Nog inskrywings: LitNet se Afrikaanse woord van die jaar 2018 (II)

  • 2

LitNet vra: Wat is die Afrikaanse woord van 2018

Wat is 2018 se Afrikaanse woorde wat ontstel, prikkel of die heersende gesprek saamvat?

Hier onder is nog van ons lesers se inskrywings. 

  • Indien die woord van die jaar deur meer as een persoon ingeskryf is, sal die wenner deur middel van ’n gelukstrekking bepaal word.
  • Slegs een inskrywing per persoon.
  • Slegs inskrywings wat per e-pos ontvang word, sal in aanmerking kom.
  • Inskrywings in kommentare op die sosiale media en LitNet sal nie oorweeg word nie.

 

Koos Holtzhausen ‒ grondbesetting

Maryke Ciorovich ‒ listeriose

Suna Ester Snyman ‒ steelseks (Die woord – en daad – “stealthing” word nou onder almal se aandag gebring deur die media en die volk word ook bereik deur die steelseks wat in 7de Laan ter sprake is.)

Susanne Pike ‒ petrolpryspenarie

Martie Muntingh ‒ kuratele

Pieter Bosman ‒ seksvideo

Gustaf Pienaar ‒ Ramaphorie

Dalene van den Berg ‒ aardverwarming

Maggie Archer ‒ skommelinge

Marinda van der Merwe ‒ annus horribilis

Tessa Kruger ‒ korrupsie

Annabe Tredoux ‒ grondgryp

Anda Etsebeth – moord (Dit behoort om die volgende redes die woord van die jaar te wees:  

  • Suid-Afrikaners se vervalle morele gewete is in 2018 aktueel weens die weerloosheidsuitbuiting van byvoorbeeld ons boere, vroue en kinders – verskeie  gevalle van geweld is vanjaar aangeteken. 
  • “Dood” is ook van toepassing op ons ekonomie en die stand van ons staatsinstansies wat “vermoor” word (bankrot gelaat word) weens korrupsie, wanbestuur en/of die selfverryking van individue in magsposisies. 
  • Soortgelyk word die diere in ons wildtuine en die visse in ons oseane weens die mens se hebsug “uitgemoor” (uitgevang / van kant gemaak / gestroop; hulle sterf uit). 
  • Volksmoordaanslagte.

Erica le Roux ‒ verarming

Henning van Aswegen ‒ Frengels (’n Mengelmoes van Afrikaans en Engels. Motivering: Ek het ’n kleintjie dood aan die verskynsel van ’n mengelmoes Afrikaans en Engels, dikwels in een sin of een begripsomskrywing. Frengels dui regtig vir my op kultuurluiheid, ’n ongeërgde omgang met ons kosbare taal. Die gevolg of uitwerking van Frengels is ’n geradbraakte Afrikaans – maak my warm onder die kraag as ek mense só hoor praat, ook op radio of televisie.)

Elsa van Rooyen ‒ dagga 

Sonette le Roux ‒ grondonteiening

Janine Davis ‒ onteiening

Alyssa Eksteen ‒ grondonteiening

Herman Botha ‒ gryswater

Johan Botha ‒ korrupsie

Caro van Aardt ‒ witmonopoliekapitaal

Philip Zietsman ‒ klimaatsverandering

Monica Trickett ‒ enkelgebruik

Simon Hill ‒ Dag Zero

Janet Pillay ‒ edelagbare

  • 2

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top