Ter wille van die Evangelie

  • 2

Dolf,

Jy antwoord steeds nie my eenvoudige vrae nie ... kom ek herhaal dit weer vir jou: Dolf, waar in die Bybel staan die woord "Spirituele Intelligensie", wat jou hoëpriester Kobus de Klerk daartoe voeg, of die woord "Drie-Enigheid" [of Drie-Eenheid - of Drie-Enige], waarop jy so in jou Bybelaanbidding aandring?

Ek vind dit werklik hardvogtig dat my belydenis en aanbidding van Jesus Christus as ons almagtige God, nie genoeg is vir die werf se Bybelaanbidders is nie, maar dat ek hul farisese drogma nog daarmee saam moet sluk en my hart afwater dat Jesus Christus net 'n bemiddelaar tussen God, en fundamentele "ware gelowiges" is ...

Ek het ook al menigmaal hier herhaal dat ek enige naam of verwysing wat my medemens uit hul hart tot ons Skepper aanroep, in die diepste nederigheid en met die grootste respek as heilig ag - die woorde Drie-Eenheid, Drie-Enige, en Drie-Enigheid - nes Allah, Jumala, Brahma, ... en vele ander - ingesluit.

Anders as byvoorbeeld die woord uNkulunkulu, wat wel in die IBHAYIBHELI ELINGCWELE (Zoeloe Bybel) staan, staan die woorde  Drie-Eenheid, Drie-Enige, en Drie-Enighied, in geen vertaling na my wete nie.

Derhalwe, het ek ook al net soveel male na my Nederlandse Geloofsbelydenis, Heidelbergse Kategismus en Dordtse Leerreëls verwys ... en net soveel male het ek na my katkisasie, aanneming en huwelik met my vrou deur Oom Sim van der Bijl aan die Gereformeerde Kerk – Alberton-Noord, en my gebruik van Nagmaal my hele lewe reeds saam met my Protestante moeder, broers, suster, en alle my ander broeders en susters daarin, hier verwys.

Dolf, jou dwepery hierbo is duidelik nes Kobus de Klerk se "Spirituele Intelligensie", ten koste van die Goeie Nuus; en jy is eintlik ook maar niks anders as 'n ekstremistiese Calvinis, wat maar baie swak opgelet het in katkisasie met jou eie gebreinspoelde slimmigheid en leë napratery nie.

Hoe kan jy die Bybel volmaak beskou as jy jou eie woorde soos Drie-Eenheid daarby moet voeg (Dolf, en onthou 'n bietjie vir jouself - Openbaringe 22:18 Want ek betuig aan elkeen wat die woorde van die profesie van hierdie boek hoor: As iemand by hierdie dinge byvoeg, dan sal God oor hom die plae byvoeg waarvan in hierdie boek geskrywe is)?

Die Bybel is nie die Woord van God nie - Jesus Christus is die Woord van God!

Waar in die Bybel staan dit ook dat die bundel heilige skrifte wat ons as die Bybel ken, die Woord van God is (selfs enige een van die vele "onvolkome" vertalinge ook daarvan, as jy wou)?

Maar Dolf, jy ontduik ook steeds my ander eenvoudige vrae; dit, wat enige nederige kind van die HERE - lankal met gewoon net 'n JA of NEE, uit hul hart en met blydskap sou antwoord het!

Is Jesus Christus, God? Ja of nee ...

Is die Bybel, die Woord (Jesus Christus)? Ja of nee ...

Is die Bybel, volmaak? Ja of nee ...

Is Hindoes, Moslems Jode, katolieke ... ensovoorts, gelowiges? Ja of nee ...

Wat is die verskil tussen "ware gelowiges", en gelowiges?   Is daar hoegenaamd iets soos 'n Moslem-ongelowige, Hindoe-ongelowige, ... of selfs 'n Christen-ongelowige? Ja of nee ...

Is God net beperk tot die "ware Christengelowiges" (of te wel, net tot diegene wat Kobus de Klerk eer)? Ja of nee...

Dis opmerklik hoe al die werf se farisese Bybelaanbidders (soos byvoorbeeld Kobus de Klerk, Trienie Mahne, en jy Dolf), steeds so lafhartig hierdie eenvoudige katkisante-vragies ontduik!!!

Net terloops; die woorde Drie-Eenheid en Drie-Enige, verskil drasties in betekenis. Drie-Eenheid verwys byvoorbeeld na 'n groep soos Dolf, Trienie en Kobus - wyl drie-enig, na iets enkel soos "me, myself and I", sou verwys.

Die een is politeïsme en die ander monoteïsme.

Die Nederlandse Geloofsbelydenis artikel 8, leer onder meer dat God ENIG is, en artikel 9, handel oor die DRIEHEID van God.

enig3, (bw.). Uitsluitend, enkel. enig en alleen, net dit alleen.

eenheid, ..hede. 1. Afsonderlike geheel (leër). 2. Eensgesindheid wat beginsels betref. 3. Gelykheid in geloof. 4. Een v.d. drie samestellende dele (drama). 5. Samehangende geheel. die drie eenhede, eenheid van tyd, plek, handeling (in 'n drama)

In Ingels word daar na Triniteit verwys, en Brahma, is byvoorbeeld die Vader (Skepper), in die Hindoese "Trimurti" (drieheid).

So is daar baie voorbeelde van ons enige God, in vele openbaringe aan die hele mensdom.

