Tom Lanoye se drama Koningin Lear word volgende jaar by die 25ste KKNK vertoon. Dit is vir die fees in Afrikaans vertaal.
Anders as Shakespeare se King Lear is Koningin Lear ’n hedendaagse tragedie. Elisabeth Lear het die familiebedryf wat sy geerf het in haar leeftyd uitgebrei tot ’n multinasionale onderneming. Op die vooraand van ’n wêreldwye bankkrisis besluit sy onverwags om die besigheid onder haar drie seuns te verdeel in ruil vir ’n eed van liefde en dankbaarheid.
Tom Lanoye en Antoinette Kellerman het by die feesbekendstelling uit die Vlaamse en Afrikaanse tekste voorgelees.

