Sjalom.
Met verwysing na my herinnering omtrent "midrash", laat geld Chris Dippenaar sy "wel opgevoede" mening (ook gedurig gekomplimenteer as sulks), elders aan my as volg: "Cornelius, jy bly maar een van die onnooslikstes (sic) hier op LitNet. Fiksie, ja, tensy jy natuurlik kan wys uit watter gedeelte van die OT die verhaal van Rut gebaseer is".
Ek beskou dit egter nie as my taak om Bybelaanbidders, wannabe ateïste soos Chris Dippenaar, of promiskue en dekadente homoseksuele soos Jaco Fourie en Wouter Ferns, op te voed nie.
Die werf is ook nie kerk nie; in die sin dat ek intieme bekeringsveldtog, of biegsessies, hier sal voer nie. Ek sal hulle dus met graagte laat net waar hulle is.
Nietemin, spesiaal vir die vele ander belangstellendes op die werf, deel ek graag die volgende omtrent herinterpretasie, of te wel midrash, en die verhaal van Rut in die Bybel:
Die Bybel kan beskou word as 'n versameling Heilige Skrifte (uit nog baie meer oral in die mensdom). Dis hoofsaaklik deur Hebreeuse skrywers geskryf.
Die Hebreeuse skrywers het gereeld van 'n tegniek genaamd "midrash", of te wel herinterpretasie, gebruik gemaak. Daarom is dit so belangrik om eerder die Hebreeuse skryftegnieke te ken, as wat dit is om Johannes Calvyn se fundamentele "solas" te volg.
Daar bestaan egter wel vele fiksie wat op Bybelboeke, soos die byvoorbeeld Rut, gebaseer is. Ek geniet self ook sulke verhale en het reeds baie kilometers op die oop pad na sulke boekvoorlesings op RSG geluister.
Die probleem kom waar fundamentele ongelowiges soos Chris Dippenaar hierbo, die gedagte omdraai en ergerlik onthuts "redeneer", dat dit die Bybel is wat op hierdie Bybelfiksie gebaseer is, en nie andersom nie!
Die Hebreeuse tegniek, herinterpretasie - of te wel midrash - is alles behalwe fiksie. Dis 'n skryftegniek wat die antieke skrywers gebruik het om mites, wette, profesie, wyshede of ander verpersoonlikte sake, as die hoofsaak te vertolk.
Ek het ook reeds genoeg in die verlede omtrent my bedoeling met die woord "mite" op LitNet geplaas, maar som dit weereens kortliks op as; voorhistoriese verhale of vertellinge oor bonatuurlike mense of gedaantes wat die vergestalting is van die populêre of algemene geloof en sienings oor natuurlike verskynsels - veral die onverklaarbaarheid in die bepaalde tyd en era daaraan.
En dis die Bybel! - alhoewel grootliks, geskiedkundig akkuraat, en veral bemoedigend in die openbaring van God se wil en saligheid plan vir die mens - gedeeltes daarvan wel die herinterpretasie van mites, wette, profesie, wyshede, of ander verpersoonlikte sake.
Niemand weet wie die boek Rut geskryf het nie, maar die boek Rut, staan in ons Bybel - op die voetspoor van die Griekse vertaling van die Ou Testament en tussen die boeke Rigters en Samuel. In die Hebreeuse teks word die boek gereken tot die sogenaamde Vyf Rolle en vind dit sy plek eers in die derde deel van die Ou Testamente wat die Geskrifte genoem is.
Rut beskryf 'n familiegeskiedenis in die tyd van die rigters. Die agtergrond van die boek is egter heeltemal verskillend van die van Rigters. Terwyl in Rigters verhale van wraak, oorlog en geweld is, is Rut 'n gewone familie geskiedenis waarin verskeie landelike gebruike en volksgewoontes voorkom.
Sommige sien die prediking wat uit Rut daarin dat God die wat trou is aan Hom beloon - die strekking in menige mite en ander verhaling uit die geskiedenis.
Volgens ander is die diepere sin van die verhaal om die afkoms van koning Dawid uit 'n Moabitiese vrou te beklemtoon, om so skerp in te gaan teen die bepalinge van Esra, wat gemengde huwelike verbied en die Moabiete uitsluit van die Joodse gemeente.
Uit Handelinge 13:20 weet ons dat die tydperk wat die rigters oor Israel regeer het, 450 jaar geduur het. Die gebeurtenisse in die boek Rut kan wel nader bepaal word. Boas word as die oorgrootvader van Dawid genoem wat op ongeveer die twaalfde eeu voor Christus verwys.
Gewoontes soos in Rut 4:6-8 beskryf, kan 'n mens laat aanneem dat Rut 'n geruime tyd na die regering van die rigters saamgestel is. Die plek wat die boek Rut in die Hebreeuse teks inneem, wys die ontstaan van die in die tyd van ballingskap, of onmiddellik daarna, dus die 6de of die 5de eeu vC.
