Pasgelaai

SA voer uit

Hans Richardt SêNet-briewe 2019-07-26

As ons nie fabrieke het om produkte vanaf uit te voer nie, dan sportmanne?

Belge, boeke, Bloemfontein en Nederlandse vrae oor feite

Izak de Vries NeerlandiNet 2019-07-25

"Geraldine Reymenants, die algemene verteenwoordiger van die Vlaamse regering in Suid-Afrika, was in gesprek met die Nederlandse skrywer Wytske Versteeg. Hulle is bygestaan deur Corneli van den Berg, die literatuurfeeskoördineerder vir die Vrystaat Kunstefees. Versteeg is ’n politoloog, maar ook ’n skrywer. Die gesprek oor haar navorsing was net so fassinerend as die gesprek oor haar fiksie."

Christo Wiese: risiko en rykdom deur TJ Strydom: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2019-07-25

"’n Mens sal kan argumenteer dat Christo Wiese: risiko en rykdom ’n boek is wat in sy doel slaag – en as die onderwerp jou prikkel, is dit die lees werd."

Vrouedag-skryfkompetisie: ’n Vrou wat ek onthou

LitNet Skryfkompetisies 2019-07-25

Skryfkompetisie! Op 9 Augustus vier ons Vrouedag en LitNet nooi jou uit om deel te neem deur jou skryftalent in te span. Is daar ’n vrou in jou persoonlike lewe of in die geskiedenis wat jou inspireer? Stuur vir ons ’n gedig of vonkfiksie oor die tema "’n Vrou wat ek onthou" en jy kan R2 000 kontant en ’n geskenkpakkie van ses boeke wen.

Kompetisie: Suid-Afrikaanse winterfoto's

LitNet Visueel 2019-07-25

Wil jy jou winterfoto's met LitNet deel? Die kompetisie open op 26 Julie en eindig om middernag op 20 Augustus. Jy kan 'n boekpakkie en R1000 wen!

Invitation: ASSITEJ South Africa presents Cradle of Creativity

LitNet Teater 2019-07-25

Cradle of Creativity takes place from 20 to 25 August and features a feast of theatre for young audiences. 

Uitnodiging na Karaktermoord -boekbekendstelling

LitNet Boeke en skrywers 2019-07-25

Carina Diedericks-Hugo sal by hierdie geleentheid met Lise Swart in gesprek tree. 

Persverklaring: Saterdag 27 Julie 2019 van 9.00 tot 13.00 by SASNEV

LitNet NeerlandiNet 2019-07-25

Kom kuier saam! Op Saterdag 27 Julie 2019 vind daar ’n paar spesiale gebeure plaas by SASNEV in Pinelands. Almal is welkom om die bekendstelling van Die vrede kom later deur Diana Ferrus by te woon. Ook: “Stichting Trias Neerlandica” gaan as stigterslid amptelik aankondig dat ’n beurs gestig is vir Suid-Afrikaanse leerders van Hoërskool Groenberg (Grabouw) om in 2020 na Nederland te reis om hul taal en kultuurhorisonne te verbreed. 

Army versus gangstes: Round one, fight!

Olivia M Coetzee Rubrieke 2019-07-25

"Die kinnes wat vi hulle soe stêk hou met guns in hulle hanne in, is kinnes wat liefde en bystand nodig het, en daai kamp, maak nou nie saak of dit 26-, 27-, of 28-kamp issie, gie vi hulle daai liefde en omgie wat hulle soek."

Die kragtige oplewing van populistiese mobilisering in die eietydse internasionale stelsel – Deel 2: Oorsake en gevolge

Chris Nelson LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2019-07-25

"Die getal politieke leiers wat deur die toepassing van hierdie besondere strategie tot regeerposisies regoor die wêreld verkies is, het tussen 1990 en 2018 vyfvoudig toegeneem, van vier tot 20."

Die kragtige oplewing van populistiese mobilisering in die eietydse internasionale stelsel – Deel 1: Literatuuroorsig, teoretiese benadering en voorkoms

Chris Nelson LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2019-07-24

"Anders as sy voorganger se sosialistiese en anti-elitistiese retoriek (die plasing van blaam op witmonopoliekapitaal vir die werkloosheid, armoede en ongelykheid in die samelewing en die regstelling daarvan deur “radikale ekonomiese transformasie”) het Ramaphosa, soos president Bolsonaro van Brasilië, ’n nuwe liberale koers ingeslaan en sy retoriek daarby aangepas."

FMR-resensie: Donker bloeisel deur Jacques le Roux

Danie Botha Resensies 2019-07-24

"Donker bloeisel deur Jacques le Roux is ’n toeganklike roman oor ’n bekende gedeelte van ons land se geskiedenis. Maar dit is ongelukkig nie tipografies en redigeringsgewys goed genoeg versorg nie."

VroegGham

Riyaadh Lawrence Poësie 2019-07-24

"lat hierie dae veilig wôd:
kanala maak net als reg wat vikeed is"

Death, the dressmaker 

Babatunde Fagbayibo New writing 2019-07-24

"All we want deep down is that
perfect dressmaker who
knows when the time is nigh"

My Trein-ouma

Emile Butler-O'Brien Fiksie 2019-07-24

"Ouma se stories. Die soort stories wat jy nooit in enige boek in die wêreld sal kry nie. Familiestories deur die jare oorvertel. Generasie tot generasie. Die stories is nou vaal in my gedagtes. Vaal soos die winterreën buite wat strepe teen die treinvenster trek."

Wiskunde met LitNet: graad 9 – faktorisering

Lee-Ann Langeveld Skole 2019-07-24

In hierdie week se video behandel Lee-Ann West faktorisering vir graad nege-leerders.

Op soek na Jacobus Verster: ’n onderhoud met François Verster

Naomi Meyer, Remona Voges, François Verster Skrywersonderhoude 2019-07-24

"Ek weet nie of dit nou belangriker is as tevore nie, maar ek dink wel baie Suid-Afrikaners dink nou meer oor hulle plek in die land. ... Verder migreer ons wat duisende jare gelede hiervandaan na Europa getrek het, en toe weer hier kom woon het, nou weer na ander geografiese en kulturele gebiede. Ons geskiedenis is dus deel van die globale migrasiegeskiedenis van homo sapiens."

Hoekom sukkel liberal whiteys so om rassisme te veroordeel?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2019-07-23

"En dis wat wit liberale wat stilbly, so giftig maak."

Kinky Boots: die meeste pret wat jy vanjaar gaan hê – met jou "boots" aan, natuurlik!

Maryke Roberts Teater 2019-07-23

"Op die ou end besef Lola en Charlie hoeveel hulle eintlik in gemeen het en dat wanneer jy jou houding jeens iemand verander, jy die hele wêreld kan verander."

Bettina Wyngaard oor die Elgin-Grabouw Krimifees | Elgin Grabouw CrimeFest

Naomi Meyer, Bettina Wyngaard Skrywersonderhoude 2019-07-23

"Vir hierdie eerste fees het ons woordsmede wat in die Wes-Kaap woon, genooi om deel te neem. Dis 'n lekker wye verskeidenheid van interessante mense: Deon Meyer, Rudie van Rensburg, Karin Brynard, Chanette Paul, Irna van Zyl, Julian Jansen, Sally Andrew, Joanne Hichens, Michéle Rowe en veel meer."

Top