Angus: Ras

  • 5

Beste Angus (en enige ander wat sou belangstel),

Jy tik elders die volgende:

Beste Pieter en Wouter, Julle kan my maar braai, maar ek stem saam met Dawkins. Die woord "ras" het geen betekenis in Biologie nie.

As ek iets hier kan noem Angus (en met respek); taal, en die algemene verklaring aan woorde, is gewoonlik al verwysing wat sinvolle redevoering moontlik maak.

Jy tik voorts:

Begin by Engeland en neem foto's van mense en hulle bure. Beweeg oor na Europa en al verder ooswaarts. Elke mens lyk, wat "soort" betref, maar soos sy buurman. Hou so aan deur China tot by Japan. Niemand  verskil veel  van sy buurman nie, en tog verskil  Engelsman en Japannees duidelik van mekaar.

Presies Angus; dit geld ook vir honde, skape, beeste, hoenders, en alle ander geteelde variëteit onder "gedomestikeerde" diere waarna Charl le Roux hierbo verwys.

So word Great Danes en Chiwawas, byvoorbeeld as honderasse in die logiese klassifikasie van honde bepaal.

Doen jou virtuele eksperiment met enige "gedomestikeerde" dier deur 'n foto van die  te neem van die argetipe in perde byvoorbeeld, en werk dit van die Akhal Teke tot deur die mustang, en sien hoe duidelik ou Poon, onse Boerperd van die ander verskil.

En net so verskil die Engelsman en Japannees duidelik van mekaar, as twee verskillende RASSE van mense in jou voorbeeld.

Die woord RAS, mag dalk "geen betekenis in Biologie" volgens jou het nie Angus, maar dit staan vas in ons taal en in die woordeboek:

Angele, (mv). Laag-Duitse ras wat Engeland binnegeval en hulle in Oos-Anglia en Northumbria gevestig het.

betaling, =e, =s. 1. Voldoening van skuld. 2. Salaris. gelyke betaling vir gelyke werk, gelyke betaling vir dieselfde werk afgesien van geslag of ras.

eenrassig, =e. Net deur een ras bevolk.

enklave, enklawe, =s. 1. Grondgebied wat deur vreemde grondgebied ingesluit is. 2. Wyk in 'n stad wat vir 'n bepaalde ras afgesonder is.
enklise

eugeneties, =e. Betreffende die verbetering v.d. menslike ras.

filogeneties, =e. Wat met die ontwikkelingsgeskiedenis van 'n ras, klas, ens. te doen het.

Germaan, ..mane. 1. Oorspronklike bewoner van Germanië (tussen die Ryn en Elbe). 2. Lid v.d. Germaanse ras (Nore, Swede, Nederlanders, Engelse, ens.). 3. Duitser.

Goot, Gote. Oos-Germaanse ras (3e-5e eeu n.C.).

Hamiet, =e. 1. Afstammeling van Gam, seun van Noag. 2. Lid van 'n groot inheemse ras van Noord-Afrika. ..mities.

heersersras, =se. Ras wat hom meerwaardig beskou en graag oor ander wil heers.

Hun, =ne. 1. Lid v.d. Asiatiese ras wat Europa in die 4e en 5e eeu n.C. oorrompel het. 2. Woesteling, vernieler. Huns.

Ioniër, =s. Lid van 'n deel v.d. Helleense ras wat Ionië in Klein-Asië bewoon het.

Jood1, Jode. 1. Persoon v.d. Hebreeuse ras, Israeliet.

Koi, Koikoi, Khoekhoen. Ras in Suidelike Afrika verwant aan die San.

Maori, ='s. Lid of taal v.d. inheemse ras van Nieu-Seeland.

mensereg, =te. Lewens= en bestaansregte wat die mens as mens van nature toekom en wat hy eintlik besit buite en bo wetlik bepaalde en voorgeskrewe regte, afgesien van beskawingspeil, status, taal, kleur of ras.

Mongool1, ..gole. Geel ras woonagtig in Mongolië gekenmerk deur tipiese gelaatstrekke en vlak oë.

ras1, (s). 1. Pit, karakter. 2. =se. Groep verwante mense, diere of plante wat deur erflike eienskappe gekenmerk word en wat, wat aard en gewoontes betref, ooreenkomste toon. 3. Geslag, soort. 4. Afstamming.

rasgroep, =e. Groep persone, groep diere van dieselfde ras.

rassehaat. Haat wat een ras teenoor 'n ander voel.

rassisme. Opvatting dat jou eie ras meerderwaardig is, gewoonlik as regverdiging vir oorheersing. rassisties.

rasverbeteringsleer, (hist.). Leer wat die verbetering v.d. (menslike) ras beoog deur die voortplanting van persone met nadelige erflike gebreke te belet, eugenetiek.

veelrassig, =e. Uit meer as een ras of volk bestaande. veelrassigheid.

...

LET WEL: Joods, is byvoorbeeld nie 'n ras nie ... 'n Jood kan iemand van die  Hebreeuse ras wees; net so is daar lede van die Germaanse ras wat ook Joods is. Dieselfde geld vir Afrikaner; dis nie 'n ras nie ... 'n Afrikaner kan iemand van die Germaanse ras wees; net so is daar Afrikaners (met 'n pragtige Voortrekkererfenis daarby), wat van die Koi ras stam, soos byvoorbeeld Adam Kok se nageslag.