Van die tyd van die rigters tot die regering van Dawid, moes die verhaal van Rut, egter mondelings oorgelewer gewees het.
Gronde vir herinterpretasie, is daar meer as genoeg in die boek Rut. Ek laat die volgende skakels vir enigeen wat dalk deur Chris Dippenaar se verwaandheid omtrent midrash, en sy uitsluitlike doel om Godsdiens andersyds te ondermyn, mislei is:
http://jbq.jewishbible.org/assets/Uploads/332/332_Ruthang1.pdf
http://en.wikipedia.org/wiki/Ruth_Rabbah
http://www.sacred-texts.com/jud/tmm/tmm12.htm
http://www.e-ark.net/rabbi/ruthmdrs.pdf
Die boek Rut, word vandag ook steeds toegewyd deur die Jode gelees.
Die letterkundige skoonheid van die boek Rut, word algemeen erken. Daarom bid ek dat Jesus Christus onse HERE, self die Tuinier in 'n ieder se hart wees wat hier lees en die skoonheid in die Bybelboek Rut, sal bewaar.
Namaste (ek buig nederig voor die spiritualiteit ook in jou) !
Hindoe-, Moslem-, Joodse, Boeddhistiese, katolieke en Afrikaliefde,
Cornelius Henn


Kommentaar
"Fiksie [nie midrash, die verhaal van Rut in die OT], ja, tensy jy natuurlik kan wys uit watter gedeelte van die OT die verhaal van Rut gebaseer is."
Cornelius, niks sedert ek hierdie vraag aan jou gestel het nie. Met 'n argument soos die een hierbo is dit nie nodig om te reageer nie.
Jy verwar die komposisie van die OT met die van die NT en weet skynbaar ook nie uit watter tydperk die tegniek van pesher/midrash kom nie.
Chris Dippenaar,
Dis regtig net jy - in jou desperate Protestante ontnugtering - wat die heilige geskrif Rut, tot die versameling heilige skrifte genaamd die Bybel, in jou absolute waansin met iets soos; tot "die verhaal van Rut in die OT" sal wil beperk!
Dis duidelik dat jy met jou vetdruk "in die OT", jouself verleentheid probeer spaar.
Ek moes dwaling sekerlik jou van die begin af kort geantwoord het; dat herinterpretasie (midrash), nie beperk tot die Ou -, of die Nuwe Testament in die Bybel is nie.
Midrash, of te wel herinterpretasie, is 'n Hebreeuse skryfkuns wat lank voor die Bybel se samestelling bestaan het; midrash word selfs as uit die "antieke" beskryf - ja, so lank is dit reeds met ons!
Weet jy wat "antiek" beteken Chris Dippenaar?
Wel, persoonlik reken ek dit kom minstens heelwat voor die drukpers, en 'n versameling genaamd "OT"...
Ek het sulke algemene kennis as vanselfsprekend aanvaar - veral by slimjanne soos jy Chris Dippenaar.
Die Bybel is ook nie naby enige kronologiese orde saamgestel nie; nog is die Hebreeuse gebruik aan letterkundige tegniek genaamd midrash, gebonde of geskei aan die samestelling van 'n Ou - en 'n Nuwe Testament in die Bybel.
Sulke begrensdheid bestaan net vir die Protestante ontnugterde - 'n Chris Dippenaar, wat Bybelaanbidders as strooipoppe nodig.
Dus, herinterpretasie (midrash), bestaan onafhanklik van 'n "OT" en die Bybel.
Die boek Rut in die "OT", bestaan ook buite die Bybel, en word selfs in ander Godsdiens behalwe die Calvinisme gelees.
Chris, jy is duidelik desperaat; die boek Rut is egter ook nie fiksie soos jy probeer voorgee nie - die gedagte wat ek hier deel is dat heelwat gedeeltes daarin (nes baie ander in die Bybel), aan die antieke Hebreeuse vertel/skryftegniek bekend as herinterpretasie, of te wel midrash gedoen is.
Voorts, jou strategie om Godsdiens te probeer ondermyn deur gedurig sulke ou rafeltjies te soek, van die punt af te dwaal, neerhalende en onbeskofte opmerkinge soos dat ek die "onooslikste" is, is reeds verby vervelig en vulgêr.
Val maar liefs net verby Chris Dippenaar - jy ken nie jou onderwerp nie - en dit laat jou gewoon 'n goedkoop propagandis wat Godsdiens daarmee probeer ondermyn.
Nooi vir George, stop julle pyp, en troos jouself met John Lennon se liriek "imagine there is no heaven" in die agtergrond ...
Nie te danke nie,
Cornelius Henn
Cornelius, miskien kan jy iemand anders (Pieter?) kry om jou agter die ore te krap vir jou blaffies hierbo. Ek gaan dit nie doen nie!
... en dan Chris, sit asseblief daardie pyp neer as jy aan my dink; jy gaan net kopseer kry en dit gaan onnodig langer vat om jou intelligensie te {herwin?} ...