Beste Pieter,
Aangesien ek meen ons soveel betreffende ons ervaring op die werf deel, deel ek ook hierdie gedagtes in besonder met jou.
Jou opmerking in my bydrae onder hoofde "Emeritus Aartsbiskop Desmond Tutu, en die Bybel", het vasgesteek by my.
Jy skryf onder meer daarin:
"Baie dankie vir jou skrywe, (jy kon liewer die persoonlike aanvalle op sekere mense verswyg het), veral vir die interessante gedagtes bevat in die sitaat vanuit "God is not a Christian: And other provocations". Die wysheid inherent in hierdie kwotasie maak mens regtig nederig.
Pieter, ons geliefde emeritus aartsbiskop Desmond Tutu, se wyshede het reeds vir jare 'n geseënde invloed op my lewe.
Ek het ook reeds vele intieme spirituele ervaringe in die Heilige George Katedraal in Kaapstad, beleef.
Ek deel graag met jou hierdie foto van die doop van my dogtertjie in die gemeenskap van my broers en susters in die Heilige George Katedraal. Elke ouer op die foto het daardie dag saam hul belofte en onderneming voor die hele katolieke gemeenskap gemaak; om so ons kindertjies in ons belydenis en tot eer van Jesus Christus onse God, op te voed.
Ek is van mening dat die meeste belangstellendes op LitNet, ook welopgevoede mense is - ongeag hul geloof, of ongeloof.
Dis werklik net 'n handjie vol onbeskaafdes en onderdrukkers hier, die sogenaamde ware Christengelowiges en ekstremistiese ontnugterde Protestante, wat in hul ywer en kruipery onder mekaar, soos 'n oormag lyk.
Geveinsdheid en haat, vier hoogty op LitNet.
Sedert die aanland van die eerste "ware gelowige", Kobus de Klerk (baie jare gelede hier), is die werf lankal nie 'n tuiste waar pêrels met respek gedeel kan word nie.
Pieter, een ervaring wat ek ten nouste met jou kan deel, is Kobus de Klerk se lasterlike verdagmakery gegrond op sy eie en gruwelike veronderstellinge omtrent jou. Ek onthou ook hoe ek en Thomas, herhaaldelik ons weersin teen sy gruwelike boewery uitgespreek het.
Presies dieselfde soort lasterlike verdagmakery, is ook nie net beperk tot "ware gelowiges" soos Kobus de Klerk nie; ene "ware Fourie", het ook sy perverte en lasterlike vertolking omtrent my laat geld met:
"Hy veroordeel homo’s, maar paradokseel, hang hy, as ou man, uit met sy gay-“maatjies”; homo-seuns) waarna hy so gereeld in sy briewe teder na verwys. Ek self as volwasse gay man, hang nie uit met gay-“maatjies” (seuns) nie. (Met sy gesteldheid oor taal-korrektheid, kan daar geen sprake van wanvoorstelling wees nie)." (sic)
Nou ja, vir geruime tyd soek die dekadente, promiskue en ateïstiese homoseksueel Jaco Fourie (soos hyself met sy "Brokeback Mountain homo-mojo" hier spog), my saam met hom agter die deur.
Ek daag egter enigeen hier om my sogenaamde veroordeling van "homo's", of rassisme deur my, uit enige van die menigte bydraes en kommentaar wat ek oor BAIE jare heen hier geplaas het, aan te haal!
Natuurlik; in die vertolking deur "Spiritueel Intelligentes" soos Kobus de Klerk, Wouter Ferns, Chris Dippenaar en Jaco Fourie, is enige vorm van onwaar kwaadsprekery; opsetlike skending van iemand se karakter sonder om bewyse te kan aanvoer; vloek en lieg - alles moontlik!
Ek het Jaco Fourie se laakbaarheid met een van my goeie vriende uit my kinderjare gedeel (ons was skaars tieners toe hy al met sy ma se skoene, rokke, handsakke - nogals soms as goeie wapen met 'n baksteen in - en lipstiffie in die buurt geparadeer het).
