Kobus de Klerk se New Age Spirituele Intelligensie herbesoek

  • 16

Heil die leser.

Al wat mens nodig het om te doen, is om van tyd tot tyd publisiteit te verleen aan die Bybelaanbidders se bedrog, veral soos dit deur die "Spirituele Intelligente" Kobus de Klerk opgedis word. Die grootste skade wat gedoen word, is wanneer hulle wel die moed bymekaar skraap, en daarop reageer sodat mense hul niksseggende, en oor die algemeen venynige reaksies sien.

Dit spel net een ding - hulle het nie verduidelikings nie!

Selfs al is die Bybelaanbidders hoflik en ordentlik, soos Kobus de Klerk volgens Trienie Mahne, Jaco Fourie, Chris Dippenaar en selfs Dolf van Loggerenberg se mening die saak aanroer, ontbloot hulle verduidelikings die hopelose situasies waarin hulle hulself bevind.

Mense oor die algemeen is vir baie jare met die slap riem om die Bybel, as die Woord, te aanbid gevang. Hulle eie skuld - want hulle het dit vir soetkoek opgeëet in plaas daarvan om ondersoek in te stel. Maar al hoe meer en meer mense se oë is besig om oop te gaan - die vrug van onvermoeide ontbloting deur katolieke van die fundamentele en ekstremistiese se Bybelaanbidders se leuens.

As die Bybelaanbidders maar net bereid was om te erken dat hulle 'n infernale religie verkondig, sou die storm skielik gaan lê, want dit is wat ons daarteen het - 'n sinnelose religie wat as waarheid deur hulle geparadeer word. Maar deur ontbloting daarvan, word dit al meer en meer vir mense oor die algemeen duideliker.

Nie meer lank nie en dit is klaarpraat met die Bybelaanbidders. ’n Leuen soos daardie vang baie mense vir ’n lang tyd, maar wanneer hy val -  en dit is op hande - val hy te pletter. Dit sal bekend staan as die grootste klug wat baie mense nóg gevang het!

Dit sal juis op 'n tragiese dag, soos wat Kobus de Klerk gereeld beskrywe, wees dat hy sal besef dat ons katolieke juis vir hom en sy aanhangers reguit, sonder skroom, gewaarsku het oor al die dinge wat hulle doen wat hulle laat beland waar hulle dan heen op pad is. Die Bybelaanbidders sal dan besef dat dit nie ons is wat katoliek is nie, maar dit inderdaad reguit, eerlike pogings is om hulle tot hul sinne te bring - want spyt kom altyd te laat.

Kyk na Dolf van Loggerenberg se bodemlose snert wat hy al om die ander dag orals kwytraak en doen bietjie 'n evaluasie en kyk watter voordeel dit vir enigeen kan inhou - en 'n mens sal vind dat dit waardeloos en leeg soos 'n stinkende buikwind is. Maar Kobus de  Klerk en Trienie Mahne hou daarvan, omdat hulle self min erg aan ons Skepper het, veral gereken teen hul patologiese narsisme.

Hoeveel 'sagte' Christene het al reguit het eerlik met die Bybelaanbidders oor hierdie dinge gepraat? En het hulle, hulself daaraan gesteur? Nee ... Moet dan nie kla oor die katolieke nie.

Waarom antwoord hulle nie die kwelvrae wat hul Bybelaanbidding religie ontbloot as 'n klug, nie?

Enkele van die vrae waarna ek verwys; en wat Kobus de Klerk, Trienie Mahne, Dolf van Loggerenberg, en nog 'n paar ander sogenaamde ware Christengelowiges lankal probeer ontduik, is die volgende:

Is Jesus Christus, God? Ja of nee ...

Is die Bybel, die Woord (Jesus Christus)? Ja of nee ...

Is die Bybel, volmaak? Ja of nee ...

Is Hindoes, Moslems Jode, katolieke ... ensovoorts, gelowiges? Ja of nee ...

Wat is die verskil tussen "ware gelowiges", en gelowiges?

Is daar hoegenaamd iets soos 'n Moslem-ongelowige, Hindoe-ongelowige, ... of selfs 'n Christen-ongelowige? Ja of nee ...

Is God net beperk tot die "ware Christengelowiges" (of te wel, net tot diegene wat Kobus de Klerk eer)?

