Jeremy Vearey

Jeremy Vearey het grootgeword in Elsiesrivier. Hy was lid van MK en was vir jare ’n gevangene op Robbeneiland. Vearey se biografie Jeremy vannie Elsies het in 2018 by Tafelberg verskyn. Hy het as ’n generaal-majoor en hoof van die Wes-Kaapse speurdiens uit die polisie getree.

Foto: Barry Lamprecht, Prince Albert Leesfees 2018

Wyngaard Weekliks: Malema, Phala Phala en Masemola: Is alle hoë koppe gelyk voor die reg?

Heindrich Wyngaard, Willie Spies, Pauli van Wyk, Jeremy Vearey Onderhoude 2026-04-23

Die vonnisoplegging van die EFF-leier, Julius Malema, ná sy skuldigbevinding aan onder meer die onwettige besit van ’n vuurwapen en die afvuur van ’n vuurwapen in die openbaar is onder die onderwerpe wat deur Heindrich Wyngaard en sy drie gaste onder die loep geneem word. Hulle is die joernalis Pauli van Wyk, die prokureur Willie Spies en die afgetrede senior polisielid Jeremy Vearey.

kykNET-Rapport-prys vir niefiksie 2023: Die Kaapse slawe (1652–1838) deur Eunice Visser

Jeremy Vearey Boeke en skrywers 2023-09-23

"Tamaai – dis die enigste gepaste Kaapse slawewoord wat reg laat geskied aan die bronnestudie waarop hierdie boek berus. Dit geld die omvang soveel as die diepgang daarvan."

Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Jeremy Vearey

Freek Robinson, Jeremy Vearey Onderhoude 2021-08-11

Jeremy Vearey se polisiememoir, Into dark water (Tafelberg), het pas verskyn. Hy vertel vir Freek Robinson oor sy eerste, toevallige ontmoeting met oudpresident Mandela op Robbeneiland; ’n lewensles tydens ’n Bahamas-vakansie; die hedendaagse stand van intelligensiepraktyk in Suid-Afrika; en sy moedertaal, Kaaps.

Video: "Die toekoms van Kaaps"-webinaar

LitNet, Conrad Steenkamp, Heindrich Wyngaard, Jeremy Vearey, Frank Hendricks, Charlyn Dyers, Gerda Odendaal, Monn-lee Geduld LitNetKanaal op YouTube 2020-06-23

"Die toekoms van Kaaps"-webinaar van die Afrikaanse Taalraad, aangebied in samewerking met die Afrikaanse Taalmuseum en -monument en LitNet, het op Jeugdag, 16 Junie 2020, plaasgevind. Lees ook bydraes oor Kaaps deur die jare uit die LitNet-argief.

Kaantie wies NP Van Wyk Louw?

Jeremy Vearey Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2020-06-19

"Nogallie; in Boeta NP se gedagtes herrit gegegat oo sy Afrikaans tien Ingels. Om wee daai wood van hom te lien, op dié punt was hy nog te kleinburgerlik oo Afrikaans soes net hy en Afrikaners dit ken, sy kultuur, sy volk en sy nasie. Regte woore en gedagtes, maa nie vi ammel van sy tyd ie."

US-konvokasie 2018: Kom pad toe

Jeremy Vearey Universiteitseminaar | University Seminar 2018-11-13

"Inderdaad, wat ’n bietere toekoms vir Afrikaans in al sy variëteite en meertaligheid betref, much more is at stake out there than in here, my taalgazi’s. Soes ôs soms oppie vlaktes sê as ôs jou uitdaag: 'Kom pad toe.'" Jeremy Vearey was vanjaar die gasspreker by die Universiteit Stellenbosch se konvokasievergadering.

Top