’n Boekgesprek met Anna Emm

“Stephen King het dit een keer so raak beskryf. Hy’t gesê om te skryf is soos om ’n bonfire te maak op ’n donker strand, en dan kom die karakters en storielyne na die lig toe. En elkeen wat kom, bring meer lig, kom pak nog ’n stuk hout op die vuur totdat die hele strand verlig is en jy as skrywer alles kan sien. Dis presies hoe ek dit ook ervaar.”