Die effek van politieke korrektheid op tradisionele humor?

  • 7

Selfs ou bekendes soos Monty Python en Mr Bean is nie polities-korrek nie. 

Ongeag mense wat my van samesweringsteorieë beskuldig, het wit monopolie geld van bv George Soros se Open Society Foundation in selfs SA, ’n doodsgreep op alles wat tradisionele deel van die samelewing was.
 
Hans Richardt 
  • 7

Kommentaar

  • Die instelling/afdwing van politieke korrektheid het volgens my 'n groter impak op die menslike ras as wat verwag is. Gelukkig steur ek my nou nie juis daaraan nie. Al wat ek nou geleer het is om my woorde so te verdraai en kies dat ek daarmee wegkom om iemand in sy moer in te stuur en hy/sy uitsien na die reis.

  • Avatar
    Hans Richardt

    Litnet het nie Soros en Ramaphosa se foto in New York gepubliseer saam met my brief nie. Ek dink nie daar is enige probleem om dit te Google nie.

  • Avatar
    Hans Richardt

    Reusedwerg, die SWAPO lede wat na onafhanklikheid in Namibië geïntegreer was in NAMPOL, het dikwels hul kampkoerante gewys, waarin vals berigte van "massa verkragtings" van PB swart vroue deur wit troepe, "gedokumenteer" was. Met vuurplan wat vanaf 18h00 geskiet was elke dag rondom basisse en hekke wat gesluit was vanaf 18h00 tot 06h00, wonder ek wanneer die beweerde "verkragtings" moes gebeur? Daar was met 40mm en 20mm kanonne op alles wat beweeg het en deur nagsig gesien was, geskiet. Verder sou sulke wit troepe ook maklike teikens wees met broeke op knieë.
    Vals nuus is blatante propaganda en is duidelik ook SABC se mandaat.. Of om feite te verdraai...
    Politieke korrektheid was oa deur Bell-Pottinger bevorder met swart vs wit stryd in nuus deurentyd. Open Society Foundation van Soros in SA dryf soortgelyke agenda teen wit Afrikaners, want daar is net geforseerde etniese almalgamasie wat vir beide agendas die uitkoms moet wees. Die probleem met dit, is dat minderheidsgroepe se individuele en kollektiewe regte ontneem word deur hierdie Nie-regerings organisasies se agendas.
    Ek jaag nie spoke op met voorstedelike legendes nie, doen self ondersoek.

  • Avatar
    Hans Richardt

    Reusedwerg, jy mos die AA, nie die een vir karre nie.
    Daar bestaan nie PKA nie, vir politieke korrektes om by te bieg nie...

  • Hans jy probeer nou vir die bekeerde te preek. Ek is beslis baie bewus van die stront wat tans aan die gang is. Jy durf nie die waarheid te praat nie, jy word stil gemaak en verkleineer en as ou skool gebrandmerk. Ek sit net rustig en lag in my mou. Onkunde is erg, maar domastrandheid is erger. Blindesambok gaan jou op 'n dag kom piets. Wat dan?

  • Avatar
    Hans Richardt

    Reusedwerg, ten minste verwoord ek my gevoel. Blinde sambok, ander storie. Leon Wessels het op 'n kol gesê daar word teen wittes gediskrimineer, in 2019. Net laasjaar het hy, Leon Wessels, gesang gesing van versoening op Radio Sonder Mense?
    Feit is, selfbeskikking was na ABO ook wat Afrikaans lewend gehou het, met kerkskole. Wit boere se skenkings het oa Stellenbosch en PU vir CHO gevestig, nie Britse koloniale geld nie. Ons loop nou meer net weer ou bekende weë oor.
    Die "blinde sambok" is nou die staatsonderwysstel wat begin ineenstort. Sou swart BBBEE voordeeltrekkers ook hul geld skenk om hul eie mense op te hef, hoef Lesufi en Blade nie so te tier oor Afrikaners selfbeskikking nie.

  • Avatar
    Hans Richardt

    Die invloed van politieke korrektheid op Tradisionele humor, het nuwe humor tot gevolg, met stywe wange glimlag. Jy kan nie meer hartlik diep uit jou maag met oorgawe lag nie.
    Charles, ek weet nie hoe jy lag nie, maar ek hou van oortuigend lag.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top