PEN Afrikaans: Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Oktober 2021

  • 1

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Oktober 2021 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

 

Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende Oktober in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:

1 Oktober

Kyk weer: Chris Karsten gesels oor sy nuwe boek

4 Oktober

Resensie: Konsternasie en stuitigheid
Francois Bekker resenseer Hans bars die bioborrel deur Rudie van Rensburg

Resensie: ’n ‘Blade Runner’ vir tieners
Jonathan Amid resenseer Donkerbloed deur Elrien Scheepers

Resensie: ‘Vrou-beeldige’ verse deel van groter gesprek
Joan Hambidge bespreek Derde gety deur Zandra Bezuidenhout

Resensie: Gerugte van nóg ’n ATKV-Woordveertjie
Stefaans Coetzee resenseer Gerugte van ’n ontvoering deur Chris Karsten

Boekenuus: SA skrywer se ‘Kleinste ramp’ word nou in Frans vertaal
Nuusberig oor Francois Smith se roman Die kleinste ramp denkbaar wat in Franse vertaling gaan verskyn

Boekenuus: Dié Afrikaanse skrywers kom vir SALA-prys in aanmerking

6 Oktober

Boekenuus: Oudiovisuele N|uu-woordeboek verskyn vroeg in nuwe jaar
Christiaan Boonzaier berig oor dié woordeboek wat die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad gaan uitreik

7 Oktober

Kyk weer: Luister wat Freek Robinson oor sy nuwe boek te sê het

Boekenuus: Abdulrazak Gurnah van Tanzanië wen Nobelprys vir Letterkunde

8 Oktober

Boekenuus: Debuutskrywer wen met kinderboek SA se boek van die jaar
Christiaan Boonzaier berig oor die wenner van die Suid-Afrikaanse boekprys (kinderboeke én algeheel)

9 Oktober

Boekenuus: McGregor se gedigtefees weer in November aangebied

11 Oktober

Resensie: Kontoere van menslike toestand beliggaam
Jonathan Amid oor Om alleen te gaan deur Nicole Jaekel Strauss

Resensie: Jag op ’n reeksmoordenaar
Stefaans Coetzee resenseer Roofdier deur Marie Lotz

Boekevat: ’n Swerwer is “die een wat reis, die een wat lees”
’n Rubriek deur Leon-Ben Lamprecht

13 Oktober

Onderhoud: ‘Moordenaar ook ’n mens, nie net monster nie’
Mariana Malan in gesprek met spanningskrywer Chris Karsten

Boekenuus: Digkuns by tiende Tuin van Digters in Wellington gevier

Boekenuus: Ek wil nie aan lesers voorskryf nie, sê Nobelprys-wenner

15 Oktober

Boekenuus: Tuin van Digters: ‘Tydlose’ PJ Philander gehuldig
AJ Opperman skryf oor die verering van Philander by dié digtersfees

18 Oktober

Resensie: Verhale vir kinders kry nuwe baadjie
Koos Kombuis resenseer Wie skrik vir Wortel Wolf? deur Leon-Ben Lamprecht

Resensie: ‘Scatterling’ ’n ryk, geskakeerde biografie met diepte
Theunis Engelbrecht resenseer Scatterling of Africa: My Early Years deur Johnny Clegg

Resensie: Grafiese roman perfek vir tieners
Ilza Roggeband resenseer ’n Hart is net atome deur Cecilia Steyn en Danielle Albertyn

Resensie: Dubbeldoor-bundel kyk terug, handel af
Louise Viljoen resenseer Donkerberg / Bloodwood deur Dominique Botha

Skrywersnuus: Universiteit van Gent besluit op Krog as hul gasskrywer
AJ Opperman berig

21 Oktober

Kyk weer: Nataniël praat kaalkop oor sy nuwe boek

Profiel: Die verhaal van drie vroue, ’n bruilof en ’n boerboel
Murray la Vita in gesprek met Azille Coetzee oor haar debuutroman, Die teenoorgestelde is net so waar

