Identiteit afsonderlik van seksuele oriëntasie?

  • 2

Heil die leser.

identiteit, =e. 1. Absolute gelykheid, volkome ooreenstemming. 2. Indiwidualiteit, eenselwigheid.

In sy pleit vir 'n "identiteitlose seksuele" bestaan, tik Wouter Ferns die volgende:  

Waarna gesoek word is om weg te doen met die geslagsrolle wat die binêre van manlike / vroulike veronderstel. Die kern vraag word daarom nie wie hulle lief het nie, maar wie hulle is. Identiteit is dus afsonderlik van seksuele oriëntasie en word die identiteit met trots gedra.

Hierdie perifrase deur Wouter is sekerlik 'n mees gepaste voorbeeld om die woord "paradoksaal", te verklaar.

Hoe kan Wouter se "seksuele oriëntasie", losstaan van selfs net die mees basiese in sy bestaan; die biochemie en biofisika?

Geslag is 'n erflikheidsfaktor en 'n oordraagbare EIENSKAP, en daarom is dit iets wat juis jou identiteit sal bepaal!

Dis egter wel so; en inderdaad 'n oorlewing funksie vir die mens wat erge trauma beleef het, om hulself in verte daarvan te plaas.

Menige verkragting slagoffer doen afstand van seks.

En die wêreld is gewis 'n hool waarin menige onskuldige lewens, deur die immorele seksuele aptyt van perverte en promiskue dekadente, verwoes word.

Ek is dus nie verbaas dat daar 'n massa is wat sou wou uitroep "om weg te doen met die geslagsrolle wat die binêre van manlike / vroulike veronderstel", nie.

Almal hunker en verlang na liefde.

Iemand wat seksueel getraumatiseerd is en steeds na liefde verlang, oorkom dan die skynbare teenstelling deur hul identiteit, afsonderlik van hul "bio-seksueliteit" met trots  te dra.

Dis egter beslis nie 'n ideaal nie.

Die hartseer van so 'n leefstyl (in teenstelling met 'n lewenswyse), staan ook in hierdie berig:

(begin van aanhaling)

Rudi Claase van die voormalige Die Lieflinge-faam, sterk by sy huis in Pretoria aan nadat hy glo oor die naweek probeer het om selfmoord te pleeg.

...

Een van Claase se kollegas in die musiekbedryf het aan Maroela Media gesê hy het Sondag glo ? spul pille gedrink en een van sy polse gesny. Hy is daarna na ? hospitaal gehaas waar sy lewe gered is.

“Rudi is bi-polêr, en dit was die tweede keer wat hy probeer het om sy lewe te neem,” het die kollega, wat anoniem wou bly, gesê. “Hy is nou in ? baie moeilike plek aangesien baie media-aandag op hom is sedert dit aan die lig gekom het dat hy en sy man, Stephen Stewart, besig om te skei, en die feit dat dwelms glo die oorsaak van hul huwelik se ondergang was. Ek is net bly hy is ‘oukei’,” het die bron gesê.

Intussen stroom boodskappe van bemoediging in op Claase se Facebook-blad van talle ondersteuners wat hom aanspoor om vas te byt, gesond te word, en nog meer treffers te skryf. Claase het al talle treffers vir verskeie bekende Afrikaanse sangers geskryf, en het self bekendheid verwerf toe hy saam met Corlia Botha as die duo, Die Lieflinge, opgetree het.

(einde van aanhaling)

Ja, dis 'n gegewe waar daar te veel keuse bestaan, dit ALTYD die mens berou.

Daarom dat 'n opvoeding en lewenswyse begrens deur sedes wat beginselgetrou nageleef word, harte daarin soveel gelukkiger is.

Maar, dit is so; fundamentele Bybelaanbidders het met hul veroordeling en onderdrukking uit die hel, ook reeds hierdie wonderlike en besonderse gawe vir menige ander verwoes!

Mag Jesus Christus onse Geneesheer van alle harte, self elkeen se hart heel.

Namaste (ek buig nederig voor die spiritualiteit ook in jou) !

Hindoe-, Moslem-, Joodse, Boeddhistiese, en katolieke groete,

Cornelius Henn

  • 2

Kommentaar

  • Heil die leser  

    Ons niksseggende Neelsie, in sy gewone trant, het werklik niks bykomstig tot enige gesprek hierbo aangebring nie.   Weens sy onnatuurlike obsessie (ek wonder? is dit seksueel?) met Wouter  (ek is seker Wouter het beter smaak) skryf hy hierbo: “In sy pleit vir 'n "identiteitlose seksuele" bestaan, tik Wouter Ferns die volgende……ens:”  
    Met my lees van Wouter se brief kom ek nie agter dat hy enige persoonlike mening enigsins rakende die onderwerp gehuldig het nie.  Hy het ander se argumente gegee vir nadenke deur die leser.  Dit kom nie op ‘n “bepleiting” vir geslagteloosheid soos Neelsie die wanindruk wil skep nie.

