
LitNet vra: Wat is die Afrikaanse woord van 2018?
Wat is 2018 se Afrikaanse woorde wat ontstel, prikkel of die heersende gesprek saamvat?
Hier onder is sommige van ons lesers se eerste inskrywings.
Lees hier Inskrywings II en inskrywings van bekendes: Mercy Kannemeyer, Toast Coetzer, Jeremy Veary, Ingrid Glorie, Joan Hambidge, Ena Jansen, Alfred Schaffer, Marita van der Vyver, Heindrich Wyngaard, Bettina Wyngaard, Riku Lätti, Ernst Kotzé, Maya Fowler, Rudie van Rensburg, Diana Ferrus, Martie Retief-Meiring en die redaksie van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.
- Indien die woord van die jaar deur meer as een persoon ingeskryf is, sal die wenner deur middel van ’n gelukstrekking bepaal word.
- Slegs een inskrywing per persoon.
- Slegs inskrywings wat per e-pos ontvang word, sal in aanmerking kom.
- Inskrywings in kommentare op die sosiale media en LitNet sal nie oorweeg word nie.
Zandra Bezuidenhout ‒ predikanteboelies
Wilma Maia ‒ korrupsie
Willem de Lange ‒ kolonialisme
Sandra Norval ‒ grondgrype
Rinda Koster ‒ landgryping (Ek weet die fensie woord is “grondonteiening”, maar om die land te gryp is tog baie meer beskrywend en in die kol.)
Pieter Pienaar ‒ transitorower
Leen du Plessis ‒ beeldskoon
Nicole Basson ‒ polonie
Magdel Coetzee ‒ grondhervorming (Hierdie woord het in 2018 vir 'n groot bohaai gesorg.)
Manda Kruger ‒ ekonomie
Milda Oosthuizen ‒ korrupsie
Michelle Thiart ‒ grondonteiening
Marinda van der Merwe ‒ korrupsie
Mariëtte Nicholson ‒ grondhervorming (Ek glo nie daar is één braaivleisvuur wat geknetter het sonder dat "grondhervorming" driftig bespreek is nie. En wat sou enige nuusberig gedurende 2018 gewees het sonder dat die woord "grondhervorming" nie verskeie kere genoem is nie?! "Grondhervorming" ... dit het die meeste oningeligtes geprikkel, die meerderheid ontstel en beslis alle heersende landbou-, politieke en huishoudelike gesprekke saamgevat.)
Herman Archer ‒ petrolpryse
Laurette Fick ‒ grondonteiening
Koos Jacobs ‒ staatskaping
Juvan Veldsman ‒ nonsens
Jeanne Henning Els ‒ grondhervorming
Jacolien Odendaal ‒ grondonteiening
Fransie Coetzee ‒ “useless” (Die afgelope jaar het ek gereeld dié een woord oral oor gehoor, vanaf die publiek, TV, werkplek, met ons politieke gebeure, diensverskaffers, instansies – tot in ons huise gebruik die meeste graag hierdie woord.)
Mana Wessels ‒ bendegeweld
Gustaf Claassens ‒ grondonteiening
Chanette Paul ‒ grondgryp
Ceejee Pretorius ‒ hervorming
Ernest Bissett ‒ grondonteiening
Dawie Keyser ‒ kantelpunt
Sunita Keyser ‒ plunderput
Marié Smit ‒ grondonteiening
Bertus Muller ‒ trogvreters
Barend van der Merwe ‒ grondonteiening
Babsie Jacobs ‒ korrupsie
Annette du Plessis ‒ onteiening
Amanda Schmidt ‒ grondhervorming
Alida van den Berg ‒ grondonteiening (sonder vergoeding)
Anine Bonthuys ‒ plaasmoorde
Deon Tredoux ‒ grondgryp
Emil van Eeden ‒ Dag Zero
Desire Lombard ‒ rommelstatus
Denise McLoughlin ‒ grondonteiening
Elcke du Plessis ‒ grondonteiening
Marié Smit ‒ grondonteiening
Abraham de Vries ‒ onteien
Elsabe Franken ‒ vergrype (Die oomblik wat ek ‘n koerant oopmaak, is dit die gevoel wat ek ervaar … net vergrype … oral waar jy kyk – op alle vlakke van die samelewing! Belastingbetalers se geld wat gesteel word vanuit regeringsposisies; minderbevoorregtes se kanse op uitwissing van armoede wat deur diefstal uitgeskakel word; moorde wat gepleeg word vir ‘n selfoon; kinders wat deur grootmense misbruik word; vrouens wat vermoor en mishandel word; drankmisbruik; dwelmmisbruik; uitwissing van diere vir geld; die lys is eindeloos ...


Kommentaar
geweldmisdaad
liegnuus
Ramaphorie