Heling

  • 0

Foto: Canva

Heling

O, hoe kon my sagte hart verhard –
my oë nog teer en sag,
my hande liefkosend stil,
my lag lig en oop

soos ’n stille stroom
wat skielik donderend
oor die rand
afstort
wanneer jy my vertroue skok.

Stadig kom die angs,
weef hy hom
stil toe
in sy eie drade.
Geen uitkoms –
dit weet ek.

Maar een hand
bring weer rus,
bring weer asem
in my verharde gemoed.

Sy bring storms
en sagte somerreën,
en voeg my weer saam –
liggaam en siel –
tot iets wat heel voel.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top