Heil die leser.
Vir geruime tyd reeds ontduik die werf se sogenaamde ware gelowiges en Bybelaanbidders soos Kobus de Klerk, Dolf van Loggerenberg en Trienie Mahne, my eenvoudige vrae rakende hul antiklerikale dwepery op die werf.
Elders maak die werf se promiskue en dekadente homoseksueel Jaco Fourie (soos hy menigmaal met homself hier spog), die volgende fyn waarneming: "Bly om te sien dat Kobus de Klerk hom nie aan die niksseggende Neelsie steur nie."
Inderdaad; Kobus de Klerk steur hom ook nie aan God nie ... moet ek dan sleg voel omdat Kobus de Klerk en sy kruipers my kamstig en om hul eie ontwil, ignoreer?
Dit het my herinner aan: En Ek sê vir julle: Elkeen wat My sal bely voor die mense, hom sal die Seun van die mens ook bely voor die engele van God (Lukas 12:8) ... en ... Maar tog het selfs baie van die owerstes in Hom geglo; maar ter wille van die Fariseërs het hulle dit nie bely nie, om nie uit die sinagoge geban te word nie (Johannes 12:42).
Ja, dis gewoon ter wille van hul eie aansien onder mekaar op die werf, dat Kobus de Klerk en sy kruipers, skynbaar nie JA of NEE in hul belydenis hier sal waag nie.
As fundamentele Bybelaanbidders, is hulle ook erg teen die invloed van die spiritualiteit uit enige ander bron, behalwe die ink en papier van hul Bybels, gekant. Daarom vee hulle ook enige reguit vrae oor hul belydenis so lafhartig en gedurig met hul ergerlike en neerhalende gedweep van derduisende woorde lank, onder die mat in - so asof God dit nie sal sien nie ...
Ek het myself soos gewoonlik reeds herhaalde maal hieroor bedink, maar glo steeds dis ter wille van die Evangelie dat ek hierdie hooghartigheid en geveinsdheid van die werf se "ware gelowiges", in die lig bring.
Is 'n JA, of NEE, in antwoord op 'n belydenis, dan wel gepas?
Hierdie antwoord het ek in elkeen van die kerk se formuliere; om die doop aan die kinders van gelowiges te bedien; om die doop aan volwassenes te bedien; die heropname van dié wat van die Gemeente van Christus afgesny is; bevestiging van bedienaars; bevestiging ouderlinge en diakens; die huweliksformulier en tot by die formulier by die aflegging van die belydenis van die geloof, gevind.
In elkeen van hierdie formuliere word die hart daarin eers bespreek, en dan word die eenvoudige vraag telkens daarop gevra: Wat is hierop u antwoord?
Enigeen wat ken om deel te het aan hierdie formuliere, sal ook weet dat 'n onsamehangende dwepery voor die kansel waar jy om jou belydenis gevra word, geheel en onvanpas sou wees.
JA of NEE, is die enigste woorde in antwoord op 'n vraag betreffende jou belydenis.
Nou ja, teen hierdie tyd ken belangstellendes hier reeds Kobus de Klerk en Dolf van Loggerenberg se desperate dwepery om hul "ware belydenis" mee te verdoesel.
Maar dan is daar ook Trienie Mahne, wat met allerlei nuanses haar geveinsdheid probeer verdoesel. Trienie Mahne het ook reeds enige onsekerheid omtrent die behae wat sogenaamde "ware Christengelowiges" (Spiritueel Intelligentes), in hul kamstige verhewendheid bo ander se spiritualiteit het, uit die weg geruim in haar kommentaar op Wouter Ferns se ergerlike en onthutste bydrae, en dit sommer bokant Kobus de Klerk selfs as "die mees skitterendste skrywe wat ek [Trienie Mahne] nog op SêNet gelees het! Jou [Wouter Ferns se] artikel hier het direk tot my gees gespreek en trane gebring", aangehef - net omdat Wouter ander se sielelewe as minderwaardig tot die werf se sogenaamde ware gelowiges se Spirituele Intelligensie gestel het!
Ek het weer my vrae aan Kobus de Klerk, Dolf van Loggerenberg, Trienie Mahne, en elke ander wat hulself as ware gelowige ag, nagedink, en herhaal dit as volg:
Ten eerste: Is Jesus Christus, God? Ja of nee ...
Ten tweede: Is die Bybel, die Woord van God (Jesus Christus)? Ja of nee ...
Ten derde: Is die Bybel, volmaak? Ja of nee ...
Ten vierde: Is Hindoes, Moslems Jode, katolieke ... ensovoorts, gelowiges? Ja of nee ...
Ten vyfde: Is God net beperk tot "ware Christengelowiges"? Ja of nee...
Ek sou ook graag eendag by enigeen van die sogenaamde ware Christengelowiges wil weet; wat is sou dan die verskil tussen "ware gelowige", en gelowige wees?
En so word die Gereformeerde Kerk se "Formulier by die aflegging van die belydenis van die geloof", ook afgesluit:
Mag die God self van alle genade, wat ons geroep het tot Sy ewige heerlikheid in Christus Jesus, nadat ons 'n kort tyd gely het, u volmaak, bevestig, versterk en grondves. Aan Hom die heerlikheid en die krag tot in all ewigheid! Amen.
Namaste (ek buig nederig voor die spiritualiteit ook in jou)!
Hindoe-, Moslem-, Joodse, Boeddhistiese, en katolieke groete,
Cornelius Henn