22 Oktober

Nuus: Pandemie versnipper kunste se BBP-bydrae met R42,1 miljard
Christiaan Boonzaier skryf oor die enorme prys wat die kulturele en kreatiewe bedryf in Suid-Afrika weens die pandemie moes betaal

24 Oktober

Boekenuus: Schaffer is ‘tussenganger vir Nederlandse, plaaslike letterkunde’
Marlene Malan berig oor die huldiging van Alfred Schaffer as feesdigter by Tuin van Digters

Boekenuus: Philander se lewe en werk bespreek by 10de Tuin van Digters
Marlene Malan berig

25 Oktober

Resensie: Verhaal wat lees soos pynlike, presiese verse
Dineke Volschenk resenseer Kompoun deur Ronelda Kamfer

Boekevat: Soms het ’n verhouding steierwerk nodig
’n Rubriek deur Jo Prins

26 Oktober

Boekenuus: Ben Okri open SA se Madibaland-boekefees

27 Oktober

Boekenuus: Helen Zille open Boekbedonnerd virtueel

Oor die opening van die Boekbedonnerd-fees wat in Richmond plaasvind

29 Oktober

Boekenuus: Galgut, Langa en Rhys onder skrywers op gewilde boekfees
Oor die Oopboekfees wat van 8 tot 24 November aanlyn beskikbaar sal wees.

Boekenuus: Skrywer herinner lesers aan ‘die respek wat in ’n naam is’
Christiaan Boonzaier skryf oor Refiloe Moahloli se nuwe kinderboek

30 Oktober

Boekenuus: 2 nuwe boeke belig Irma Stern as paradoks nou én toe

Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in Oktober op LitNet verskyn:

Dik dun thick thin deur Nataniël: ’n lesersindruk

Touch, saamgestel deur Tiffany Kagure Mugo en Kim Windvogel: ’n resensie

Resensie: Die getuienis deur Francois Smith

Gerugte van ’n ontvoering deur Chris Karsten, ’n lesersindruk

die miskruier en die maan deur Carié Maas: ’n resensie

Help! My dorp hou ’n kunstefees! deur Koos Kombuis: ’n resensie

Tyd om te skaats deur Jacolet van den Berg, ’n lesersindruk

We can fix ourselves by Mosibudi Mangena: ’n resensie

Verkleurmannetjie deur François Bloemhof, ’n lesersindruk

’n Boekgesprek met Anna Emm

Annemarié van Niekerk se reis na SA se moorddadige hart

 

 

Die volgende resensies het gedurende Oktober in Rapport, onder redaksie van Johan van Zyl, verskyn:     

3 Oktober

Resensie: Om alleen te gaan deur Nicole Jaekel Strauss, geresenseer deur Joan Hambidge

Resensie: Hier waar ek nou is deur Matty Strydom, geresenseer deur Juliana Coetzer

Resensie: Trisa Hugo resenseer Die miskruier en die maan deur Carié Maas

Nuut op die rak: “Blinknuwe biografieë”

  • Michael Battle se Desmond Tutu: A Spiritual Biography of South Africa’s Confessor;
  • Joining The Dots: An Unofficial Biography of Pravin Gordhan deur Jonathan Ancer en Chris Whitfield;
  • Kom ons loop weg: Ons pad met Parkinsonsiekte deur Erika Murray-Theron;
  • Antoinette Pienaar se Antoinette sê;
  • Herontdek jou selfvertroue: Sewe stappe na ’n nuwe jy deur Rolene Strauss;
  • Barbara Masekela se Poli Poli; en
  • Op die man af deur Freek Robinon

10 Oktober

Resensie: Marius Swart resenseer Donkerberg/Bloodwood deur Dominique Botha

Resensie: Die spore van Gert Saggiestrap deur Marco Botha, geresenseer deur Jean Meiring