Ek glo heelhartig dat enige moedige gelowige, sonder om te huiwer, heel spontaan en entoesiasties elkeen van hierdie vrae sou kon beantwoord.

Ek laat dit dus net hier  - ook vir die toekoms in - waar ek glo daar wel eendag nog 'n nederige en eenvoudige kind van die HERE, die krag en begeestering van onse Skepper sal het en hierby in antwoord sal aansluit.

Derhalwe is geloof in God, genade uit die hand van God self, en beslis nie die gevolg van hierdie soort "kuber evangelisasie", Bybelaanbidding, godsdiensboewery of kreasionis aktivisme van Kobus de Klerk en sy aanhangers nie.

Waarom sou 'n gelowige dan soos Kobus de Klerk op hulself wil roem, of gedurig hul medemens met hul slim geloof wil neerhaal, as hul geloof onverdiende genade uit die hand van God is?  

Kobus de Klerk se definisie van 'n gelowige, sluit almal wat hom nie eer nie, uit. Hy deel volgens homself ook geen ooreenstemming in sy geloof met enige ander gelowige in ons almagtige Skepper, soos byvoorbeeld die Hindoes, Moslems, Jode, of selfs katolieke (met 'n kleinletter), nie.

Kobus de Klerk en 'n hele klomp ander verafgoders van die Bybel as die Woord (Jesus Christus), borrel net hul eie patologiese narsisme deur allerlei slimhede.  

 

Kobus de Klerk, jy het die kritiek gesien - dit staan duidelik uitgestippel. Wys nou die sogenaamde "hutspotters" uit en gee dan daarnaas die "werklike" posisie - dan sal almal ten minste kan sien dat jou beskuldigings soos gewoonlik, nie so ontsettend leeg is soos dit lyk, nie. Dit is nou, as jy kan ...

Kom, gee dit vir ons. Sodat mense kan sien jy is nie net besig met slegsê taktiek om die werklike "issue" -  die feit dat die kritiek gegrond is en julle geen antwoord daarvoor het nie - te probeer verbloem nie.

Jy onderskat die deursnee leser hier se intelligensie kwaai, om te dink dat jou aanhoudende leë beskuldigings van onkunde die knoop sal deurhaak vir julle, sonder om ook daarnaas die "korrekte" (volgens julle) posisie te weergee.

Ons wag. Wie weet, dalk leer ons almal iets ...

Mag Jesus Christus onse Hemelse Vader, ons almal vergewe en die hele wêreld seën.

Namaste!

Hindoe-, Moslem-, Joodse, Boeddhistiese, en katolieke groete,

Cornelius Henn

  • 16

Kommentaar

  • Pieter Redelinghuys

    Beste Cornelius,

    Berus jouself nou in die feit dat:  blykbaar jy alleen die enigste gelowige op SêNet is wat gesnap het dat al die gelowe: Joodse-, Christen-, Moslem en Buddhiste, almal tot dieselfde waarhede ("universial truths") oor die lewe en die mensdom gekom het, en almal dieselfde basiese etiese reëls volg. Hulle noem net hulle "God" met 'n ander naam volgens hulle eie kulturele verskille.

    Dit is die ekstremiste en fanatici wat godsdiens 'n slegte naam gee, en verantwoordelik was vir omstreeks 90.0 % van oorloë in die verlede.

    Beste groete,

    Pieter Redelinghuys

  • CorneliusHenn

    Beste Pieter, dankie vir jou bemoediging ... is dit nie ook opmerklik hoe lafhartig die ekstremiste en fanatici wat so hul Bybels as die Woord aanbid, hier stert tussen die bene swyg en my eenvoudige vrae probeer ontduik nie? ...

  • Cornelius,

    Om ‘n lang storie kort te maak, wys ek jou slegs op die volgende:

    2 Tim 2:16-17(a) “Maar die onheilige en sinlose praatjies moet jy vermy, want dié wat dit versprei, sal nog verder in goddeloosheid verval, en hulle woorde sal voortvreet soos kanker…”

    2 Tim 2:23-26 “Moet jou nie met dwase en sinlose strydvrae inlaat nie, want jy weet tog dat dit net rusies veroorsaak. 'n Dienaar van die Here moenie rusie maak nie. Inteendeel, hy moet vriendelik wees teenoor almal, bekwaam om ander te leer en iemand wat onreg kan dra. Met vriendelikheid moet hy teenstanders teregwys. Dit kan wees dat God hulle bekeer en hulle tot kennis van die waarheid bring. Dan sal hulle weer tot nugtere insig kom en vry raak uit die vangstrik van die duiwel, waarmee hy hulle gevange gehou het om sy wil te gehoorsaam.”

