But the incarnate divinity and the God-filled humanity of Jesus are not only for himself; they are 'for us and for our salvation'. In other words the vital principle of all spirituality is the grace of Christ. 

Met dit as agtergrond is dit duidelik dat Cornelius Henn vir Kobus 'n klap probeer gee het wat geen gronde het in die ryk geskiedenis van spiritualiteit en die gawes van spiritualiteit, wysheid, kennis, insig en verheerliking. Net soos die afmaking van spiritualiteit as 'new age' Cornelius Henn as gelowige se onkunde bevestig. In die inleiding van die brief is gemeld dat meer as 90% van dit wat kon bespreek uitgelaat is en word 'n kort lys gebied van wat nie aangespreek is nie. Die Liturgie, die mistieke, die insig van die spirituele wat gevind kan word in die Ou Testament, en so ook in die Nuwe Testament, waar net Paulus bespreek is en nie Johannes nie asook nie die Evangelies nie. Net soos die verskynsel van spiritualiteit soos gevind in Griekse filosofie en daarmee ook in Philo, Plotinus, en Proclus ook nie aangespreek is nie. Net soos die eerste Kerkvaders, Tertullian, Cyprian, Tertullian, Cyprian, Origen en die 'Desert Fathers, Antony en Pachomius ook  nie aangespreek is nie en so ook die Latynse Vaders, Ambrose, Jerome, Augustine, John Cassian, Benedict, John Scotus Eriugena. Hierdie bring die leser uiteindelik by die Oosterse Ortodokse Vaders. Veral vreemd aangesien Cornelius Henn, die Kopte soos 'n mantra hier rondgooi. Dit terwyl die Kopte slegs 'n beperkte deel van daardie ryke tradisie is. Selfs hier laat ek nog baie uit om by die Protestante beweging te kom waar Zwingli en die Anabaptiste nie bespreek is nie, asook die Katolieke Reformasie as antwoord op die Protestante beweging. Net soos ander bewegings ook nie aangespreek is nie, Judaïsme, Islam, Hindoe, Boeddhisme en dit wat gevind kan word in die gelowe uit Afrika en so ook die meer moderne opdaterings van spiritualiteit.  Geen rekord kon gevind word van enige 'katolieke' beweging nie en is die slotsom dat dit 'n sekte van een is. 

Dit is dus 'n baie brawe persoon wat spiritualiteit se geskiedenis en belang wat die mens oor duisende jare daarmee het ontken en is die slotsom dat Kobus sonder twyfel in die erfenis daarvan funksioneer. Daar is net een aspek waaroor ek met Kobus sal verskil maar hierdie is nie die geleentheid daarvoor nie. 

Baie dankie

Wouter

  • 17

Kommentaar

  • The Book of Disquiet (Penguin Modern Classics eBook) (Fernando Pessoa)

    Kindle Location. 635-49  | Added on Monday, August 05, 2013, 08:40 PM
     
    I was born in a time when the majority of young people had lost faith in God, for the same reason their elders had had it – without knowing why. And since the human spirit naturally tends to make judgements based on feeling instead of reason, most of these young people chose Humanity to replace God.
     
    I, however, am the sort of person who is always on the fringe of what he belongs to, seeing not only the multitude he’s a part of but also the wide-open spaces around it. 
     
    That’s why I didn’t give up God as completely as they did, and I never accepted Humanity. I reasoned that God, while improbable, might exist, in which case he should be worshipped; whereas Humanity, being a mere biological idea and signifying nothing more than the animal species we belong to, was no more deserving of worship than any other animal species. 
     
    The cult of Humanity, with its rites of Freedom and Equality, always struck me as a revival of those ancient cults in which gods were like animals or had animal heads. 
     
    And so, not knowing how to believe in God and unable to believe in an aggregate of animals, I, along with other people on the fringe, kept a distance from things, a distance commonly called Decadence. Decadence is the total loss of unconsciousness, which is the very basis of life. 
     
