Die pynlike hartseer van kindermisbruik in die HELE samelewing

  • 3

Heil die leser.

Vir geruime tyd reeds voer George, Chris Dippenaar, en Jaco Fourie hul agenda deur die pyn van kinders te misbruik om Godsdiens te ondermyn op die werf.

Male sonder tal het ek gepleit dat die uitsondering van veral die Katolieke daarin, dit as 'n rookskerm vir die boewe elders in die samelewing bied.

Hul obsessie met die Katolieke betrokke in sulke erns, laat gewis hul bedoeling verdag.

Ek deel die volgende berig spesiaal sodat elke ouer op aarde kennis kan neem omtrent die verantwoordelikheid wat hulle het om nie eens 'n onderwyser, prokureur, sakeman of 'n mediese kundige, naïef by hul kinders te laat nie.

Uit Maroela Media 2013/08/21:

Ses mans wat vermoedelik verbind kan word aan ? groot internasionale kinderpornografie-sindikaat is in Suid-Afrika in hegtenis geneem, het The Times Woensdag berig.

Lt.genl. Solomon Makgale, ? polisiewoordvoerder, het gesê die mans is verlede Donderdag in hegtenis geneem. Twee van die verdagtes is onderwysers van Florida en Carletonville, ? skoolhoof van Nelspruit, ? prokureur van Lichtenburg, ? dermatoloog van Pretoria en ? sakeman van Noordwes.

“Die polisie ondersoek nog 26 mense, en meer inhegtenisnemings kan verwag word,” het Makgale gesê.

Die polisie het oor die afgelope naweek klopjagte by verskeie huise in KwaZulu-Natal, die Oos-Kaap, Wes-Kaap en Vrystaat uitgevoer.

“Die polisie het 15 eiendomme deursoek en beslag gelê op 672 DVD’s, 22 geheuestokkies, agt skootrekenaars, 39 hardeskywe en 25 boeke,” het Makgale gesê.

Die polisie het saam met Interpol gewerk en die sindikaat is glo doenig in Kanada, Engeland, Amerika, Wes-Europa en Australasië.

Volgens die berig is kinders so jonk as vyf jaar oud gebruik om self en met volwassenes seksuele dade te pleeg.

Daar word vermoed dat die materiaal oorsee vervaardig is, maar die polisie ondersoek die moontlikheid dat kinders van Suid-Afrika ook daarby betrokke is, sodat die kinders opgespoor en vir berading gestuur kan word.

Oorsese polisie ondersoek ook of van die kinders vermoor is.

Die ses verdagtes van Suid-Afrika staar verskeie aanklagte in die gesig waaronder vervaardiging van kinderpornografie, asook die besit en verspreiding daarvan.

(einde van aanhaling)

Ja, George het selfs aangevoer dat ek geen keuse het behalwe om my van die Katolieke te distansieer nie; dit, wyl Chris Dippenaar meen hy sal sy kind alleen in die sorg van Jaco Fourie laat.

Hieroor kon ek net antwoord dat ek my eerder van die hele mensdom sou distansieer, as ek kon.

Mag Jesus Christus onse HERE, ons almal vergewe en genadig wees.

Namaste!

Hindoe-, Moslem-, Joodse, Boeddhistiese, katolieke en Afrikaliefde,

Cornelius Henn

  • 3

Kommentaar

  • francois williams

    Perverse dade met kinners word ongetwyfeld goedgepraat en selfs voorgeskryf deur die Bywwel, maar beteken dit dus dat God onbewus is wat in sy woord staan?

  • CorneliusHenn

    Beste François, ... Bybelaanbidders dink wel hulle kan God en ander mense aan hulle Bybels en drogma konformeer (gelykvormig maak) ... genadiglik staan sulke onsin net in die waan van naïwelinge wat glo die Bybel is die Woord van God ... Namaste, Cornelius Henn

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top