Pasgelaai

Churchil Naudé oor Festival voor het Afrikaans 2018

Naomi Meyer, Churchil Naudé Feeste 2018-09-13

"Ek verkies om wat ek doen, woordkuns te noem. Die lyn tussen rymklets en gedigte is soms vaag en dit werk vir my, want daar is deesdae te veel mense wat jou in ’n boks wil gooi sodat hulle beter oor hulself kan voel. Rymklets is lankal nie meer ’n gier wat gaan oorwaai of ’n tendens wat met ouderdom vervaag nie."

Zelda la Grange oor Festival voor het Afrikaans 2018

Zelda la Grange, Naomi Meyer Feeste 2018-09-13

"Bill Clinton het dit mooi gestel toe hy gedurende 'n verjaarsdagviering van mnr Mandela vertel dat wetenskaplikes bevind het dat ons verskille, soos ras, liggaamsbou – die uiterlike – asook wat ons glo en wat ons oortuigings betref, bloot 1% van ons samestelling opmaak – 99% is ons dus almal, ongeag die verskille, presies dieselfde."

Lerina Erasmus (1946–2018)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2018-09-13

“Jy moet mense so laat glo in jou storie dat hulle deel word daarvan.” Lerina Erasmus is op 20 Augustus 2018 oorlede.  Lees oor haar lewe en werk in LitNet se ATKV-Skrywersalbum.

Die tweede Etienne van Heerden Veldsoirée: finale program

LitNet Feeste 2018-09-13

Die tweede Etienne van Heerden Veldsoirée sal vanjaar oor die langnaweek 22–25 September op Cradock en Somerset-Oos en in die Cradock-distrik plaasvind. Hier is al die inligting.

Trein-evangelis: “God hettie letties en moffies geskape nie!”

Olivia M Coetzee Rubrieke 2018-09-13

"Maa hoekô issit dan net oo die een ding wattie kêk sy mond rek? Die Bybel lê vol van reëls en regulasies van wat mens as Christen mag doen en wat mens nie mag doen nie. En wat djy as mens moet doen om rêrig soes ’n kind van God te liewe. Of lies ôs maa amal ôs Bybel net soes ôs wil?"

Die US draai sy rug op Afrikaans as doseertaal

Hermann Giliomee Universiteitseminaar | University Seminar 2018-09-13

"Wat my die meeste verbaas van die rektor se oorsig van die US se eerste eeu, is dat daar geen enkele woord is oor wat beskou kan word as die US se grootste prestasie in sy eerste eeu nie, naamlik sy teenstand teen die Britse imperiale ideologie deur die opbou van ’n eie, inheemse intellektuele tradisie."

Laurika Rauch oor Festival voor het Afrikaans 2018

Naomi Meyer, Laurika Rauch Feeste 2018-09-13

"My werk is om suksesvol te kommunikeer met ’n gehoor, of ek nou in Afrikaans, my moedertaal, Engels of enige ander taal sou optree. Ek wil hoop dat daar ’n universele kwaliteit is aan dit wat ek doen waarby gehore kan aanklank vind – of hulle alles verstaan wat ek sing of nie."

Sandra Prinsloo oor Festival voor het Afrikaans 2018

Naomi Meyer, Sandra Prinsloo Feeste 2018-09-12

"Die klem val vir my altyd tog op kuns; taal is die rivier wat die storie ondersteun en belig."

Henk Serfontein se nuwe solo-uitstalling, Handskrif: 'n onderhoud

Marchelle van Zyl Kuns 2018-09-12

"Henk Serfontein se nuwe solo-uitstalling, Handskrif, open die naweek by die Breytenbach Galery in Wellington tydens die Tuin van Digters-fees. In Handskrif bou Serfontein voort op die samewerking met Afrikaanse digters wat in sy bekroonde uitstalling Winterslaap begin is."

PEN Afrikaans Nuusbrief: September 2018

PEN Afrikaans PEN Afrikaans 2018-09-12

Oor: vryheid van uitdrukking; die ATKV-Woordveertjies; Tuin van Digters 2018; oop uitnodiging na PEN Afrikaans se AJV by Aardklop; ledegeld; Wat elke skrywer moet weet oor eienaarskap van outeursreg in opdragwerke; ’n oorsig van Afrikaanse resensies en boekbesprekings in Augustus; nuwe Afrikaanse boeke in September.