    Daarom, Cornelius, moet ek jou vriendelik teregwys en jou ook vermaan: Hou op met jou dwase en sinlose praatjies waardeur jy Christus verloën. Moet nie jou ore uitleen aan mense wat beweer “all-roads-lead-to-Rome” ten opsigte van waarheid van die Woord van God nie en waardeur hul wanhopig poog om die enigste ware evangelie van Jesus Christus af te water nie - hulle sal dit tot in der-ewigheid nooit regkry nie. Aanvaar God se genadeversoening in en deur Sy enigste Seun, Jesus Christus, tot redding vir elk wat glo, sodat Sy (Christus) se verdienste aan die kruis en Sy opstanding uit die dood, vir jou ware betekenis kan kry.

    Sterkte

    Dolf

  • CorneliusHenn

    "Dolf", jou waan is eenvoudig net te ongelooflik om ernstig te neem... probeer jy nou werklik voorgee dat jou en Kobus de Klerk se gedurige twis met die "agnoste" en ander wat julle nie eer nie, julle buite die vermaning wat jy uit die Bybel hierbo aanhaal val? ....  

    My bydrae is in ieder geval 'n verwerking en idioom van Kobus de Klerk se woer-woer elders.

    In jou New Age Bybelaanbidder hoëpriester Kobus de Klerk se woorde voorts :

    (begin van aanhaling)  

    Jy het die kritiek gesien - dit staan duidelik uitgestippel. Wys nou die sogenaamde strooipoppe [mense wat beweer “all-roads-lead-to-Rome”] uit en gee dan daarnaas die 'werklike' posisie - dan sal almal ten minste kan sien dat jou beskuldigings [vermaninge] soos die hierbo, nie so ontsettend leeg is soos die hierbo lyk, nie. Dit is nou, as jy kan ...

    Kom, gee dit vir ons. Sodat mense kan sien jy is nie net besig met slegsê taktiek om die werklike issue -  die feit dat die kritiek [my vrae] gegrond is en julle geen antwoord daarvoor het nie - te probeer verbloem nie.

    Jy onderskat die deursnee leser hier se intelligensie kwaai, om te dink dat leë beskuldigings van onkunde [vermaninge] die knoop sal deurhaak vir julle, sonder om ook daarnaas die 'korrekte' (volgens julle) posisie [antwoorde op my vrae] te weergee. Ons wag. Wie weet, dalk leer ons almal iets...  

     

    ...  

    - sien jy die sinnelose sirkelredenasie waarin jy verval het, die strooipoppe [kwansuis mense wat beweer “all-roads-lead-to-Rome”]  wat jy self so in 'n sirkel opstel om af te skiet? Nie? Ons ander sien dit egter duidelik.  

    (einde van aanhaling)  

    "Dolf", ek vra nie vir jou lafhartige lang storietjies nie - my vragies hierbo verg gewoon  'n eenvoudige JA of NEE...  soos byvoorbeeld: "Ja, Jesus Christus is God"; "Nee, die Bybel is nie die Woord nie"; "Nee, die Bybel is nie volmaak nie"; " Ja, Hindoes, Moslems, Jode, katolieke, ... ensovoorts, is gelwoiges"; "gelowiges is eenvoudige kinders van die HERE, en ware gelowiges is farisese redetwisters";"Nee, Hindoe-gelowige is byvoorbeeld net so 'n waan soos Hindoe-ongelowige - Hindoe, is geloof";"Nee, God is ons almal se almagtige lewende Skepper wat in 'n ieder se hart is wat God dien"... sien jy nou "Dolf", dis hoe kort en maklik die antwoorde op my vrae kan wees!!!

    Probeer maar gerus weer as jy hoegenaamd die moed het. Vra gerus ook maar vir jou mede "godsdiens ondermyner" Chris Dippenaar (soos hy homself hier voorstel), in jou absolute gepaste geneentheid as Bybelaanbidder met hom, om te kom help!  