    Could it think, the heart would stop beating. For those few like me who live without knowing how to have life, what’s left but renunciation as our way and contemplation as our destiny? 
     
    Not knowing nor able to know what religious life is, since faith isn’t acquired through reason, and unable to have faith in or even react to the abstract notion of man, we’re left with the aesthetic contemplation of life as our reason for having a soul. Impassive to the solemnity of any and all worlds, indifferent to the divine, and disdainers of what is human, we uselessly surrender ourselves to pointless sensation, cultivated in a refined Epicureanism, as befits our cerebral nerves.
    ==========
  • CorneliusHenn

    Ja, net nog 'n roep om wraak deur Wouter met sy eie lafhartige verdagmakery en bedrog uit die hel - siestog - alles jeens sy gekrenkte en patologiese egotjie!  

    Soos enige gereelde belangstellende hier reeds weet, verwys  Kobus de Klerk gedurig na sy "Spirituele Intelligensie" - dis waarin hy homself bo almal almal wat hom nie eer nie, so verhef  - en veral natuurlik ook altyd as dit by enige vorm van spiritualiteit kom!  

    Kobus de Klerk beskou homselfs ook bokant die kruiper hier - Wouter Ferns - se spiritualiteit ...  

    Ek nooi die arme Wouter (soos hy graag in sy smeke om simpatie hier na homself verwys), om enige voorbeeld aan te haal waar ek kwansuis spiritualiteit, of enige leer waarvolgens alles teruggebring kan word tot 'n verskyningsvorm van die gees, bevraag het ... (gebrek daaraan in sy bedrog hierbo, wys immers reeds sy aksionabele insinuasie).

    Ek groet gereeld (en byna onder elke bydrae van my), ook met die woord - ----"Namaste" (http://www.youtube.com/watch?v=YcgNJ7cgDVs).  

    Tog sal Wouter Ferns sy gal braak: "Met dit as agtergrond is dit duidelik dat Cornelius Henn vir Kobus 'n klap probeer gee het wat geen gronde het in die ryk geskiedenis van spiritualiteit en die gawes van spiritualiteit, wysheid, kennis, insig en verheerliking."  

    Wat sal die arme patetieke bleeksiel daarmee probeer bereik?  

    Boonop huigel Wouter nog voorts met: Geen rekord kon gevind word van enige 'katolieke' beweging nie en is die slotsom dat dit 'n sekte van een is.   

    Een van vele van my verduidelikings omtrent die betekenis aan die woord katoliek (met 'n kleinletter) en Katoliek (met 'n hoofletter), kan hier gelees word: https://www.litnet.co.za/Article/oor-n-enige-katolieke-kerk.  

    Die Nederlandse Geloofsbelydenis, onderhoofde "Oor die algemene Christelike kerk, lees: Ons glo en bely 'n enige katolieke [met 'n kleinletter] of algemene Kerk wat 'n heilige vergadering is van almal wat waarlik in Christus glo, wat hulle hele saligheid  in Jesus Christus verwag en gewas is deur sy bloed, geheilig en verseël deur die Heilige Gees ...  

    Die woordeboek verklaar die woorde "katoliek" en Katoliek, as volg:  

    Katoliek1, (s), =e. Iem. wat die Rooms-Katolieke geloof aanhang.  

    Katoliek2, (b), =e. Die Rooms-Katolieke geloof toegedaan; volgens die Rooms-Katolisisme.  

    katoliek3, (b), =e. Algemeen, allesomvattend; oor die hele wêreld versprei.  

    (let asseblief dat katoliek3, (b), =e.- met 'n kleinletter gespel is).  

    Nou ja - "geen rekord kon gevind word van enige 'katolieke' [algemene, allesomvattend; oor die hele wêreld versprei] beweging nie en is die slotsom dat dit 'n sekte van een is"  - regtig??? ... hahahaha ... die arme Wouter Ferns, die Bybelaanbidders soos Dolf en Kobus, en al die ondermyners van die Evangelie en onderdrukkers van ander se harte, wens sekerlik so ...

