Niks persoonlik nie ...

  • 7

Goeie dag,

 

 

Ek deel hierdie met die hoop dat julle my sal vergewe vir die affliksie wat die uitlig van onder meer Chris Dippenaar, George, Dolf van Loggerenberg, Trienie Mahne, Kobus de Klerk, Wouter Ferns en Jaco Fourie, se kognitiewe dissonansies meebring.

Ek sal my altyd daartoe genoop voel om, soos ‘n welopgevoede mens wat ‘n papier op die vloer sien lê, dit op te tel en in die snippermandjie te gooi. Of om die stuk onkruid of kakiebos uit te trek, voordat dit vervuil - uit Dan Roodt se wysheid.

... of om nes 'n bosvark met 'n hart, plek te maak by die watergat ...

Namaste!

Hindoe-, Moslem-, Joodse, Boeddhistiese, katolieke en Afrikaliefde,

Cornelius Henn

  • 7

Kommentaar

  • Dag Cornelius,

    as jy nog sulke videos het, hoop ek jy gaan nog name noem.

     

    Dis erg genietbaar.

     

    Duitswester

  • Kobus de Klerk

    Baie oulike video, Kerneels. Die natuur is altyd 'n tonikum vir die siel.

    Maar jou kommentaar...

    Jy is, weens jou smetterige gedrag en onophoudelike mistastings en jou publieke manifestasie daarmee, maar met 'n blote ploert, Kerneels en ook 'n bespotting vir ander wat jou aanmoedig... Jy sal so nimmer nie eens die status van bosvark haal nie. Naaste wat jy op hierdie stadium daaraan kom, is natuurlik daardie oorweldigende misreuk wat daardie diere kenmerkend omring. Was jy al naby een dat jy dit kon ruik? Of kon jy dit nie onderskei van jou eie nie...

    Maar ons sien wel dat jy in jou eie wêreldjie erg hunker tot daardie status - om bosvark te wees. Welopgevoed soos 'n bosvark-mens, hmmm Kerneels?

    Het jy opgemerk in die video hoe ou ot vir homself ook weghardloop?

    Arme jy.

    Terloops Kerneels, daardie was vlakvarke - en jy as pseudo bosvark aanspraakmaker kom dit nie agter nie?

  • Kobus de Klerk

    Lyk my jy is nie 'n meisie vir bietjie opwinding nie, Trienie?

    Toemaar, daar is niks om oor te ontplof nie. Ek dink Kerneelsie soek maar net bietjie geleentheid om aandag te trek en ook om sy verspotte  opgesmukte taalgebruik soos  'n oorversierde krismisboom te vertoon en as hy dit nie kry nie, skep hy dit vir homself.

    Self die HERE se Naam spaar hy dikwels nie.

    Die ergste wat dus kan gebeur is Kerneels se reaksie wat soos 'n opgeblase kardoessak klink wat jy platslaan, of 'n jammerlike treurmare. Niks hoegenaamd om jou aan te steur nie. Ek self kan nie sien dat daar enigiets anders relevant gesê kan word nie.

    Groete daar vir jou.

  • CorneliusHenn

     

    Kobus de Klerk, ek vergewe jou verdrietige odium in die liefde en genade van Jesus Christus onse HERE. Jou broer in Adam, Cornelius Henn

  • CorneliusHenn

     

    Trienie Mahne, ek vergewe jou geesdriftige arglistigheid in die liefde en genade van Jesus Christus onse HERE. Ook jou broeder in Adam, Cornelius Henn

     

  • Kobus de Klerk

    Kerneels, jy weet nie eens wat die woord 'vergewe' beteken nie - net nog 'n woord wat jy met jou kettertong verslind vir jou eie doeleindes as jy nie meer weet wat om te sê nie. Jy weet duidelik niks van vergewe nie - dit blyk baie duidelik uit die massas gif wat jy met jou kubertong probeer versprei teen die mense wat jy so dikwels kamstig 'vergewe'.

    Ongeag wat ek vir jou sê, kry ek jou werklik baie jammer. Jy is so jammerlik pateties. Daar is niks anders om vir jou te sê nie.

    Kobus de Klerk

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top