Wen!
Stuur jou woord voor middernag op 10 Desember 2018 aan litnetwoord2018@litnet.co.za.
Ingrid Glorie se Afrikaanse woord van die jaar is “reshuffle-tjie”:
“Hierdie woord in ’n Daily Maverick-artikel oor die kabinetskommeling van 22 November het my hardop laat lag. Dit simboliseer vir my die uiters belangrike rol wat joernaliste van Daily Maverick– saam met kollegas van ander media – die afgelope jare gespeel het om onreg aan die kaak te stel en die onderste steen bo te kry. En die mense agter Daily Maverick is nie net dapper en volhardend nie. Hulle is party keer ook skreeusnaaks!”
Wat is jou #litnetwoord2018? Neem hier aan die kompetisie deel.
- Lees hier inskrywings I, inskrywings II en inskrywings III.