Hoekom moet daar gedurig slimjanne wees wat iets so betekenisvol in die mensdom soos taal, en die besondere betekenis aan die woorde daarin, wil ondermyn?

Ten spyte van die onguns wat dit hier meebring, sal ek my maar altyd daartoe genoop voel om, soos ‘n welopgevoede mens wat ‘n papier op die vloer sien lê, dit op te tel en in die snippermandjie te gooi. Of om die stuk onkruid of kakiebos uit te trek, voordat dit vervuil - uit Dan Roodt se wysheid.

Angus, vergewe asseblief tog ook hierdie affliksie wat die uitlig van jou dwaling op jou as persoon mag meebring.

Opregte groete,

Cornelius Henn

  • 5

Kommentaar

  • Beste Cornelius,

    As ek verkeerd is in my redenasie, is ek maar alte bly as iemand my daarop wys. Vir woordeboekverklarings het ek die grootste respek, want dit wys op hoe 'n woord deur sprekers gebruik word. 
     
    Die woord "ras" 'n sosiale klassifikasie, nie 'n biologiese klassifikasie nie.  'n Mens noem iemand 'n Duitser hoofsaaklik omdat hy Duits praat, van Duitsland afkomstig is, en dan,  sy afkoms. Ontleed sy DNA en verskille in vergelyking met ander Duitsers, kom ook voor by ander rasse.  Daar kan dus nie sprake wees van biologiese klassifikasie nie.
     
    Groete
    Angus
  • CorneliusHenn

    Beste Angus,

    Het jy geweet; bloeddrukmedikasie, is byvoorbeeld rasspesifiek? ...    

    Race and Pharmacogenetics: Ethnicity and race are both concepts used as a way of categorizing people of shared ancestry and physical traits (Sankar et al., 2007). However, ethnicity also connotes shared cultural, linguistic, behavioral, or religious characteristics. Thus, ethnicity and race are tied to both our genetics and our environment. This complexity makes it much more difficult for researchers to identify the specific connections between pharmacogenetics and race/ethnicity. http://www.nature.com/scitable/topicpage/pharmacogenetics-personalized-medicine-and-race-744    

    Among blacks, hypertension develops earlier in life, is more severe, and causes more complications including stroke, heart disease, and end-stage renal disease.1,4,5 Cardiovascular disease (CVD) accounts for 35% of excess overall mortality in blacks, largely because of hypertension.6 Compared with whites, blacks are more likely to have hypertension, be aware of it, and be treated with anti-hypertensive medications, but less likely to achieve blood pressure (BP) control.2   http://www.ncbi.nlm.nih.gov/pmc/articles/PMC2726885/  

    Soos elke ander onderwerp onder die son, is hierdie gewis ook kontroversieel. Elkeen kan egter vir hulself hieroor besluit, maar nes die verskil tussen my en my vrou, dit erg  biologies van aard is; net so glo ek daar is biologiese verskille ook tussen menserasse.  

    Biologie, bedoelende  natuurlik:  

    bio=. Voorvoegsel (woorddeel) met die betekeniswaarde "lewe", bv. biochemie, biodinamika, biologie.

    biologie. Leer van lewende organismes.

    biologies, =e. Wat op lewende organismes betrekking het.

    Die mens is inderdaad sekerlik ook maar net 'n lewende organisme wat die biologie betref, of glo jy nes sommige toegewydes dat die mens verhewe is bo die "bio" in die res van die skepping?

    Ek identifiseer myself ten volle met my (ou)manlike en Lappe "bio" ... sonder om op enige ander se ouderdom, geslag, of ras neer te sien ...

    Angus, baie dankie vir jou eerbare deelsaamheid in die onderwerp.  

    Cornelius Henn

  • Beste Cornelius,

    Ek het dit ook al agtergekom dat bloeddrukmedikasie rasspesifiek is. Ek het twee bure: die een is Afrikaanssprekend, en die ander een is Engels. Hulle is ewe oud, trouens hulle verjaar albei in September. Hulle gaan albei na dieselfde dokter as hulle siek is. Een is 'n prokureur en die ander 'n bestuurder by 'n bekende kettingwinkel. Albei het effens hoë bloeddruk, maar die medikasie wat vir hulle voorgeskryf is, verskil. Miskien verskil die Katololiek, Protestant en ateïs se bloeddrukmedikasie ook van mekaar. Wie weet?
     
    Groete,
    Angus
  • Pieter Redelinghuys

    Hello Angus,

    Jou storie oor die verskillende bloeddrukmedikasie is nie juis oortuigend nie. Almal weet dat daar verskillende, trouens honderde verskillende generiese bloeddrukmedikasie is. 'n Sinlike argument moet demonstreer dat sekere generiese bloeddrukmiddels vir sekere rassegroepe onvanpaslik is, en nie gebruik kan word nie vir een of ander rede, bv dat in sekere rassegroepe hulle óf geen terapeutiese effek het nie, óf dat hulle newe-effekte van so 'n aard is dat hulle nie gebruik kan word nie. Hierdie selfde bloeddrukmedikasie moet dan in 'n ander rassegroep die gewenste terapeutiese effek hê.

    Henn het sy artikel uit 'n professionele mediese joernaal gelig as dit dalk jou aandag gemis het.

    Ek wag nog op spanning om oortuig (ek is oop daarvoor)  te word dat "ras" 'n suiwer "social construct" is maar jy sal nou beter moet doen soos jy my destyds oortuig het van Darwin. 

    Beste groete,

    Pieter Redelinghuys

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top