NALN-boekbekendstelling: Afrikaans bars behoorlik uit sy nate

  • 0
Verskeie boekbekendstellings word binnekort by NALN* aangebied
(Bywoning is gratis.)

Tronkhond (Protea Boekhuis) deur China Mouton op Donderdag, 3 Oktober 2019, om 18:30 by NALN. Theuns du Buisson gesels met China. RSVP by lochlogan@exclusivebooks.co.za òf 051-406 7560.

Sushi en Shosholoza: Rugbyreise en pelgrimstogte in Japan (NB-Uitgewers) deur Erns Grundling, op Woensdag, 23 Oktober 2019, om 18:00 by NALN. RSVP by lochlogan@exclusivebooks.co.za òf 051-406 7560.

Nuusmakers: Stories oor mense, nuus en gebeure oor 30 jaar deur Charles Smith, op Donderdag, 21 November 2019, om 18:00 by NALN. RSVP by Aiden.Meyer@media24.com òf 051 404 7875.

*Die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum is geleëop die h/v Pres. Brand- en Miriam Makebastraat, Bloemfontein.  

Kontak NALN: tel. 051-405 4711 òf naln@sacr.fs.gov.za of besoek hul Facebook-blad

..........

Besoek gerus die Vriende van NALN-vereniging se Boekemark in die pragtige Ketelkelder op Maandagoggende of per afspraak. 

Nooi asseblief u vriende om aan te sluit by die Vriende van NALN-vereniging vir 2019 en lewer ’n aktiewe bydrae as gewone lid, student of instansie, of hernu gerus u lidmaatskap. 

Die lidmaatskapvorm en grondwet is beskikbaar by NALN se webwerf: www.fssacr.gov.za/naln (punt 10), of stuur ’n boodskap aan vriendevannaln@gmail.com en ontvang dié twee dokumente.

Skakel gerus in by die Vriende van NALN se facebookblad:  https://www.facebook.com/vriendevannaln?fref=ts

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top