Resensie: Jonathan Amid bespreek Op ’n mooi dag deur Irna van Zyl

Resensie: Magdel Vorster resenseer Donker bloed deur Elrien Scheepers en Skeur deur Carel van Rooyen

17 Oktober 2021

Resensie: Bibi Slippers oor Die teenoorgestelde is net so waar deur Azille Coetzee

Resensie: Annelise Erasmus resenseer Herontdek jou selfvertroue: Sewe stappe na ’n nuwe jy deur Rolene Strauss

Resensie: Jonathan Amid resenseer Gerugte van ’n ontvoering deur Chris Karsten

Resensie: Man in die maan deur Etienne Fourie, geresenseer deur Trisa Hugo

24 Oktober

Resensie: Johann Kriegler resenseer Joining the dots: An unauthorised biography of Pravin Gordhan deur Jonathan Ancer en Chris Whitfield

Resensie: Juliana Coetzer resenseer Kom ons loop weg: Ons pad met parkinsonsiekte deur Erika Murray-Theron

Resensie: Emile Joubert oor Zeus van Wyngaardt en die godin van die jag deur Julio Agrella

31 Oktober

Resensie: Jean Meiring resenseer Die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls se eerste honderd jaar deur Christo van Rensburg

Resensie: Annelise Erasmus bespreek Hans bars die bioborrel deur Rudie van Rensburg

Binnekort op die rak: “Romans vir langasems”

  • Grootgeluk deur Jan van Tonder;
  • Wilna Adriaanse se Vlug;
  • Marinda van Zyl se Veldhospitaal 12;
  • Spieëltjie spieëltjie deur Jan Vermeulen; en
  • Ivoor deur Jaco Wolmarans

Binnekort op die rak: “Kort en kragtig”

  • 107 Kaalkoppe deur Nataniël;
  • In die tyd van die gif: ’n Jaar en ’n half in stories deur Dana Snyman;
  • Marie Toerien se kortverhaaldebuut, Bitter Daisies;
  • en Bekkies se ding met die volstruis en ander stories deur Gustaf Pienaar

Skryfnuus: “Doen aansoek vir Van Ewijck-prys”

Die volgende resensies het gedurende Oktober op Maroela Media, onder redaksie van Suné van Heerden, verskyn:

4 Oktober

Herontdek jou selfvertroue

Deesdae vind Rolene Strauss vreugde daarin om vroue wêreldwyd aan te moedig om NEE te sê vir perfeksie, vergelyking en lae selfvertroue, en JA vir selfwaarde, moed, geluk en sukses.

Lees die resensie deur Louise Viljoen.

5 Oktober

’n Sonneblom vir elke dag

Die daaglikse boodskappe beslaan elk een bladsy, maar dis kragtig, interessant, leersaam en inspirerend, skryf Louise Viljoen.

Lees die resensie.

12 Oktober

Kom ons loop weg

Erika skryf van die uitdagings wat daar op haar en haar man, Tom, gewag het nadat hy in 2001 toe hulle 27 jaar getroud was met parkinsonsiekte gediagnoseer is.

Lees die resensie deur Louise Viljoen.

19 Oktober

’n Reeks wat kinders van emosies leer

Dit is in vandag se tyd belangriker as ooit dat kinders meer oor hulle emosies leer en toegerus word in hoe om dit te hanteer sodat hulle meer selfbewus en medelydend sal wees. Dankie tog vir dié ‘Op die plaas’-emosiereeks!

Lees die resensie deur Louise Viljoen.

Tydskrif vir Letterkunde is ’n aanlyn akademiese joernaal wat twee maal per jaar verskyn en naas navorsingsartikels ook resensies insluit. Die resensies is ooptoegang en die PDF’s kan gratis afgelaai word.