    STERKTE aan jou ook ou vetseun,  

    Cornelius Henn

  • Chris Dippenaar

    Hello Dolf

    Cornelius laat my dink aan die modelkarretjie wat my broer gehad het van 'n Alfa Junior. Jy kon hom opwen en dan lek hy olie vir vyf minute.

    Chris

  • CorneliusHenn

    Hahahaha Chris Dippenaar ... toe kom help jy as 'n ekstremistiese  "godsdiens ondermyner", so wraggies waar weer die ou papbroekige vetseuntjie en fundamentele Bybelaanbidder, om weereens so my vrae te ontduik!!!

     

  • Cornelius,

    Wat 'n mondvol selfregverdiging en valsheid van jou oor dit wat jy getuig en waarop jou geloof berus (nogal in “bold” duidelik uitgewys), en ek haal aan : “"Dolf", ek vra nie vir jou lafhartige lang storietjies nie - my vragies hierbo verg gewoon  'n eenvoudige JA of NEE...  soos byvoorbeeld: "Ja, Jesus Christus is God"; "Nee, die Bybel is nie die Woord nie"; "Nee, die Bybel is nie volmaak nie"; " Ja, Hindoes, Moslems, Jode, katolieke, ... ensovoorts, is gelwoiges"; "gelowiges is eenvoudige kinders van die HERE, en ware gelowiges is farisese redetwisters";"Nee, Hindoe-gelowige is byvoorbeeld net so 'n waan soos Hindoe-ongelowige - Hindoe, is geloof";"Nee, God is ons almal se almagtige lewende Skepper wat in 'n ieder se hart is wat God dien"... sien jy nou "Dolf", dis hoe kort en maklik die antwoorde op my vrae kan wees!!!”

    Jy sien, Cornelius, alhoewel ek en Kobus (en ander) al dikwels vir jou antwoorde op ál jou vrae gegee het (menig maal al – sien gerus vorige skrywes), weier jy eenvoudig om dit as antwoorde te aanvaar, of dan, pas die antwoorde nie by dít wat jy wíl hoor nie. Ek het vir jou gesê dat ek nie lang stories met jou gaan skryf nie – dit is eenvoudig nie nodig nie – want uit bogenoemde aanhaling vanuit jou skrywes is dit tog duidelik en onsamehangend wat jy glo en bely. Om in elle-lange redenasies en/of rusies met jou betrokke te raak hou geen nut in vir enigeen nie.

    Dus, noem ek net enkele voorbeelde waar ons verskil. Eerstens glo ek (soos enige ware christen gelowige behoort te doen) dat die Bybel die volle Woord van God is, geïnspireer deur die Heilige Gees, en dat dít wat daarin geskrywe staan die volle Waarheid is – geen kompromie is nodig nie – God het dit gesê en ek glo dit. Jy, aan die anderkant, erken nie die Bybel as die Woord (van God?) nie en ook glo jy die Bybel is nie volmaak nie (soos jyself erken het – sien aanhaling hierbo). Dít op sigself laat groot gapings ontstaan oor wat jy interpreteer as die waarheid en laat ook die moontlikheid van verdraaiings, byvoegings en weglatings toe. Dié feit blyk dan ook duidelik uit jou skrywes (hierdie en voriges) waar jy, onder andere, die Bybel (as die Ware Woord van God) vermeng, verdraai, aanpas en afwater met, en teenoor, ander geskrifte soos die Koran (Islam), Vedas (Hindoe), Tipitaka (Boeddhiste), ens om sodoende dan by hierdie godsdienste aan te pas, die mens te eer en om Jesus Christus se verdienste aan die kruis en Sy opstanding uit die dood, as genadegawe van God en tot redding vir elkeen wat glo, tot so ‘n mate te verdoesel en te verraai dat dit geen betekenis meer inhou nie ...

