Trienie Mahne; Kobus de Klerk se meisie, en Jaco Fourie se fornikasies

  • 1

Heil die leser.

Met sy gewone bravade spog die werf se Bybelaanbidder en hoëpriester van die ware gelowiges, Kobus de Klerk, die volgende aan Trienie Mahne elders onderaan een my bydraes:

Lyk my jy is nie 'n meisie vir bietjie opwinding nie, Trienie? Toemaar, daar is niks om oor te ontplof nie. Ek [ Kobus de Klerk] dink Kerneelsie soek maar net bietjie geleentheid om aandag te trek en ook om sy verspotte  opgesmukte taalgebruik soos  'n oorversierde krismisboom te vertoon en as hy dit nie kry nie, skep hy dit vir homself. Self die HERE se Naam spaar hy dikwels nie. Die ergste wat dus kan gebeur is Kerneels se reaksie wat soos 'n opgeblase kardoessak klink wat jy platslaan, of 'n jammerlike treurmare. Niks hoegenaamd om jou aan te steur nie. Ek self kan nie sien dat daar enigiets anders relevant gesê kan word nie. Groete daar vir jou.

Die woord "meisie" in Kobus de Klerk se sin "vir 'n bietjie opwinding" hierbo, wek gedagte aan iets "goedkoops" in die straat. Is dit wat Kobus de Klerk van Trienie Mahne in sy arrogante patriarge houding dink?

Die verklarende woordeboek, omskryf Kobus de Klerk se "meisie", as volg:

meisie, =s. Vroulike kind, dogter; maagd. dit bly tussen ons meisies, dis 'n geheim tussen ons; meisies wat fluit, word die deur uitgesmyt (moet die onderdeur (agterdeur) uit) en hennetjies wat kraai, word die nek omgedraai, gesê as 'n meisie 'n deuntjie fluit; meisies is nie geplant nie, maar gesaai; meisies is nie handvol nie, maar landvol, gesê as trooswoord as iem. 'n nooi nie kan kry nie of een verloor het; so tussen ons meisies gesê, dit bly tussen ons meisies, 'n geheim tussen ons; jy sal dit vergroei voor jy 'n meisie is, jy sal die seerkry gou vergeet; die pyn sal gou oorgaan. meisieagtig; meisie(s)koshuis; meisiespan; meisiestehuis.

In volwasse terme sou ek eerder na dame, bedoelende vrou (meisie) van beskaafde maniere, of gewoon net na vrou, verwys het.

Daar is egter ook 'n groot verskil in my beskouing tussen 'n dame en 'n vrou.

Trienie Mahne, is 'n vrou; een wat maklik haar plek in die eerste span sal uitspeel tussen die manne. Haar geesdriftige arglistigheid wat aanleiding tot Kobus de Klerk se grootpratery hierbo gegee het, is gewis 'n bewys daarvoor:

Baie oulike video, Kerneels. Die natuur is altyd 'n tonikum vir die siel. Maar jou kommentaar... Jy is, weens jou smetterige gedrag en onophoudelike mistastings en jou publieke manifestasie daarmee, maar met 'n blote ploert, Kerneels en ook 'n bespotting vir ander wat jou aanmoedig... Jy sal so nimmer nie eens die status van bosvark haal nie. Naaste wat jy op hierdie stadium daaraan kom, is natuurlik daardie oorweldigende misreuk wat daardie diere kenmerkend omring. Was jy al naby een dat jy dit kon ruik? Of kon jy dit nie onderskei van jou eie nie... Maar ons sien wel dat jy in jou eie wêreldjie erg hunker tot daardie status - om bosvark te wees. Welopgevoed soos 'n bosvark-mens, hmmm Kerneels? Het jy opgemerk in die video hoe ou ot vir homself ook weghardloop?  Arme jy. Terloops Kerneels, daardie was vlakvarke - en jy as pseudo bosvark aanspraakmaker kom dit nie agter nie?

Ja, hoeveel opgevoede vroue met beskaafde maniere sou so opgewonde raak oor 'n moontlike "ontploffing" waar 'n breker soos Kobus de Klerk, sy ruwe passies maak?

Kobus de Klerk en Trienie Mahne se spiritualiteit, sluit ook nou aan by die werf se jagse, promiskue en dekadente homoseksueel Jaco Fourie:

Neelsie my Neelsie!! Ek [Jaco Fourie] is nou eers terug na 'n heerlike lyf-maseurings-dekadente week, saam met vyf ander promisku-dekadente plaasboer-kliënte, diep in die Maluti-berge van Lesotho, waar daar geen internetopvangs is nie, en lees noueers jou selfbejammering hier tuis.  Ons het 'n regte 'spanbou"-samesyn geniet uit die boonste rakke. "Maatjie".  Jy lyk "terrible" met daardie vet lyf van jou.  Miskien moet jy eerder by 'n gym aansluit en iets omtrent daardie oorgewig van jou doen, en dan wil jy hierbo voorgee: "ek het geen twyfel dat Jaco Fourie my ook daarin saam met hom agter die deur soek nie".  Neewat Neelsie.  Jy verbeel jou erg.  Jy is beslis nie my smaak of siening van 'n MAN nie.  Vir my moet 'n man gespierd (ongeag ouderdom) met ooglopend druisende testosteroon voorkom om my enigsins te prikkel.  Nie 'n "softie" waardeur dit wil voorkom meer estrogeen in 'n lyf met "manboobs" druis as testosteroon. "Maatjie" mbt wat jy hierbo oor jouself wil kwytraak, wil dit vir my voorkom "thou protesteth too much". Ek het in vorige briewe voorgestel jy soek berading. Selfs Pieter met sy opmerking: "Dit is nou bekend na die oorlog in Irak dat soldate nooit weer "dieselfde" is na hulle ondervindinge nie, en ly aan 'n menigte sielkunde probleme na hulle ontslag uit die weermag"; onderskraag wat ek al voorheen gesê het. Maar toemaar.  Ek bid vir jou, en my gebede sal verhoor word.  Wees sterk en bid saam met my. Hindoe, Tsoistiese en Paganistiese groete, almal tesame heidense katoelieke (let wel die klein "k") Jaco Fourie (sic)

Goddank ek val buite Jaco Fourie se "smaak of siening van 'n MAN"!

Mag Jesus Christus onse Skepper, ons almal vergewe.

Namaste!

Hindoe-, Moslem-, Joodse, Boeddhistiese, katolieke en Afrikaliefde,

Cornelius Henn

  • 1

Kommentaar

  • Beste Cornelius

    Hierdie soort van gesprek raak nou baie kinderagtig en dit het ontaard in 'n moddergooiery van persoonlike omvang. Niemand baat hierby nie en niemand leer iets hieruit nie.

    Wat het geword van jou sinvolle bydraes van die verlede? Alles wat jy deesdae skryf, is gelaai met haat. Jy doen jouself 'n onguns.

    Bekommerde groete

    Perdebytjie

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top