US-taalbeleid: "Oor hierdie saak moet ons met mekaar reguit praat"

Jan Heunis Universiteitseminaar | University Seminar 2018-09-12

"Die vraag is dus nie soseer of Gelyke Kanse die saak sal wen of nie. Die vraag is of die breë Afrikaanssprekende gemeenskap kan bekostig om die saak nie te voer nie."

Aardklop 2018: Teksontwikkelingbeurs toegeken aan jong dramaturg

LitNet Aardklop 2018-09-12

"Dit is dus vir Aardklop en Atterbury Trust ’n voorreg om aan Kanya Viljoen die geleentheid te bied om haar teks volledig te ontwikkel, deur middel van ’n teksbeurs."

Ter wille van die vaders deur Marzanne Leroux-Van der Boon: ’n boekresensie

Helene de Kock Resensies 2018-09-12

"Enige leser wat oor die volwassenheid beskik om ander religieuse standpunte te akkommodeer en te probeer begryp, sal hierdie goedgeskrewe roman geniet."

Studying while black. Race, education and emancipation in South African universities

Dewald Koen Resensies 2018-09-11

"Akademici is te bang om openlik kritiek uit te spreek. Almal skuil onder die radar en hoop maar dat die semester sonder enige voorvalle sal verloop. Die feit is dat Suid-Afrikaanse universiteite op ’n spreekwoordelike tydbom sit."

Frazer Barry oor Festival voor het Afrikaans 2018

Naomi Meyer, Frazer Barry Feeste 2018-09-11

"Afrikaanse, Afrika-, Nederlandse en Vlaamse kunstenaars het groot komponente van hul tale as ’n gemene faktor. Interpretasie en aanbieding is ’n gebied waarop ons baie by mekaar kan leer. Dit is nie lekker om in isolasie te kuns nie. Mens sou graag wou glo dat ’n mens uniek is, maar die realiteit is dat al ons idees en dinge wat ons bereik, geïnspireer is deur iemand of iets anders. Ons staan op berge van informasie en ons is ewige sponse."

Wat elke skrywer moet weet: Eienaarskap van outeursreg in opdragwerke, met spesifieke verwysing na letterkundige werke

Sadulla Karijker PEN Afrikaans 2018-09-11

"Dit is belangrik om daarop te let dat outeurskap (naamlik wie die outeur van ’n outeursregwerk is) en eienaarskap (naamlik wie die outeursreg besit) afsonderlike konsepte in die outeursreg is. Hoewel dit moontlik is vir die outeur van ’n outeursregwerk om ook die outeursregeienaar te wees, is dit nie noodwendig die geval nie."

Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Augustus 2018

PEN Afrikaans PEN Afrikaans 2018-09-11

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Augustus 2018 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Thomas Mofolo se Chaka: die nuwe Afrikaanse vertaling deur Chris Swanepoel, ’n resensie

Barend van der Merwe Resensies 2018-09-11

"Chaka word as een van die belangrikste boeke van sy tyd beskou. Dit is ‘n boeiende verhaal wat verdien om herlees te word en die nuwe Afrikaanse vertaling daarvan sal hopelik hierdie belangrike boek aan ‘n nuwe geslag lesers blootstel."

Stof deur Alettie van den Heever: ’n onderhoud

Naomi Meyer, Alettie van den Heever Skrywersonderhoude 2018-09-11

"Ek weet nie wat ons is nie. Ek is in sekere opsigte grootgemaak om saam met die digtergees te dink dat hierdie wêreld nie ons woning is nie, en al voel ek nog soms so, dink ek nou anders. Baie van die ekologiese ghoeroes wil dit hê dat ons ’n virus is. Ek is nie so seker nie. Hierdie wêreld is ons enigste woning."

Photography in Fees van die ongenooides by P.G. du Plessis

Johan Anker Academic research 2018-09-10

"One of the similarities between the author/narrator and the photographer is their freedom to choose what must be photographed and told, what context or caption to give. Their choice have an important influence on how much information a reader receives in order to make an interpretation, thereby becoming a co-interpreter of meaning in the photograph."

Top