    Tweedens dan, erken jy dus ook nie die Drie-Enigheid van God nie – God die Vader, God die Seun en God die Heilige Gees, soos vervat in die Bybel, die ware Woord van God. Jy erken dus nie God se genadeversoening in en deur Sy Seun, Jesus die Christus, nie. Maar hoekom sou jy? Jy erken dan dat jy nie die Bybel as die Woord sien nie en dat dit nie volmaak is nie. Daardeur kan jy dus enigiets verwerp, verdraai, vermeng, byvoeg en wegneem, soos en wanneer dit jou pas. Sodoende kan jy enigiemand akkommodeer deur die kompromieë wat jy gedurigdeur aangaan ten opsigte van die Waarheid van die Woord van God … en dít doen jy dan ook sonder om te skroom onder die vaandel van jou allerlei “liefde”… wat jy ook so "nougeset" hier op die net uitleef … en kyk net hoe trots is jy daarop, nogal …

    Terloops, hierdie mengelmoes-kardoes godsdiens wat jy adverteer is niks anders as ‘n uitvloeisel van, en ondersteuning vir, sekulêre humanisme nie … só in lyn met die New Age godsdiens beweging…

    O ja, naamnoemery gaan jou ook nêrens kry nie … maar dan weer, is dit ‘n verwagte reaksie van jou.

    Hi Chris,

    Ek dink Alfa’s doen dit oor die algemeen (met respek aan alle Alfa-eienaars) – “If you know what I mean”

    Sterkte

    Dolf

  • Chris Dippenaar

    Cornelius, jy hang 'n etiket (godsdiens ondermyner) om my nek en dink dan dat dit 'n effektiewe taktiek is om mee aan te val. Vir die konteks waarin ek dit gesê het:

    "Vir jou [Pieter] en vir my is die oplossing eenvoudig: godsdiens moet ondermyn word totdat dit geen invloed meer het op die morele standaarde van ons samelewing nie. Homoseksualiteit is 'n groot probleem vir Christene en het die potensiaal om die gesag van die Bybel en die kerk (Katolieke ingesluit) geheel en al te ondermyn." ( Emeritus Aartsbiskop Desmond Tutu, en die Bybel)

    Ek dink dit is meer as duidelik dat die ondermyning van godsdiens gekwalifiseer is hierin. Dit kom nie naby die spin wat jy wil plaas op my woorde nie. Godsdiens is 'n kulturele aspek van menswees en moet die morele standaarde van 'n samelewing weerspieël. Dit moet 'n funksie vervul en kan dit nie doen as dit dit wat verstaan word as reg en verkeerd in 'n samelewing teengaan nie. Soos met enige ander aspek van kultuur het godsdiens 'n interaksie verhouding met alle ander aspekte en word gedrag oor en weer beïnvloed. Een van die belangrikste eienskappe van kultuur is dat dit konstant verander. Die Christengeloof is onlosmaaklik verbind aan heilige geskrifte wat 'n antieke realiteit weerspieël. Allerhande interpretasies en herinterpretasies van wat die Bybel voorskryf as 'n morele standaard is maar net die erkenning, oor en oor, dat hierdie aspek van menslike kultuur gestagneer het en nie kan bybly nie. Dit wat goed is in die Christengeloof is nie meer uniek nie, en dit wat uniek is, is nie meer van toepassing nie. Daar is, om dit kortweg te sê, niks wat godsdiens van alle kleure bydra tot morele waardes in 'n sekulêre samelewing. Dit wat dit dink dit kan bydra is nie meer relevant nie, is gewoonlik 'n remblok aan positiewe verandering, en moet ondermyn word.

    Ek dink dat Dolf se reaksie hierbo my punt onderstreep: "Terloops, hierdie mengelmoes-kardoes godsdiens wat jy adverteer is niks anders as ‘n uitvloeisel van, en ondersteuning vir, sekulêre humanisme nie … só in lyn met die New Age godsdiens beweging…" Al wat jou nog vashou in die greep van godsdiens is daai warm gevoel op die krop van jou maag en die vrees dat jy iets gaan mis as jy dit prysgee.

    Wat jy blykbaar nie mooi in jou kop kan kry nie, is dat jy hier op LitNet jouself uitgee as 'n verteenwoordiger van jou geloof. Ek, as ateïs, het die vryheid om te skryf en sê wat ek wil. Enige iets wat ek doen, goed of sleg, reflekteer op my as individu, maar dit wat jy doen reflekteer op jou geloof, wat dit ookal mag wees.

  • CorneliusHenn

    Jy sien, Dolf, "om in elle-lange redenasies en/of rusies met jou betrokke te raak hou geen nut in vir enigeen nie".   Jy lieg ook gewoon met die volgende: "... alhoewel ek en Kobus (en ander) al dikwels vir jou antwoorde op ál jou vrae gegee het (menig maal al – sien gerus vorige skrywes), weier jy eenvoudig om dit as antwoorde te aanvaar, of dan, pas die antwoorde nie by dít wat jy wíl hoor nie."  

