Perdebytjie: Skiet die boodskapper (of verskeur die posman)?

  • 4

Liewe Perdebytjie,

Hoekom my die boef maak wat glo aan haat en aanval op ander se persoon skuldig is - net omdat ek Kobus de Klerk, Jaco Fourie en Trienie Mahne se kommentaar elders aan my herhaal?

Indien jy wel my bydrae onder hoofde "Trienie Mahne; Kobus de Klerk se meisie en Jaco Fourie se fornikasie" gelees het, sou jy dalk gemerk het dat dit hoofsaaklik die belediging van die werf se "ware gelowiges", en hul sikofante, aan my persoonlik gerig is.

Hoekom ek dit dan herhaal (in hul modder rol)?

Wel Perdebytjie, in die verlede is menige sulke kommentaar teenoor my gelewer wyl min van julle skynbaar kennis daarvan dra en hierdie duiwels, as duiwe vertroetel word.

Daarom het ek besluit om hul onlangse teistering, deur veral Kobus de Klerk en Trienie Mahne (en nogals gereeld met Jaco Fourie, Chris Dippenaar en Wouter Ferns aan hul hand), op rekord te plaas.

Die Boeddha en sy dissipels het op 'n dag gewandel toe 'n besetene uit 'n bos storm en die Boeddha begin beledig. Die Boeddha het rustig gestaan en luister, sonder om die minste andersyds daarop te reageer. Na 'n ruk het die besetene sy wrok laat vaar en verdwaas terug na sy bos gedwaal. Die dissipels vra toe die Boeddha hoekom hy niks op die besetene se ongegronde belediginge geantwoord het nie? In sy wysheid antwoord die Boeddha; as iemand jou 'n geskenk bied en jy aanvaar dit nie - aan wie behoort dit? Die dissipels het die vrede daarvan begryp en onverstoord verder gewandel.

Ek het wel ten koste van myself Kobus de Klerk, Jaco Fourie en Trienie Mahne se  "presentjies" oopgemaak, dit in die lug gehou vir almal om te kyk, en dit toe ter wille van almal in die hel gesmyt - presies waar dit vandaan kom!

Perdebytjie, ek het jou nog altyd as een van die dames op die werf respekteer, en daarom wil ek ook nou die geleentheid gebruik om verskoning teenoor jou - en almal hier vir die kruheid in die gewraakte aanhalings te vra; maar onthou - dis hul uitinge en presies in hul eie woorde - die waarheid omtrent Kobus de Klerk, Trienie Mahne, Jaco Fourie.

Dit laat gewis 'n wrang smaak.

'n Mens sou verwag het dat ons as die gaste hier, minstens die bedoeling van ons land se grondwet in terme van andere se Godsdiens en seksualiteit sou handhaaf. Nou beledig en probeer ondermyn hierdie bendetjie  gedurig ander se geloof en ongeloof, en waag selfs om my seksualiteit en welstand, as verdag te probeer laat - alles in hul reg op vryheid van spraak.

Ek hoop jy verstaan dat my bydraes in die verlede, eintlik niks anders as pêrels deur hierdie bende anderhaters vertrap is nie.

Ek bid egter steeds dat Jesus Christus onse HERE, self die Tuinier daarin sal wees.

Besef enigeen hier dat my vrede met ander se geloof en ongeloof, asook die uitleef van my hart daarin, die enigste provokasie vir Wouter Ferns, Chris Dippenaar, Dolf van Loggerenberg, Trienie Mahne, Kobus de Klerk, George en  Jaco Fourie is?

Moet die bedroëne dan altyd ter wille van ander se eerbaarheid swyg?

En dit het vererger, net omdat ek dit durf waag het om vele van hul dwalinge verkeerd te wys - en daarom vandag die eentonige wraak in hul gevolglike gekrenkte ego's.

My deelname en bedoeling hier is juis om bevraag te word, maar waarom moet ek gedurig deur hierdie geveinsdes (gelowig en ongelowig), daarvoor beledig word?

Wat is hieruit te leer?

Al is dit dan die enigste les; kyk hoe lyk die gesindheid en koste waarin enige ander ook hul hart hier waag - veral sou hulle afwyk van die konformis-godsdiens wat as die "ware godsdiens" hier gedweep word, of wanneer wannabe ateïste se Bybelaanbid-strooipoppe en ter wille van die Evangelie, aan flarde geblaas word.

Ek het wel nog baie omtrent vergifnis te leer; wat ek wel weet, is dat die misdadiger nooit in 'n engel verander as hul vergewe word nie, maar dat die slagoffer vrygemaak word daarin!

Dankie vir jou belangstelling Perdebytjie.

Mag Jesus Christus onse Boeddha, ons almal vergewe.

Namaste!

Hindoe-, Moslem-, Joodse, Boeddhistiese, katolieke en Afrikaliefde,

Cornelius Henn

  • 4

Kommentaar

  • Beste Cornelius

     
    Ek verstaan presies wat jy bedoel. 'n Mens kan nie toelaat dat ander mense op jou trap nie. Die punt wat ek wou maak, is dat hierdie soort gesprek nêrens heen lei nie. Jy gooi jou siel oop vir die mense wat jou so beledig. Hulle lag al die pad en het uiteindelik beheer oor jou emosies. Dit lok net verdere kritiek en moddergooiery uit.
     
    Jy hoef nou nie heeltemal soos die Boeddha te maak nie, maar miskien sal dit help as jy net so 'n treë terugstaan en dalk oor ander onderwerpe skryf. Ek hou nou al lank hierdie vlaag van beledigings van beide kante dop en het gevoel dat jy eintlik die slegste daarvan afkom.
     
    Ek praat nie eers met die ander daaroor nie, want ek voel niks vir hul opinies nie, maar vir jou Cornelius, het ek nog altyd respek gehad. Vandaar my vermaning. Ek vra verskoning dat ek miskien effe op jou tone getrap het!
     
    Groete
     
    Perdebytjie
  • CorneliusHenn

    Liewe Perdebytjie, baie dankie vir jou begrip ... ek twyfel of ek ooit hier sou deelneem as die hoofsaak daarin nie my gevoel (hart) is nie ... dis hartseer om te dink hoeveel ander ook graag hier sou wou deelneem, maar jeens hul slegte ervaring reeds met die "ware gelowiges", en andersyds die onheil wat enigeen uit my ervaring hier lees, laat hul met oorleg onbetrokke ... ek sal nie spog dat my vel dik is nie, maar ek staan reeds my lewe aan die kant van die bedroënes ... ek dink Kobus de Klerk en sy gevolg weet dit ook ... maar Perdebytjie, dis belangstellendes soos jy wat weer 'n stomp op my assies kom gooi en die koue help verdryf ... ek sal myself voortaan en altyd daaraan herinner dat nes God, daar ook ander welopgevoede belangstellendes soos jy is wat lees wat ek tik ... Namaste! Cornelius Henn

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top