Die volgende Afrikaanse resensies verskyn in die tweede uitgawe van 2021,  met Bibi Burger as resensieredakteur:

Mathilda Smit resenseer Nêrens, Noord-Kaap

Earl Basson resenseer As die Cape Flats kon praat

Marni Bonthuys resenseer Soe rond ommie bos

Delia Rabie resenseer Vin

Reinhardt Fourie resenseer Tussenganger

Willem Anker resenseer Native life in the third millennium

Mercy Kannemeyer resenseer Staande Ovasie

Rickus Ströh resenseer Duimnaelsketse

Klyntji.com is ’n onafhanklike webjoernaal wat op kuns en kultuur fokus. Resensies en boekverwante artikels verskyn onder redaksie van Francois Lion-Cachet.

22 Oktober

Onderhoud: Marcel Spaumer in gesprek met Dominique Botha oor Donkerberg

 

Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende Oktober op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by: https://www.rsg.co.za/rsg/potgooi-episode/?series=4793.

Woensdag 6 Oktober

Ilse Salzwedel gesels met Zelda Bezuidenhout, skrywer van Die waarde van stil bure, oor haar loopbaan.  Die digter en musikant Andries Bezuidenhout vertel meer oor die gedigte wat hy, Mercy Kannemeyer, Lydia Gittens, Salvia Ockhuis en Valda Jansen tydens ’n skrywersresidensie in Somerset-Oos geskep het en saam met musiek op die album Derde golf bekendgestel het. Jy kan ook luister na twee van hierdie gedigte. In Johan Myburg se internasionale insetsel gesels hy onder andere oor nuwe boeke deur verskeie bekende internasionale skrywers.

Woensdag 13 Oktober

Ilse Salzwedel gesels met Nicole Jaekel-Strauss oor haar roman, Om alleen te gaan. Suzette Kotze-Myburgh vertel meer oor vanjaar se US Woordfeesbundel, getiteld Iets anders. In Johan Myburg se internasionale insetsel kan jy meer uitvind oor die wenner van vanjaar se Nobelprys vir letterkunde, Abdulrazak Gurnah, wat ook een van sy kortverhale voorlees.

Woensdag 20 Oktober

Skrywer Erika Murray-Theron gesels openhartig oor haar nuwe boek, Kom ons loop weg. Chris Karsten praat oor sy nuwe roman, Gerugte van ’n ontvoering. Johan Myburg vertel in sy internasionale insetsel onder meer van die polemiek oor ’n Franse letterkunde prys, ’n interessante nuwe sosiale media tendens om boeke onder tieners te bemark, en ’n nuwe bundel uit die pen van die Amerikaanse digter Louise Glück.

Woensdag 27 Oktober

Ilse Salzwedel gesels met Francois Bloemhof oor sy skryfwerk, en spesifiek ook oor sy jongste roman Die duisend en eerste nag. Suzette Kotze-Myburg deel haar indrukke van Shana Fife se baie inspirerende en broodnodige memoir getiteld Ougat. In Johan Myburg se insetsel gesels hy onder andere oor die ware identiteit agter ‘n gewilde Spaanse skrywer se skuilnaam, en ‘n nuwe Winnie the Pooh-verhaal, presies 95 jaar nadat die gewilde kinderverhale die eerste keer verskyn het.

Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende Oktober op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by: https://www.rsg.co.za/rsg/potgooi-episode/?series=4896.

Dinsdag 5 Oktober

Ons luister na gedigte uit 'n nuwe bundel wat onlangs uitgegee is deur Human & Rousseau. Derde gety is uit die pen van Zandra Bezuidenhout. Dit is heel gepas Zandra se derde digbundel. Haar pragtige debuutbundel, Dansmusieke, is in 2001 met die Ingrid Jonker-prys bekroon, waarna 'n tweede bundel, Aardling, in 2006 verskyn het. Nini Bennett skryf in haar resensie: "Zandra Bezuidenhout se nuwe bundel Derde gety getuig van beleë poësie wat bekoor in ’n bedaarde en sober gang. Die taalgebruik is vindingryk maar helder, en die gedigte getuig van ’n besonderse poëtiese vakmanskap." Om reg te laat geskied aan hierdie poëtiese vakmanskap, moes ’n ander vakman of eerder -vrou, ingeroep word hiervoor. Antoinette Kellermann, wat ook deesdae by die see bly, lees vanaand se gedigte voor.

