
Sluit by ons aan vir die boekbekendstelling van Frederick Botha se debuutkortverbaalbundel, Seuns weet. In Seuns weet se verhale ontvou ’n jong, wit, gay Afrikaanse man se belewenis van sy seksualiteit, geloof, familiebande, vriendskap, skrywerskap en die maatskaplike werklikheid waarin by hom bevind.
Die uitgewer en Afrikaanse digter Fourie Botha gesels met Frederick Botha.