Dolf, laat asseblief jou omslagtige dogma en dwepery, en antwoord my vrae in hul eenvoud as jy kan.

Elkeen moet die meeste maak van elke geleentheid wat hul het om so ons Skepper te dien en te eer (Efesiërs 5:16-26)!

Cornelius Henn

Hindoe-, Moslem-, Joodse, Boeddhistiese, en katolieke groete,

Cornelius Henn

  • 2

Kommentaar

  • Cornelius,

    Dit is ongelooflik hoe hard jy probeer om jou mengelmoes-kardoes gosdiens ideologie hier op die net te probeer verkoop – jy is soos ‘n plaat wat bly vashaak. Jy probeer om my (en ander) te oortuig dat alle godsdienste (wel, feitelik almal) eintlik dieselfde God dien…’n “all-roads-lead-to-Rome” godsdiensadvertensie. Ek het al menigmale (tot vervelkens toe) hierdie onderwerp aangeraak en bespreek met die nodige teksverwysings uit die Woord van God, Die Bybel ….. Indien jy of enigiemand wel wil hersien wat ek (en ander) al geskryf het (en herhaal en herhaal en herhaal….) het, gaan gerus terug in die Argief en lees dit weer.

    Soos ek ook voorheen aangedui het, die fout wat jy ook maak is om ware Christen-gelowiges as Bybelaanbidders uit te kryt – nee-nee, dit is nie die geval nie. Ons aanvaar God se Woord, die Bybel as die Waarheid en tesame daarmee God se genadeversoening in en deur Sy Enigste Seun, Jesus die Christus. Dít is die enigste ware Evangelie – daar is GEEN ander nie. God het dit gesê en ons glo dit.

    Terloops, jy bly dieselfde vrae vra wat reeds al beantwoord is, alhoewel die antwoorde klaarblyklik nie vir jou aanvaarbaar was nie. Jy het selfs al sover gegaan om dit sommer self te antwoord en waardeur jy dan ook uitwys watter "antwoorde" jy eintlik verwag ter ondersteuning van jou eie saamgeflansde godsdiens-ideologie, maak nie saak hoe goed jy dit probeer kamofleer nie...

    Sterkte

    Dolf

  • CorneliusHenn

    Dolf,  

     

    Jou neerhalende verwysing na my sogenaamde "mengelmoes-kardoes gosdiens ideologie" en "all-roads-lead-to-Rome godsdiensadvertensie", sal jou beslis net guns by jou mede infernale en inkonsekwente "ware gelowiges", laat wen.  

     

    Jul gebrek aan integriteit, staan duidelik in jul waan naamlik; dis goed as jy en Kobus de Klerk ander "name" noem, maar laat een net waag om julle heel gepas as byvoorbeeld "Bybelaanbidders", te noem.

     

    Jesus Christus, is die Woord van God.

     

    Die Bybel, is nie Jesus Christus onse HERE nie!

     

    Hoe kan jy so daarop wil aandring daarop dat 'n Bybel, Jesus Christus is?

     

    Ek aanbid Jesus Christus die Woord, as ons almal se almagtige Skepper.

     

    Watter vertaling ,en deur wie se genootskap Bybel, moet ek dan nou volgens jul Bybelaanbidders dan aanbid?

     

    Wat 'n dwaal!

     

    Derhalwe lieg jy, dat jy, of enige ander sogenaamde "ware Christengelowige", al my vrae geantwoord het (en wat staan daar nou weer in die Bybel van LIEG, Dolf?)  

     

    Die antwoorde op my vrae behels nie jou uitgebreide dwepery waarin jy so desperaat probeer om 'n eenvoudige JA of NEE, deur al jou onsinnige drogma te probeer ontduik nie.

     

    Die antwoorde op my vrae nodig gewoon  - en inderdaad - net 'n eenvoudige JA, of NEE, soos byvoorbeeld: "Ja, Jesus Christus is God"; "Nee, die Bybel is nie die Woord nie"; "Nee, die Bybel is nie volmaak nie"; " Ja, Hindoes, Moslems, Jode, katolieke, ... ensovoorts, is gelowiges"; "gelowiges is eenvoudige kinders van die HERE, en ware gelowiges is farisese redetwisters";"Nee, Hindoe-gelowige is byvoorbeeld net so 'n waan soos Hindoe-ongelowige - Hindoe, is geloof";"Nee, God is ons almal se almagtige lewende Skepper wat in 'n ieder se hart is wat God dien"... sien jy nou "Dolf", dis hoe kort en maklik die antwoorde op my vrae kan wees!!!”.  

     

    Dolf, nie een van jy of enige van jul geveinsde farisese dwepers, had al die moed om soos dit byvoorbeeld in die formulier by die aflegging van belydenis van die geloof,  doopformulier en huweliksformulier in die kerk gedoen word, JA of NEE! te antwoord nie.  

     

    Is jy en die ander "ware gelowiges", regtig sulke "ware papbroeke" Dolf?  

     

    Net om dit weer duidelik te maak; jul eentonige DWEPERY in "antwoord" op my vrae, is 'n lafhartige poging om 'n eenvoudige - en met oortuiging - JA, of NEE, te kan antwoord!  

     

    En siestog Dolf, neem tog maar vir jou uit jou eie geveinsde wens tot sterkte toe...  

     

    Cornelius Henn

     

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top