    Ag nee wat, die Wouter Ferns se Spirituele Intelligensie en slimjannie-boewery, is gewis besig om nou baie ernstig met dié van Kobus de Klerk te wedywer.  

    Nie te danke,  

    Cornelius Henn

     

  • Wouter,

    Hierdie is die mees skitterendste skrywe wat ek nog op SêNet gelees het! Jou artikel hier het direk tot my gees gespreek en trane gebring. Ek wonder of jy werklik die dimensies hiervan verstaan? Ekself wou nie hierdie indiepte onderwerp waag, omrede van kommentare wat skade en afbreking teen die kosbare Heilige Gees kon genereer. Tog kom jy op 'n rustige manier en bring 'n skrywe wat my met 'n WOW laat!

    Jy laat my nuuskierig Wouter. Wie is jy en wat gaan werklik in jou hart aan? Het jy werklik hierdie nota's bo jou eie gemaak? Iemand naby sit met dieselfde probleem as jy. Ek moes leer om vry te spreek, te vergewe. Gaan ons toetse deur sodat ons ander daardeur kan help? Die oplossing van die 'krag van vryspreek' aan die wêreld so toon? 

    Jou stelling: "Christians at the deepest level of their being will have made a choice of values which can be described as a 'fundamental option' for God, while repeatedly failing to express that option fully in their everyday choices. Thus Paul bewailed the discrepancy between his ideals and the reality of his life: 'I do not do the good I want, but the evil I do not want is what I do'. The gap, then, which separates human beings from God is both ontological and moral. Accordingly we have a double need for God's grace: so that we may share in his nature, and so that our sins may be forgiven and healed. " Verseker leef die christen onder DUBBELE genade en sou daar geen oorwinning hier op aarde wees as die kosbare Heilige Gees ons nie bygestaan het nie. Want onsself - stel die standaard waaronder ons wil lewe ...

    Jou artikel is waar. As ons nie die dierbare Heilige Gees het as Bystand in die spirituele, wat ons die woorde gee HOE om te bid en te LEWE, sal ons dit nie maak nie. In ons swakheid word Sy krag dus volbring.

    Jou artikel is uniek! Bevat die ware feite omtrent spiritualiteit. Waardeer.

    Trienie Mahne

     

       

  • CorneliusHenn

    Ag nou ja, en daar ruim die geveinsde Trienie Mahne enige onsekerheid omtrent die behae wat sogenaamde  "ware Christengelowiges" (Spiritueel Intelligentes), in hul kamstige verhewendheid bo ander se spiritualiteit (harte) het, uit die weg ... dat 'n "agnost" (Kobus de Klerk se neerhalende beskrywing van 'n ongelowige), nou selfs bo sy dwepery met "die mees skitterendste skrywe wat ek nog op SêNet gelees het! Jou artikel hier het direk tot my gees gespreek en trane gebring", aangehef moet word! ... Siestog ou Kobus, jy sal maar jou Spirituele Intelligensie by die "agnost" EN homoseksueel, Wouter Ferns, moet gaan opsteek ... hahahaha...

     

     

     

     

     

     

  • Pieter Redelinghuys

    Beste Wouter,

     

    Nou is ek skoon uit die veld geslaan, en gedisorienteerd deur die aard van jou skrywe.

     

    Wat het van Wouter, die ateïs, geword? Het Kobus jou bekeer, of het jy net 'n metamorfose ondergaan?

     

    Hoe meer dae, hoe meer dinge.

