
LitNet vra: Wat is die Afrikaanse woord van 2018?
Wat is 2018 se Afrikaanse woorde wat ontstel, prikkel of die heersende gesprek saamvat?
- Lees hier die eerste inskrywings en inskrywings van bekendes: Mercy Kannemeyer, Toast Coetzer, Jeremy Veary, Ingrid Glorie, Joan Hambidge, Ena Jansen, Alfred Schaffer, Marita van der Vyver, Heindrich Wyngaard, Bettina Wyngaard, Riku Lätti, Ernst Kotzé, Maya Fowler, Rudie van Rensburg, Diana Ferrus, Martie Retief-Meiring en die redaksie van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.
Hier onder is nog van ons lesers se inskrywings.
- Indien die woord van die jaar deur meer as een persoon ingeskryf is, sal die wenner deur middel van ’n gelukstrekking bepaal word.
- Slegs een inskrywing per persoon.
- Slegs inskrywings wat per e-pos ontvang word, sal in aanmerking kom.
- Inskrywings in kommentare op die sosiale media en LitNet sal nie oorweeg word nie.
Jaco Barnard-Naudé ‒ grondgryp
Die kwessie is so omstrede en die woord se twee g’s en die plof van die p aan die einde suggereer iets van daardie omstredenheid aan alle kante van die politieke spektrum. Die g klink natuurlik ook soos iets wat vassit in die keel en ek dink daar sit in ons land nog soveel vas in die kollektiewe keel oor grond dat ons nog baie lank daaroor sal moet praat.
Deon Swanepoel ‒ staatskaping
Henk Hagen ‒ droogte
Fanie Viljoen ‒ Twitterbot
Leonie Geldenhuys ‒ hipnopompie
Nelis Brink ‒ bloedgrond
Dewald Koen ‒ Ramaforie
Magriet Rossouw ‒ grond
Jan Pieterse ‒ gons
Al die belangrikste gebeure gons op multimedia.
Elza Lorenz ‒ gatvol
Ferdinand Veer ‒ volstruispolitiek = polities korrek
Wanneer dit in gevaar is, druk ’n volstruis soms sy kop in ’n gat en maak of dinge om hom nie bestaan nie. Deur polities korrek te wees doen ons dieselfde – ons kyk weg en maak of dit wat om ons aangaan of ons ontstel, nie bestaan nie. Dit kan ook beskryf word as ontvlugting uit die realiteit.
Retha Fick ‒ poloniepes (Listeriose)
Corné Kruger ‒ gegupta: gekaap deur ongewenste persone vir eie gewin
Soos in: Gigaba was gegupta.
Chantè Nel ‒ grondhervorming
Lauwrinda Hartley ‒ rampokker. Dit is ’n Afrikaanse woord wat ek nooit kan vergeet nie.
Danie van Wyk ‒ kantelpunt
Ek dink ons het die kantelpunt bereik in terme van Afrikaans as tersiêre taal. Ons ekonomie draai op ’n kantelpunt. Misdaadvlakke, morele agteruitgang en die krisis in die onderwys is almal op ’n kantelpunt.
Corné Coetzee ‒ rassisme
René Bohnen ‒ gryp
Van grond, tot vroue, tot mag en maatskappye, lewens en ook tweede kanse en geleenthede.