    Dolf, haal asseblief net een plek aan waar jy, of Kobus de Klerk, of enige ander Bybelaanbidder, JA of NEE, op enige van my vrae geantwoord het. Jul antwoorde is nog ALTYD, ja - ALTYD, sulke lang en uitgerekte "redenasies" waarin julle  'n gepaste en eenvoudige, JA of NEE ontduik.  

    Uit jou kommentaar "is dit tog duidelik onsamehangend wat jy glo en bely".  

    Jy tik: Eerstens glo ek [Dolf] (soos enige ware christen gelowige behoort te doen) dat die Bybel die volle Woord van God is, geïnspireer deur die Heilige Gees, en dat dít wat daarin geskrywe staan die volle Waarheid is – geen kompromie is nodig nie – God het dit gesê en ek glo dit. Jy [Cornelius Henn], aan die anderkant, erken nie die Bybel as die Woord (van God?) nie en ook glo jy die Bybel is nie volmaak nie (soos jyself erken het – sien aanhaling hierbo). (sic)  

    Dolf, ek het selfs ook menigmaal al gevra wat die verskil tussen 'n "ware christen gelowige", en byvoorbeeld selfs net gewoon, 'n Christengelowige, sou wees. Nie een van julle "ware gelowiges" het ook tot op hede die moed gehad om dit eens te antwoord nie!  

    Derhalwe glo ek nie die Bybel is volmaak nie, want die Bybel is nie die Woord van God (Jesus Christus) nie. Dis wel geinspireer deur die Heilige Gees, maar nes 'n skepsel - ook deur God geskape soos jy - nie volmaak is nie, net so is die Bybel nie volmaak nie. Net God, die Woord (Logos), is volmaak!

    Ja, en "dít op sigself laat [inderdaad] groot gapings ontstaan oor wat jy interpreteer as die waarheid en laat ook die moontlikheid van [jou eie] verdraaiings, byvoegings en weglatings toe. Dié feit blyk dan ook duidelik uit jou skrywes (hierdie en voriges) waar jy, onder andere, die Bybel (as die Ware Woord van God) vermeng, verdraai, aanpas en afwater met, en teenoor, ander geskrifte soos"... byvoorbeeld 'n "Drie-Enigheid van God". 

    Dolf, waar in die Bybel staan die woord "Spirituele Intelligensie", wat jou hoepriester Kobus de Klerk daartoe voeg, of die woord "Drie-Enigheid", waarop jy so in jou Bybelaanbidding aandring?  

    Dis duidelik dat "ware christen gelowiges" soos jy, julself die reg gun om "enigiets te verwerp, verdraai, vermeng, byvoeg en wegneem, soos en wanneer dit jou [julle] pas".  

    Dolf, ek bely dat Jesus Christus, God is. Ek aanbid Jesus Christus, as ons almagtige lewende Skepper, en ek dink dis die mees wesenlike verskil tussen my, en ware gelowige Bybelaanbidders soos jy.

    Nietemin Dolf, dankie dat jy tog probeer - al is dit ook hoe geveins deur jou...  

    Mag Jesus Christus onse HERE, ons almal hier vergewe.  

    Cornelius Henn

  • CorneliusHenn

    Chris Dippenaar, gaan lees weer die instruksies wat jy as "godsdiens ondermyner" en aktivis iewers gekry het ... jy is besig om erge blapse te begaan in jou propaganda ...  

    Jy tik ook onder meer: "Die Christengeloof is onlosmaaklik verbind aan heilige geskrifte wat 'n antieke realiteit weerspieël. Allerhande interpretasies en herinterpretasies van wat die Bybel voorskryf as 'n morele standaard is maar net die erkenning, oor en oor, dat hierdie aspek van menslike kultuur gestagneer het en nie kan bybly nie. Dit wat goed is in die Christengeloof is nie meer uniek nie, en dit wat uniek is, is nie meer van toepassing nie. Daar is, om dit kortweg te sê, niks wat godsdiens van alle kleure bydra tot morele waardes in 'n sekulêre samelewing. Dit wat dit dink dit kan bydra is nie meer relevant nie, is gewoonlik 'n remblok aan positiewe verandering, en moet ondermyn word."  

