Pasgelaai

Plaasaanvalle: tussen werklike vrees en omstrede "feite"

Chris Heymans Menings 2026-03-13

"Maar dit pla dat die verskynsel toenemend in regse internasionale kringe gebruik word as bewys van sogenaamde wit volksmoord. Tussen werklike gevaar, vrees en politieke oordrywing lê ’n meer komplekse werklikheid, wat ek in hierdie reaksie aanraak; hopelik kan ek hiermee bydra tot ’n meer deurdagte benadering tot hierdie vraagstuk."

Patrick Petersen (1951–1997)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2026-03-13

Patrick Petersen het in 1996 gesê: "Maar in ’n tyd soos hierdie waar Afrikaans gemarginaliseer word, het ons elke skrywer in Afrikaans nodig sodat ons mekaar aan die skoenrieme kan optrek om Afrikaanse skryfwerk te laat gedy."

An Iliad ondersoek die oorlog binne elkeen van ons

Dianne Du Toit Albertze Teater 2026-03-13

"Dit is egter eers wanneer Achilles en Hector teen mekaar te staan kom, swaard teen swaard, mens teen mens, dat die storie boor tot in jou binneste. Dan ontmoet ons die harte, die ware wraak en ontnugterendste weerkaatsings van die mensdom."

Toorkombuis: Wanneer ’n koek die kroon dra

Karen Hart Kos en wyn 2026-03-13

"Ek noem dit ook my towerkoek." Karen Hart skryf oor haar appel-dadel-en-okkerneut-koek.

Munisipale verkiesing: Dink hieroor

Eugene Brink Seminare en essays 2026-03-13

"Die waterkrisis is sekerlik die ernstigste van alle uitdagings. Die land se grootste en belangrikste stad gaan gebuk onder nypende wateronderbrekings."

Persverklaring: Toyota Stellenbosch Woordfees en EasyEquities vat weer hande vir ’n groter belegging in die kunste

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2026-03-12

EasyEquities is nou ’n Platinumborg van die Toyota Stellenbosch Woordfees en dit behels ’n aantal nuwe projekte om welvaart toeganklik in die kunste te maak deur onder andere werkskepping en beleggings.

Bespreek nou vir die Etienne van Heerden Veldsoirée wat van 24 tot 26 Julie plaasvind

Izak de Vries Etienne van Heerden Veldsoirée 2026-03-12

"Die gesprekke is interessant en dikwels uitdagend, maar die omgewing maak dit moontlik om te vra, te verskil en te gesels. Wat meer is, doodgewone mense sit met elke sessie langs geleerdes en bekendes. Almal luister saam, almal gesels saam. Ons eet saam en les bes vind baie interessante diskoerse ook ná die amptelike verrigtinge in die kroeg plaas."

Persverklaring: Spier belê nog 3 jaar as platinumborg van die Toyota Stellenbosch Woordfees

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2026-03-12

Die internasionaal gerekende Spier-wynlandgoed sit hul platinumborgskap aan die Toyota Stellenbosch Woordfees met nog drie jaar voort.

Pasverskyn: Christelientjie, die sonskynfeetjie van die Grootrivier deur Riana Scheepers

LitNet Boeke en skrywers 2026-03-12

Maar die sonskynfeetjie, Christelientjie, is anders – sy is ’n Downsindroom-feetjie met ’n hart van goud. Sy bring lig en warmte waar sy gaan, en leer die ander bewoners van die woud dat geduld, deursettingsvermoë en vriendelikheid kragtiger is as perfeksie.

Rymstories: "Die Rolbosman"

Etienne van Heerden Skryfwerk 2026-03-12

"Die wind deur die rolbos sing ’n droewe psalm
Die lyk roer in sy kerkpak lig ’n bleek handpalm"
Stemkunstenaar Johan Allers lees ’n reeks rymstories deur Etienne van Heerden voor. In hierdie reeks kom telkens ’n figuurstudie ter sprake.

Persverklaring: Luna Paige se drie nuwe enkelsnitte, nasionale toer en optredes by KKNK & Suidoosterfees.

LitNet Musiek 2026-03-12

Luna Paige het nog ’n paar laaste vertonings in Kwazulu-Natal en die Wes-Kaap voor haar eerste toer van die jaar by KKNK (Klein Karoo Nasionale Kunstefees) tot ’n einde kom.

Slegs R380 vir die ATKV-Skryfskool van 2026 én skouers skuur met skrywers

LitNet Etienne van Heerden Veldsoirée 2026-03-12

Dit kos slegs R380 om hierdie skryfskool by te woon, en dit sluit alle kursusmateriaal in. Kursusgangers hoef dus slegs vir hul eie etes en verblyf te betaal.

Reënkoningin

Nato Zondagh Fiksie 2026-03-12

"Die Reënkoningin was verlig dat haar plan gewerk het en haar lewe nie langer in gevaar was nie. En daarom sit sy sereen en gelukkig op ’n rots in helder sonskyn, met haar visonderlyf in kolkende water, met haar pêrelwit gesig en lang wit hare wat in die wind waaier."

 

Strandtoneel

Eduan Naudé Poësie 2026-03-12

"Die woorde in my kop kom land
saam met die meeue op Hartenbos se strand"

No.9-trein

Jess Grace Poësie 2026-03-12

"Wag vir my op die stasie,
daar in die Strand.

Ek is op pad."

Fynbosfluweel

Johanna Nel Poësie 2026-03-12

"Mag môredou jou sag toevou,
in bergstil, silwergroen –
fynbosfluweel."

My saak

Anoniem Poësie 2026-03-12

"dat daardie dag
vashaak
soos ’n plaat"

Wyngaard Weekliks: Ja of nee dat UWK na Allan Boesak vernoem word?

Heindrich Wyngaard, Danie van Wyk, Christian Martin Onderhoude 2026-03-12

Die vieringe van Allan Boesak se 80ste verjaardag gaan met omstredenheid gepaard. Daar word berig dat die bestuur van die Universiteit van Wes-Kaapland teen ’n naamsverandering besluit het. Dit is nie noodwendig die einde van die debat nie. Heindrich Wyngaard luister na die uiteenlopende menings van Christian Martin, voorsitter van die Oos-Kaapse komitee vir geografiese name, en Danie van Wyk, voorsitter van die DAK Netwerk.

Nuut by Pan MacMillan: Rorisang & Morena: Hoera! Dis Vakansie! deur Refiloe Moahloli

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2026-03-11

Dis skoolvakansie. Rorisang en Morena se neefs Wande en Litha bly by hulle. Mamma neem hulle na die rolskaatsbaan, waar hulle almal baie pret het. Die seuns jaag, en Morena wen, maar hy leer gou dat trots voor ’n val kom ...

Nuut by Queillerie: Einde en begin deur Michèle Meyer

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2026-03-11

Op ’n sendingstasie in die destydse Rhodesië beleef die kind Marié die wêreld om haar met verwondering, humor, nuuskierigheid en, soos sy ouer word, met groeiende ontnugtering.

Top