     

    Beste groete,

     

    Pieter Redelinghuys

  • Hello Trienie, 

     
    Baie dankie vir jou ruimhartige kommentaar. Dit word werklik waardeer en daarmee ook besef ek die omvang hiervan. Soos ek dit begin skryf het vanaf Saterdag af met die boek langs my was die verbasing van die ontdekkings gemaak in my gemoed ook stof tot nadenke. Hierdie bevestig aan my dat Godsdiens is nie boos nie, dit het as doelwit 'n plan om die mens te verbeter, die mens beter te maak en is die beskrywing van gebed en dit wat gebed kan doen die kragtigste wat ek al ooit oor dit gelees het. 
     
    Hierdie is 'n bestaansblik, 'n werklikheid wat my diep geraak het en ek nog lank sal oordink. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter 
  • Pieter Redelinghuys

    Beste Wouter,

     

    Hallejula!

     

     Laat ons ook in die toekoms weet omtrent jou miraculous epiphany.

     

    Beste groete,

     

    Pieter Redelinghuys

  • CorneliusHenn

    Wouter,

     

    Wat is die kanse dat jy ooit nou in jou "nuutgevonde spiritualiteit", al die ergerlike etikette wat jy so gedurig op VALSHEDE grond (soos ook in jou einste bydrae hierbo), en jy dit dan om ander se nekke hang, sal regstel?

     

    Wel, dis genadiglik nie nodig nie!

     

    Mag Jesus Christus onse HERE, ons almal vergewe.

     

    Cornelius Henn

  • Pieter Redelinghuys

    Beste Wouter,

     

    Met jou weersin van etikette  slaan jy die spyker op die kop. Etikette reduseer en verminder 'n persoon se menswaardigheid wat altyd kompleks en veelvoudig is. Om persone te etikeer is gewoonlik die eerste stap vir uitsluiting uit die groep of gemeenskap, en verskaf eventueel die reg vir die "mob" tot geweld, psigies of fisies.

     

    Beste groete,

     

    Pieter Redelinghuys

  • Pieter

     

    Wouter skryf hierbo:  "Die woord, ateïs, is na dese vir my so kras, net soos Jaco, se gay Wouter, aanhef van onlangs".

     

    Vir my is beide die beskrywing van myself als "ateis" en "gay" (ek sou eerder die Afrikaanse term "moffie" vir myself verkies) heel aanvaarbaar, en het ek geen beswaar daarmee nie, want dit is tog wat ek is en waarop ek roem.

    Die rede hoekom ek met 'n vorige aanhef Wouter as "Gay Wouter" aangespreek het, was omrede hy in 'n beswyming van bewondering oor Pous Francis ondersteunende koerante gekwoteer het, het ek sy gaygeit in "juxtoposition" met die Katolieke kerk se onlangse spandabelheid probeer uitwys, waar hulle gay huwelike in die VSA wil laat kelder.  Die pous wil gays nie veroordeel nie. What a laugh!  Juis om dit te sê het hy hulle by implikasie veroordeel.

     

    Na die lees van hierbo, weet ek nie of Wouter weet of hy aan of af is nie.  Somewhat confusing, not so?!

     

    Jaco Fourie

  • Wouter

     

    Om die sogenaamde "kerkvaders" te wil kwoteer soos hierbo kan gevaarlik wees.  Tertullian bv het voorgegee dat beide Jesus en Paulus eunuchs (gekastreede mans) was.

     

    Dit is belangrik om 'n  in diepte kennis van jou onderwerp te hê, nie net oppervlakkige aanhalings van bronne wat moontlk verdag mag voorkom nie.

     

    Jaco Fourie

  • Die hele Christelike beskouing van seks as sonde, is te danke aan die sogenaamde "kerkevader" Augustine. 

    Selfs 'n Katolieke professor is daarmee eens: "It's regrettable that St. Augustine's influence and the negative appraisal of sexuality, based on his own struggles to be chaste has so impacted negatively with Christian tradition." dan verder:  "It has been alleged that the early Church made illicit sex a grave sin, and even at one point made married sex a sin in the majority of circumstances, because they knew most people would still have sex and they would then have to depend on the church for forgiveness and paid indulgences". Father Thomas Raush, Chair of Theological Studies, Loyola Marymount University.