Nie almal het lus vir die vieslike gekyf op die werf nie; hy het dit op my slimfoon gelees, my in die oë gekyk, en sag gefluister; "dis sulke gemors wat ons gays 'n kak naam gee", omgedraai en ons bier verder geniet.
Hier moet ek wel noem dat my "ou man gay-maatjies", sekerlik en gewis nie verteenwoordigend van vandag se homoseksuele kan wees nie. Die handvol wat ek vriendskap mee deel, is 'n leeftyd reeds in toegewyde verhoudings met hul "partners" (maats).
Hierdie maatjies van my - oumanne nes ek - is reeds erg deur die meul in die dae tot snotkoppe soos Jaco Fourie en Wouter Ferns, nog met hul karretjies gespeel het. Hulle kan almal getuig hoe hulle byna vir hul lewe in die kas moes bly onder die vervolging van Bybelaanbidders soos Kobus de Klerk, Trienie Mahne en Dolf van Loggerenberg. Vandag nog is dit 'n probleem as hulle by Vic-falls of die Serengeti afsaal.
Ek wou nog wonder of die verwysing na "maatjies" tussen my gay vriende, ook deel van hul algemene "queer-taal" is (soos hulle self daarna verwys), toe onthou ek my weermagdae hoe die woord - Wouter Ferns en Jaco Fourie se "comrades" vandag - eerstens 'n kommunistiese term was, en ten tweede - net na 'n maraton verwys het.
Die naaste ander woord in die weermag was "buddy PT"; dit wyl daar in die strawwe oefening net na "help jou maatjie", "dra jou maatjie", "hou jou maatjie vas", "moer jou maatjie"... ensovoorts verwys is.
Ek wonder of enige afdeling in die weermag ooit in hogerig Afrikaans na "jou mede-soldaat", "kameraad", "vriend", of enige so iets, verwys het?
Die blote feit dat ek wel gay vriende het, is skynbaar ook genoeg rede vir Jaco Fourie om my as homoseksueel te probeer neerhaal - dit, ten spyte van die feit dat ek reeds male sonder tal dit duidelik hier gedeel het dat ek dit in ieder geval nie as 'n belediging beskou om as 'n homoseksueel gereken te word nie - dis net dat ek, en met alle respek, maar 'n doodgewone "straight" ook volgens my ouman maatjies is.
Dit was egter nie genoeg vir Jaco Fourie nie; my gebruik van die woord "maatjie", moes deur hom - nes 'n wafferse Kobus de Klerk - as "pedofiel" vertolk word wat glo "as ouman, met sy gay-maatjies; homo-seuns" uithang - ja Pieter, nes Kobus de Klerk se lasterlike vertolking destyds omtrent jou hier toegelaat is!
Weereens het ek geen twyfel dat Jaco Fourie my ook daarin saam met hom agter die deur soek nie.
En dis hoe dit is op die werf! - hoegenaamd nie 'n plek waar spirituele skoonheid en waardigheid 'n tuiste het nie.
Tog waag ek om hierdie foto, en die wonderlike seën wat ek daarin ervaar het, openlik op die werf te deel ...
My deelname hier is in die eerste plek ter wille van die Evangelie. As sulks, dien dit nie die Evangelie om uit vrees, vir dit wat ten koste van myself is, my getuienis te weerhou nie. Ek is wie ek is, en staan nederig in die genade en beskerming van ons almal se Skepper in my uitdra daarvan.
Ten tweede; my punt aan welopgevoede belangstellendes soos jy, Thomas, Angus, Panda, Jan Rap, Hans Richardt, Johannes Comestor, Varkspek, Coenie Kukkuk , Reusedwerg, Raed na Gael, Duitswester, Jacobus Faasen, CM, Oester, Melt Myburg, François Williams - sy ergerlikheid omtrent wittes en die Weste en al - en al ons Webvoete, en al die baie ander wat gekom en gaan het deur die jare, is dat Godsdiens - geloof of ongeloof - NIKS te make het met die anderhaat wat in soveel hel deur Kobus de klerk, Chris Dippenaar, Trienie Mahne, Jaco Fourie, Dolf van Loggerenberg, Wouter Ferns, en deesdae nog 'n "George" ook, hier gevoer word nie.