    Verder skryf ons Farriseer ter plaatse waar hy Wouter se brief aanhaal:  “Inleidend kan dit (‘n berig wat Wouter opsom) soos volg beskryf word………Identiteit is dus afsonderlik van seksuele oriëntasie en word die identiteit met trots gedra”   Hierdie perifrase deur Wouter is sekerlik 'n mees gepaste voorbeeld om die woord "paradoksaal", te verklaar, seg ons self gesalfde godsmans hierbo.

    Nou indien sy volgende stellings nie “paradoksaal is nie” weet ek nie? Met die een asem bepleit hy: “dat 'n opvoeding en lewenswyse begrens deur sedes wat beginselgetrou nageleef word, harte daarin soveel gelukkiger is.” en dan waar “bybelaanbidders” presies dieselfde in glo, mbt sedes, as hyself, galbraak hy: “Maar, dit is so; fundamentele Bybelaanbidders het met hul VEROORDELING (waaraan Neelsie hier op SêNet gereeld blatant aan skuldig is) en onderdrukking uit die hel, ook reeds hierdie wonderlike en besonderse gawe vir menige ander verwoes!”

    Ons Neelsie het ‘n problem met ‘n magdom mense hier op SêNet, ook met Protestante, met die “Ingelse”, met Afrikaners suid van die Oranje, en wie weet nie wie ander nog nie.  Hy is polities ultra-regsgesind, en godsdienstig wil hy ultra-liberaal, met sy “sinkristiese” gedagtes voorkom! Hy veroordeel homo’s, maar paradokseel,  hang hy, as ou man, uit met sy gay-“maatjies”;  homo-seuns) warna hy so gereeld in sy briewe teder na verwys.  Ek self as volwasse gay man, hang nie uit met gay-“maatjies” (seuns) nie.  (Met sy gesteldheid oor taal-korrektheid, kan daar geen sprake van wanvoorstelling wees nie).

    Met sy sinkristiese godsdiens, wil hy Moeslems, Boeddiste, Paganiste ens met die Christendom se god sinkristies insluit, maar juis hierdie einste ander godsdienste deel nie sy siening nie, inteendeel sal gewalgd en ge-afronteerd oor sodanige voorstelling voel.  Maak hy sodanige stelling vir Moeslems in Iran, loop hy die werklike gevaar om gedood te word.

    My raad aan Neelsie is:  Laat waai en word VRY van  jou onderdrukte lus en geniet jou lewe. Maak daai kop van jou skoon van al die haat wat jy hier op SêNet uitbraak. Geniet ook jou medemens, als om so gedurend veroordelend voor te kom, erger geveinsd as die bybelaanbidders wat jy ononderbroke kritiseer.

    Hy kom vir my werklik “confused” voor.  Miskien moet hy iemand kry wat hom sal kan reghelp.

    Jaco Fourie

  • Cornelius Henn

     

    Ook in sy ergerlike desperaatheid, kerm Jaco Fourie voorts hierbo: "Hy [Cornelius Henn] is polities ultra-regsgesind, en godsdienstig wil hy ultra-liberaal, met sy “sinkristiese” gedagtes voorkom!" (sic)  

    Dit behoort vandag vir enige mens by sy verstand duidelik te wees, dat oral waar sulke dekadente "liberales" soos Jaco Fourie hul siek logika waarin hul sedelike verval bepleit, en dit dan as onsin uitgewys word, 'n persoonlike aanval en rympie met "ultra-regs" daarin gevloek sal word.  

    Dit pla my egter nie om as konserwatief in my Voortrekkererfenis beskou te word nie, en ek is inderdaad nederig en gelyk saam met elke hart op aarde voor ons almal se Skepper.  

    In my diens tot eer van ons Skepper, sal ek ter wille van die Evangelie, politiek (ideologie) gewoon as deel van die dak oor my kop, die kos in my maag, en sulke liggaamlike kulturele plesier en versorging beskou.  

    Jeens my diepe respek en liefde onder meer vir onse emeritus aartsbiskop Desmond Tutu - al my ander Hindoe, Moslem, Joodse, en katolieke broers en susters op die aarde - en almal in die bediening van die Evangelie met wie ek reeds 'n lang pad in die liefde en genade van Jesus Christus onse HERE gestap het, sal ek seker nie juis in "ware Afrikaner" geledere geag word nie.  

    Gegewe Jaco Fourie en sy meelopers se tipiese vyandigheid teenoor my as voorbeeld,  is my getuienis en uitdra van die Evangelie ten koste van myself, ook waar ek wel graag deel van 'n Afrikanergemeenskap en respekteer sou wou wees.  

    Ek sal egter as 'n katoliek met die Evangelie in my hart (geestelike bestaan), en my Voortrekkererfenis as deel van my Godgegewe identiteit, in hierdie lewe en met dankbaarheid, nederig saam met my dra.  

    Boeregroete,  

    Cornelius Henn  

     

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top