    Jaco Fourie

  • CorneliusHenn

    Jaco Fourie lewer die volgende kommentaar onderaan hierdie gewraakte bydrae van Wouter Ferns: "Na die lees van hierbo, weet ek [Jaco Fourie] nie of Wouter weet of hy aan of af is nie.  Somewhat confusing, not so?!"  

     

    Wouter het egter dieselfde probeer wat Jaco Fourie self ook elders insy antagonistiese, kru en kras bydraes omtrent die Katolieke probeer het.  

     

    Lees self weer die volgende uit Wouter Ferns se bydrae hierbo om te bepaal wat sy eintlike bedoeling hiermee is:  

     

    (begin van aanhaling)

     

    'n Samevatting van alles wat in hierdie brief bespreek is kan soos volg verwoord word:

     

    The highest and unique instance of God's self-giving is his entry into the world in the person of Jesus Christ. The highest and unique fulfilment of the human capacity for God is found in the life of Jesus Christ. But the incarnate divinity and the God-filled humanity of Jesus are not only for himself; they are 'for us and for our salvation'. In other words the vital principle of all spirituality is the grace of Christ. 

     

    Met dit as agtergrond is dit duidelik dat Cornelius Henn vir Kobus [de Klerk]'n klap probeer gee het wat geen gronde het in die ryk geskiedenis van spiritualiteit en die gawes van spiritualiteit, wysheid, kennis, insig en verheerliking. Net soos die afmaking van spiritualiteit as 'new age' Cornelius Henn as gelowige se onkunde bevestig

     

    (einde van aanhaling)  

     

    Wouter se onsin is grensloos.  

     

    My "afmaak" van spiritualiteit as "new age", is 'n verkragting van my eintlike  "afmaak" van Kobus de Klerk se sogenaamde "Spirituele Intelligensie".

     

    Dis heel algemeen bekend hier dat Kobus de Klerk, gedurig erg ekstremisties, fundamenteel, en baie spesifiek enige ander spiritualiteit in sy sogenaamde en selfgedefinieerde "Spirituele Intelligensie" misken.  

     

    Derhalwe meen Wouter in sy lank reeds vervelige waansin, dat my uitdra van die Evangelie in die nederigheid dat alle Godsdiens dieselfde Skepper dien en aanbid, "geen gronde het in die ryk geskiedenis van spiritualiteit en die gawes van spiritualiteit, wysheid, kennis, insig en verheerliking".  

     

    Lees gerus ook Trienie Mahne se geveinsdheid in die lig van Wouter Ferns se valsheid hierbo.  

     

    Cornelius Henn

     

     

  • Hello Jaco, 

     
    Natuurlik neem ek jou teregwysing ter harte wanneer jy vermaan oor die volgende: 
     
    "in diepte kennis van jou onderwerp te hê, nie net oppervlakkige aanhalings van bronne wat moontlk verdag mag voorkom nie"
     
    Hiermee is ons dan gelyk want altwee het nou die geleentheid gehad om mekaar van dit beskuldig. 
     
    In die alledaagse, hiermee is ons 'kiets'...
     
    Wat die gay betref, is ek dalk 'n verduideliking skuldig en kan ek dit soos volg verwoord. Tot 'n groot mate is die van ons wat gay is word beskerm deur die wette van die land in teenstelling met ander lande waar jy heel duidelik 'n identiteit moet verwoord en dan veg vir jou regte. 
     
    Aangesien daardie las tot 'n groot mate hier nie bestaan nie is die laaste aspek van jou menswees wat genoem hoef te word jou seksualiteit. 
     
    Hierdie is slegs voorlopige gedagtes, want my ander brief het weer bevestig hoe noodsaaklik dit is om 'n identiteit te formuleer en dan te veg daarvoor in die samelewing. 
     
    Ek hoop dit maak sin? 
     
     Baie dankie
     
    Wouter
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top