
Foto: Canva
As die wind so huil
As die wind so huil
hier om hoeke
van my huis
deur my siel
op my soeke
na vrede en stilte
huil my hart saam
oor almal wat al weg is
die lewe wat so sleg is
my kop wat so dof word
as niks meer reg is
wat my verstand oorskryf
in ’n nuwe taal
van liefde en vrede
hier in my hede
waar ek so luister
na die wind wat so huil
waar ek skuil
teen seer
se weer gebeur
omdat vergewe sukkel
soos die winde
om die hoek van my huis
met die gedruis
wat die aarde oorval
as God sy wraak neem
oor hulle
wat wil God speel
om die mens te verdeel.