Pieter, ons geliefde emeritus aartsbiskop Desmond Tutu, het ook 'n aandeel in die stryd teen kuber-boelies.
Die Desmond Tutu Foundation se besorgdheid onder hoofde "Taking Down Digital Bullies", lees onder meer:
"Technology has made bullying easier and more pervasive. Putting a stop to bullying – whatever its form – requires a community effort from parents, teachers and especially kids themselves. Not doing so imperils the health of our children and our society."
Die minagting vir ander se harte deur swak opgevoede "ware gelowiges" en ongelowiges / straights en gays - staan met hartseer en oral op rekord.
Ek dink elkeen het 'n verantwoordelikheid om hulle teen onderdrukkers van ander se waardes uit te spreek.
Lasterlike verdagmakery wat slimjanne met hul sogenaamde "Spirituele Intelligensie" en "gawes om te vertolk" gedurig op ander aflaai, moet deur alle redelike belangstellendes hier aan die kaak gestel word.
Ek aanvaar die ergerlike en onthutste vyandigheid teen my kom juis omdat ek sulke onderdrukkers en boelies se selfgekose etikette en spog daarmee, aan hulle herhaal.
Wouter Ferns het na homself as 'n "nerd" en "arme Wouter" in sy geveinsde pleidooi vir simpatie verwys - wat ek as patetieke (arme) en bleeksiel (nerd) vertaal; en Jaco Fourie se kru en krasse hoerery na "dekadent" en "promisku" omskryf, maar as hulle goeie Afrikaans as persoonlike belediging beskou, dan sal ek by "arme nerd", en "hoer" hou - sou dit die res van die werf behaag.
Die Bybelaanbidders staan ook onwrikbaar in hul oortuiging dat die Bybel, die Woord van God (Jesus Christus) is, wyl hulle met minagting onder meer na my deelname in die Godsdiens, as "mengelmoes-kardoes gosdiens ideologie" hoon - en die "liewe Trienie Mahne" - gees vervuld in trane van blydskap daaroor uitbars!
Wat staan my te doen; moet ek terwille van vrede aanvaar dat Kobus de Klerk reg is; hom eer dat die Bybel, Jesus Christus ons God (die Woord/Logos) is, en dat ons daarom eintlik ons Skepper aanbid as ons die Bybel as God aanvaar - en dit daarom nie Bybelaanbidding is nie?
Iets waaraan ek myself ook gedurig bedink: "When we are kind, thankful and thoughtful as human beings to one another, we spread our love and enlighten the world." - Desmond Tutu
Ja, wat staan 'n mens nou omtrent die skreiende onkunde van die slimjanne - gelowig en ongelowig - oor ander se harte te doen; dit, waarin anderhaat - met soveel passie hier gevoer word?
Pieter, nogmaals dankie vir jou belangstelling en beskaafde teenwoordigheid hier.
Namaste (ek buig nederig voor die spiritualiteit ook in jou) !
Hindoe-, Moslem-, Joodse, Boeddhistiese, katolieke en Afrikaliefde,
Cornelius Henn


Kommentaar
Beste Cornelius,
Baie dankie vir jou mooi woorde van vertroue, en vir die pragtige foto geneem op die trappe van St George-katedraal in Kaapstad by geleentheid van die doop van julle dogtertjie.
Deur al die jare wat jy hier op SêNet skryf, ken ek jou as 'n sensitiewe mens met 'n breë en onkonvensionele benadering tot alle aspekte van godsdiens wat nie by sekere persone byval sal vind nie. Aangesien jy van persoon so intens en opreg is, is dit natuurlik dat weerstand en kritiek jou diep gaan wond waar jy graag waardering sou verwag het. Jy moet eenvoudig besef dat jou lot dié is van 'n eensaamlopende wolf.