Dinsdag 12 Oktober

Digter en akademikus Bernard Odendaal kuier in die ateljee vir nog ’n aflewering van ’n reeks wat fokus op plekke en streke, wat as tema of gebeureruimte dien in die poësie van ’n verskeidenheid Afrikaans digters – op die digterskontreie van Afrikaans, as’t ware. Die tema en gedigte wat ons gekies het, het te make met ons buurland, Namibië. Jy kan uitsien na gedigte deur Daniel Hugo, Martjie Bosman, Len S. Louw, Lucas Malan, Hennie Aucamp, Hewitt Visser, Johann Lodewyk Marais, Marié Blomerus, George Weideman, Hans du Plessis, Joan Hambidge, Kobus Lombard, Bernard Odendaal en Chris Lombard.

Dinsdag 19 Oktober

Marion Holm skuif agter die mikrofoon in, en lees enkele van haar gunsteling verse voor - "inklusiewe gedigte wat gewone mense ook kan verstaan." Jy kan uitsien na verse deur C. Louis Leipoldt, W.E.G. Louw, Ronelda S. Kamfer, Erns Grundling, Joan Hambidge, Stephan Bouwer, Sydda Essop, Vincent Oliphant en Adam Small.

Dinsdag 26 Oktober

Die Suid-Afrikaanse digter, Carina van der Walt, wat in Nederland woon, is in die ateljee. Sy en Frieda van den Heever gesels oor haar debuutbundel, Landluisteraar. Die bundel bestaan uit gedigte wat geïnspireer is deur kunswerke van die landskapkunstenaar Strijdom van der Merwe. Sy kuns het 'n besonder poëtiese kwaliteit. Die gedigte het ontstaan gedurende die jare wat Carina aan Stilspraak, 'n monografie oor Van der Merwe, geskryf het. Saam vertel dit 'n verhaal van tuiswees in, en uitreik na die landskap. Dít is die kwesbare wêreld wat ons daagliks dra en ons ruimte bied om te bestaan. Jy kan uitsien na toeganklike verse sonder vals sentiment asook musiek wat geskoei is op hierdie verse deur Mart-Marie Snyman met o.a. Anna Davel, Stefan van Zyl en Mariette Snyman as kunstenaars.

De Week van de Afrikaanse roman bied in samewerking met die Taalunie en die Zuid-Afrikahuis in Amsterdam ’n aantal aanlyn gesprekke aan oor Afrikaanse letterkunde: ‘Boeken uit het Huis’. Die gesprekke vind in Nederlands en in Afrikaans plaas.

In hierdie aflewering word die skrywer Annemarié van Niekerk se boek Om het hart terug te brengen bekendgestel. Adriaan van Dis voer ’n onderhoud met die skrywer.

Prof. Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied: http://joanhambidge.blogspot.co.za:

Resensie vir Fine Music Radio: Help! My dorp hou ’n kunstefees! deur Koos Kombuis

Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.

6 Oktober

Resensie: Bester Meyer resenseer Inferno, Dante Alighieri, vertaal deur Cas Vos

21 Oktober

Resensie: Joan Hambidge resenseer Splintertyd deur Dolf van Niekerk

28 Oktober

Resensie: Marlies Taljaard resenseer I wish I’d said Vol. 4, saamgestel deur Johann de Lange & Rethabile Possa-Mogoera

Resensie: Joan Hambidge bespreek Wat ek van klippe weet deur Jan Wagner, vertaal deur Robert Schall

  • 1

Kommentaar

  • Marita Op't Hof

    Kan u asseblief vir my 'n resensie van Dominique Botha se nuutste digbundel DONKERBERG stuur.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top