'n Besonderse blik op die werklikheid (vir almal met harte)

  • 2

Heil die leser.

Wyl die stryd hier woed midde laakbare seksuele verdagmakery (treitering), en die desperate ondermyning van gesonde waardes deur promiskue, dekadente homoseksuele en godslasteraars in die openbaar (wyl hulle nie eens huiwer om die trauma van gemolesteerde kinders te misbruik om hul eie lasterlike agendas te dien nie), is daar altyd wonderlike dinge elders aan't gebeure - en harte met  'n veel meer geseënde kyk op die aarde.

 

Die foto is deur die nou afgetrede Kolonel Chris Hatfield, wat bekendheid gewerf het met sy kommunikasie op sosiale netwerke gedurende sy diens aan die Internasionale  Ruimte Stasie, Sondag 11 Augustus 2013, op sy Facebook blad geplaas.

Ek deel hierdie veel aangenamer persepsie op die werklikheid spesiaal met almal, wat nes ek, nou reeds verby die punt van erge verveling is met die smetterige aktivisme waarmee godslasteraars en Bybelaanbidders hier bymekaar kruip, en ander se beginsels, sedes en harte in ons almal se Skepper, met hul geveinsdheid en kru gespog met hul sieklike en narsistiese fornikasie, probeer neerhaal.

Namaste (ek buig nederig voor die spiritualiteit ook in jou) !

Hindoe-, Moslem-, Joodse, Boeddhistiese, katolieke en Afrikaliefde,

Cornelius Henn

  • 2

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top