    Dis duidelik dat jy as ontnugterd Protestant, nog 'n lang pad het om te loop voor jy jouself naastenby as 'n ateïs kan voorgee.  

    Lees asseblief Jaco Fourie se bydrae hier: https://www.litnet.co.za/Article/brief-mens-die-skepper-god-die-skepsel

     

    Alhoewel Jaco se bydrae deurspek is met allerlei dwalinge, is hierdie deur hom geskryf baie naby aan korrek:

    "Vir hierdie brief se doeleindes, word van die Christelike Katolieke kerk in teenstelling met Christelike Protestantisme vergelyk.’n Vergelyking tussen die “Sola Scriptura” van Protestantisme  en Oorlewering (Tradisie) van die Katolieke. Protestantisme het alleenlik die hele Bybel of gedeeltes daarvan, soos dit vandag daar uitsien as hulle uitsluitlike bron van goddelike openbaring “Sola Scriptura”.... Die Katolieke kerk in teenstelling, maak groter staat op Oorlewering (Tradisie).  Hulle argument is dat vanaf Abraham tot Moses, omtrent 500jr gaping, was daar nie “heilige” skrifte nie, en moes die volk deur geestelike leiers onderrig word, en dat hierdie onderrig weens Oorlewering geskied het.  Moses se boeke was die opsomming  van oorlewering vanaf die ontstaan van die mens tot Moses se tyd, wat in skrif opgestel is. Die Bybel het stelselmatig oor die volgende 1000 jaar vanaf Moses tot die laaste boek in die Nuwe Testament geleidelik vorm geneem, ’n opvatting van Oorlewering oor genoemde tydperk tot skrif aangewend.  Dis die dat Oorlewering dieselfde godsdienstige gesag, indien nie meer as die Bybel dien."  

    Daar is dus 'n wesenlike verskil tussen die Christengeloof (waarskynlik Protestante Bybelaanbidders) wat jy veronderstel Chris, en die katolieke.

    Chris, jy is ook weereens ligjare van die punt in my bydrae hierbo. Ek hoop nogtans my antwoord wys weereens hoe ver jy (moedswillig) dwaal.  

    Ek is ook glad nie meer verbaas oor die broederlikheid tussen jou en Dolf nie.  

    En, jy is ook vir my net so verteenwoordigend van ons Skepper, as ekself ...

    Namaste!

    Cornelius Henn

     

  • Chris Dippenaar

    Cornelius, jy sê: "Dis duidelik dat jy as ontnugterd Protestant, nog 'n lang pad het om te loop voor jy jouself naastenby as 'n ateïs kan voorgee."

    Izzit?

  • Cornelius,

    Om die Drie-Eenheid - God die Vader, God die Seun en God die Heilige Gees - vir jou duidelik uit te wys soos vervat in die Bybel, die Woord van God, die volgende:

    Mattheus 28:19 “Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees,” Let wel op die woord “Naam” as enkelvoudig en die drie-eenheid van die Vader, Seun en Heilige Gees daarin saamgevat.

    Hebreërs 1:1-5 “In die verlede het God baie keer en op baie maniere met ons voorvaders gepraat deur die profete, maar nou, in hierdie laaste dae, het Hy met ons gepraat deur die Seun. God het Hom deur wie Hy die wêreld geskep het, ook erfgenaam van alles gemaak. Uit Hom straal die heerlikheid van God en Hy is die ewebeeld van die wese van God. Hy hou alle dinge deur sy magswoord in stand. Nadat Hy die reiniging van sondes bewerkstellig het, het Hy gaan sit aan die regterhand van die Majesteit in die hoë hemel. Hy is net so verhewe bo die engele as wat die Naam wat God Hom gegee het, voortrefliker is as hulle naam. Immers, aan wie van die engele het God ooit gesê: “Jy is my Seun, van vandag af is Ek jou Vader,” en ook: “Ek sal sy Vader wees, en Hy sal my Seun wees” ?”

    1 Joh. 1:1-3 “Van die begin af was Hy daar. Ons het Hom self gehoor; ons het Hom met ons eie oë gesien; ja, ons het Hom gesien en met ons hande aan Hom geraak. Hy is die Woord, die Lewe. Die Lewe het gekom; ons het Hom gesien en is getuie daarvan, en ons verkondig aan julle die Ewige Lewe wat by die Vader was en aan ons geopenbaar is. Hom wat ons gesien en gehoor het, verkondig ons aan júlle, sodat julle aan ons gemeenskap deel kan hê. En die gemeenskap waaraan ons deel het, is dié met die Vader en met sy Seun, Jesus Christus.”

