Wen!
Stuur jou woord voor middernag op 10 Desember 2018 aan litnetwoord2018@litnet.co.za.
Jeremy Vearey se Afrikaanse woord van die jaar is “voorskootkristen”, in teenstelling met “borslapkristen”:
“Hierdie is twee woorde wat my baie gelowige ouma Jakoba Galant altyd gebruik het om te onderskei tussen kristene in haar kerk. ‘Voorskootkristen’ – iemand soos sy wat altyd onvoorwaardelik die Here en die bediening dien. Dit in teenstelling met ’n ‘borslapkristen’, wat net kerkloop om bedien te word en altyd net bid vir die Here om te gee sonder om self te gee of te bedien.”
Wat is jou #litnetwoord2018? Neem hier aan die kompetisie deel.
- Lees hier inskrywings I, inskrywings II en inskrywings III.