Daardie ondervindinge wat jy deurgemaak het tydens die bosoorlog het ook diep spore op jou gelaat, en destyds was so iets soos "post traumatic stress syndrome" nog redelik onbekend. Jy sou destyds behoorlike "debriefing" moes ondergaan het om jou te help om weer op jou voete te kom. Dit is nou bekend na die oorlog in Irak dat soldate nooit weer "dieselfde" is na hulle ondervindinge nie, en ly aan 'n menigte sielkunde probleme na hulle ontslag uit die weermag.
Vergeet nou asb al die negatiewe terugvoer wat jy van sekere lesers op SêNet ontvang het. Moenie gedurig daaroor dwaal nie. Dit dien geen doel nie. Skryf gerus en deel jou idees met ander soos voorheen aangesien skryf 'n sekere mate van terapie vir jou inhou. En onthou, daar is persone wat jou bydraes geniet.
Beste groete,
Pieter Redelinghuys
Dankie Pieter...
Ek dink Pieter het 'n punt beet en sien die wysheid in sy skrywe raak. Dalk verstaan ek Henn ook nou beter ...
Trienie Mahne, is dit nie veel meer beskaafd, welopgevoed en gemanierd om MET iemand in hul teenwoordigheid, as VAN hulle te praat nie? ... hierdie is tog na alles my bydrae ... derhalwe, jou gemene kombersie waaronder jy verbeelding laat, is ewe geveinsd ... dog, jy ook nog tot op hede nie die ordentlikheid gehad het om 'n enkele een van my vrae elders aan jou te antwoord nie ... het jy hoegenaamd enige innerlike waarde waarin jy jou medemens respekteer? ... indien; uit al die fasette hierbo, uit watter een het Pieter "'n punt" beet volgens jou? ... jy voel so al glibberig dat jou kwansuise "beter verstaan", iets is wat jou uit die waarheid omtrent jou geveinsdheid moet verlos ... hoekom het jy my alweer so al op die rand om WYK SATAN! te roep? ... Cornelius Henn
Neelsie my Neelsie!!
Ek is nou eers terug na 'n heerlike lyf-maseurings-dekadente week, saam met vyf ander promisku-dekadente plaasboer-kliënte, diep in die Maluti-berge van Lesotho, waar daar geen internetopvangs is nie, en lees noueers jou selfbejammering hier tuis. Ons het 'n regte 'spanbou"-samesyn geniet uit die boonste rakke.
"Maatjie". Jy lyk "terrible" met daardie vet lyf van jou. Miskien moet jy eerder by 'n gym aansluit en iets omtrent daardie oorgewig van jou doen, en dan wil jy hierbo voorgee: "ek het geen twyfel dat Jaco Fourie my ook daarin saam met hom agter die deur soek nie". Neewat Neelsie. Jy verbeel jou erg. Jy is beslis nie my smaak of siening van 'n MAN nie. Vir my moet 'n man gespierd (ongeag ouderdom) met ooglopend druisende testosteroon voorkom om my enigsins te prikkel. Nie 'n "softie" waardeur dit wil voorkom meer estrogeen in 'n lyf met "manboobs" druis as testosteroon.
"Maatjie" mbt wat jy hierbo oor jouself wil kwytraak, wil dit vir my voorkom "thou protesteth too much".
Ek het in vorige briewe voorgestel jy soek berading. Selfs Pieter met sy opmerking: "Dit is nou bekend na die oorlog in Irak dat soldate nooit weer "dieselfde" is na hulle ondervindinge nie, en ly aan 'n menigte sielkunde probleme na hulle ontslag uit die weermag"; onderskraag wat ek al voorheen gesê het.
Maar toemaar. Ek bid vir jou, en my gebede sal verhoor word. Wees sterk en bid saam met my.
Hindoe, Tsoistiese en Paganistiese groete, almal tesame heidense katoelieke (let wel die klein "k")
Jaco Fourie
Dankie vir jou gebed Jaco; mag Jesus Christus onse HERE jou ook seën, Cornelius Henn