    Joh. 1:18 “Niemand het God ooit gesien nie. Sy enigste Seun, self God, wat die naaste aan die Vader is, dié het Hom bekend gemaak.”

    Verder wys ek jou dan ook op nog verse wat die Drie-Eenheid van God bevestig – Vader, Seun en Heilige Gees:

    2 Korinthiërs 1: 3 “Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy is die Vader wat Hom ontferm en die God wat in elke omstandigheid moed gee”

    Galasiërs 1:1-2 “Van Paulus, 'n apostel, en van al die broers wat by my is. Dat ek 'n apostel is, dank ek nie aan mense nie. Ek is ook nie deur 'n mens aangestel nie, maar deur Jesus Christus en deur God die Vader wat Hom uit die dood opgewek het. Aan die gemeentes in Galasië”

    Galasiërs 1:3-4 “Genade en vrede vir julle van God ons Vader en die Here Jesus Christus, wat Homself vir ons sondes gegee het om ons te verlos uit hierdie goddelose wêreld en so die wil van God ons Vader te volbring. “

    Efesiërs 1:3 “Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy het ons in Christus geseën met al die seëninge van die Gees wat daar in die hemel is.”

    Kolosense 1:3 “Wanneer ons tot God, die Vader van ons Here Jesus Christus, bid, dank ons Hom altyd vir julle”

    1 Thes. 1:5 “want die evangelie wat ons aan julle verkondig het, het nie bloot met woorde tot julle gekom nie, maar ook met krag en deur die Heilige Gees en met volle oortuiging. Julle weet trouens hoe ons by julle opgetree het, en dít om julle ontwil”

    Titus 1: 3 & 4 “Nou het Hy op die bestemde tyd sy woord bekend gemaak deur die prediking wat as opdrag aan my toevertrou is deur God ons Verlosser. Aan Titus, my eie kind in die geloof wat ons albei bely. Genade en vrede van God die Vader en Christus Jesus ons Verlosser!”

    1 Petrus 1:2 & 3 “Soos God die Vader dit vooraf bestem het, het Hy julle uitverkies en deur die Gees afgesonder om aan Hom gehoorsaam te wees en besprinkel te word met die bloed van Jesus Christus. Mag daar vir julle genade en vrede in oorvloed wees! Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! In sy groot ontferming het Hy ons die nuwe lewe geskenk deur die opstanding van Jesus Christus uit die dood. Nou het ons 'n lewende hoop”

    Sien ook Markus 8:38, Luk. 1:35; 3:22; 10:21, Joh. 14:26, Hand.2:33 en Rom. 1:4.

    Hoop dit klaar dit vir jou op, alhoewel jy skynbaar nie die Bybel as die Woord erken nie en dit ook nie volmaak ag nie. Die fout wat jy ook maak is om ware christen gelowiges as Bybelaanbidders uit te kryt – nee-nee, dit is nie die geval nie. Ons aanvaar God se Woord, die Bybel as die Waarheid en tesame daarmee God se genadeversoening in en deur Sy Enigste Seun, Jesus die Christus. Dít is die enigste ware Evangelie – daar is GEEN ander nie. God het dit gesê en ons glo dit.

    Sterkte

    Dolf

  • Bly om te sien dat Kobus de Klerk hom nie aan die niksseggende Neelsie steur nie.

    Jaco Fourie

  • CorneliusHenn

    Presies Jaco Fourie, Kobus de Klerk steur hom ook nie aan God nie ... moet ek dan sleg voel omdat Kobus de Klerk en sy kruipers my kamstig ignoreer? ... dit het my tog laat dink aan: En Ek sê vir julle: Elkeen wat My sal bely voor die mense, hom sal die Seun van die mens ook bely voor die engele van God (Lukas 12:8) ... en ... Maar tog het selfs baie van die owerstes in Hom geglo; maar ter wille van die Fariseërs het hulle dit nie bely nie, om nie uit die sinagoge geban te word nie (Johannes 12:42) ... dis gewoon ter wille van hul eie eer wat Kobus de Klerk en sy kruipers, nie JA of NEE in hul belydenis sal antwoord nie ... Cornelius Henn

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top