Pasgelaai
Persverklaring: Waar lig, kuns word
2026-02-26Spier Light Art keer vir die agtste keer terug en omskep die historiese Stellenbosse wynplaas in ’n nagtelike landskap van kontemporêre kuns. Soos die nag daal, gloei, glinster en verskuif kunswerke oor die terrein en nooi besoekers uit om lig as beide medium én betekenis te ervaar.
Haram deur Zubayr Charles: ’n resensie
2026-02-26"Haram is ’n belangrike roman wat ’n waardevolle bydrae tot queerliteratuur in die Suid-Afrikaanse konteks lewer."
Aan Anderson Cooper: Ons sal lewe, ons sal sterwe
2026-02-26"Die media en die regering sit en kyk met hul verkykers. Maar God is die een wat laaste lag."
New from Jonathan Ball: Pillow talk by Nivashni Nair Sukdhev
2026-02-26Pillow talk is the first of a series set in the fictional town of Rally in KwaZulu-Natal from the new queen of South African romance.
Nuut by Human & Rousseau: Die ooggetuie deur Wilna Roux
2026-02-26Julia is die kamerprokureur in Izak Marais se regspraktyk op Worcester. Wanneer hy die oggend voor ’n groot hofsaak ineenstort, moet Julia dringend sake beredder – ten spyte van die feit dat sy gesweer het sy sit haar voete nooit weer in ’n landdroshof nie.
Nuut by Human & Rousseau: Die avonture van Helga Roets deur Riaan Grobler
2026-02-26Helga Roets woon al ses jaar by Silwerhare Aftreeoord, maar danksy haar motortjie bly sy bedrywig. Wanneer sy deur die oogarts met makulêre degenerasie gediagnoseer word, is Helga raadop. Dis dan so ’n bedrywige week wat voorlê, twee begrafnisse en ’n troue in die Paarl!
Nuut by Naledi: Doller as kopaf deur William Oosthuizen
2026-02-26Doller as kopaf bied ’n knipoog-kykie na die doen en late van ’n groep afgetredenes in ’n luukse, maar uiters saai, aftreeoord.
KI laat die skeidslyn tussen taal en wiskunde vervaag
2026-02-26"Die debat tussen voorstanders en kritici van KI sal waarskynlik nog lank voortduur, maar een ding is reeds duidelik: Die grens tussen taal en wiskunde is nie meer ondeurdringbaar nie. Uit die skynbaar betekenislose opeenvolging van 0’e en 1’e ontstaan sinne, verhale en denke. Die masjien wat gebou is om te tel, het begin praat. En in daardie stem hoor ons nie net die krag van berekening nie, maar ook iets van onsself."
Fresh off the press: The wildest beauty by Michiel Heyns
2026-02-26In the midst of the greatest conflict in history, facing the wild beauty of "the abyss of unmeaning", Danny discovers the power of love, between friends, family and even foes.
Persverklaring: kykNET Fiëstas-toekennings – hier is die benoemdes
2026-02-26Met ’n nuwe tuiste by Tribuo, maar nog steeds met kykNET as naamborg, is twee dinge duidelik. Eerstens is die kykNET Fiësta-toekennings hier om te bly. Tweedens het die afgelope feesjaar weer bewys dat die werk wat in Suid-Afrika geskep word, tuis op enige wêreldverhoog sal wees.
VVA-Leeskonferensie 2026: "Die wysie van die taal"
2026-02-26"'Want ’n kind wat lees, is ’n bevoorregte kind,' verkondig die digter, Antjie Krog, wyd en syd. Dit was die boodskap op die onlangse VVA-Leeskonferensie wat verlede Donderdag tydens die Adam Small-fees by die PC Peterson Primêr in Kylemore vir onderwysers en opvoeders van veral die voorskoolse kind aangebied is." Lees Marzahn Botha se berig oor die opwindende konferensie en kyk ook foto’s van die geleentheid.
Op pad na ’n klooster in die sneeu deur Johannes de Villiers: ’n lesersindruk
2026-02-26"Hierdie roman is ’n ernstige en introspektiewe pelgrimstog, met ’n weemoedige gevoel."
Die grafdigter deur Gerda Taljaard: ’n resensie
2026-02-26"Die grafdigter is ’n vaardig gestruktureerde roman met relevante temas, maar die verhouding tussen die storiewêreld en die insigte wat die roman bied, is ongemaklik."
The translation and interpretation of συμμαρτυρέω in Romans 8:16 – in conversation with the Bible Society of South Africa’s 2020 Afrikaans translation
2026-02-26"This article therefore wants to explore the logic behind the 2020 At of Romans 8:16. Why did it find it necessary to change the previous translations’ 'saam met' ('with') to 'teenoor' ('over against')?"
Sonnetkrans: Die Oeroue
2026-02-26"Die berge staan as bewakers in die nag,
die teenwoordigheid wat wag in elke vlug"
Die vertaling en interpretasie van συμμαρτυρέω in Romeine 8:16 – in gesprek met die 2020- Afrikaanse vertaling van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika
2026-02-26"Allereers word gelet op die betekenis van die kernlekseem συμμαρτυρέω. Die gebruiklike betekenis 'getuig saam met' word as problematies aangedui; die betekenis is bloot 'bevestig' of 'verseker'."
Rymstories: "Die Ongeluksvoël"
2026-02-26"Jakkals verlang na wolf se vrou
Is gemis muskeljaat wat in sy vanghok grou?"
Stemkunstenaar Johan Allers lees ’n reeks rymstories deur Etienne van Heerden voor. In hierdie reeks kom telkens ’n figuurstudie ter sprake.
Adam Small Fees vier verskeie ander hoogtepunte
2026-02-26"Small sou vanjaar 90 jaar oud gewees het en is 10 jaar gelede oorlede. Die vierdagfees het Saterdag ’n hoogtepunt bereik, met Internasionale Moedertaaldag wat ook gevier is."
