Pasgelaai

Agterstories: Om ’n kaart in die donker te teken

Johan Fourie Rubrieke 2024-09-16

"Dit is verbysterend hoe baie prominente historici, ekonome en ander sosiale wetenskaplikes dit verkeerd gehad het."

Op dees aarde: Die tragedie van Suid-Afrika se kinders

Elsabé Brits Rubrieke 2024-09-16

"In Suid-Afrika sterf een uit elke 25 kinders voor hul vyfde verjaardag. ’n Volle 71% leef onder die boonste armoedegrens in huishoudings wat nie genoeg inkomste het om in hul basiese behoeftes te voorsien nie. En net 4% – ja, só min – leef in huishoudings waar beide die ma en die pa teenwoordig is."

Elders gesien: Tuin van Digters 2024

Henk Serfontein Feeste 2024-09-16

"Ek het ook uiteindelik vir Lynthia Julius en Alwyn Roux ontmoet wat in gesprek was oor hul onderskeie digbundels. Daar was ernstige oomblikke wat direk in ons gedeelde verwonding ingegaan het, maar die gesprek het ook na baie sexy plekke gegaan wat die gehoor laat skater het van die lag."

Momentum Beleggings Aardklop 2024: ’n onderhoud met woordghoeroe en straatmusikant Nicky Grieshaber

Naomi Meyer, Nicky Grieshaber Aardklop 2024-09-16

"Ek soek nog na ’n Afrikaanse woord vir 'busk' wat 'straatmusiek maak' nie tot strate beperk nie. Die busking gaan plaasvind by wat op die feesterreinkaart as die Speelpark aangedui word. Daar gaan glo drie van ons wees wat beurte maak."

BELAB onderteken: ’n onderhoud met Jaco Deacon

Naomi Meyer, Jaco Deacon SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2024-09-15

"Die realiteit is dat klousules 4 en 5 deel is van die wet wat klaar onderteken is. Dit is net die implementering wat met drie maande uitgestel is vir verdere gesprekvoering. Dit sal outomaties na drie maande in werking gestel word indien dit nie deur ’n wysigingswet herroep word nie."

Die Jakes Gerwel Stigting, LitNet en Huisgenoot kondig die kandidate aan vir die vyfde Kommadagga-slypskool

LitNet Boeke en skrywers 2024-09-14

Dit is met groot opgewondenheid dat die Jakes Gerwel Stigting, LitNet en Huisgenoot hul verkose kandidate bekend maak vir die vyfde Kommadagga-slypskool wat hierdie jaar van 14 Oktober tot 3 November plaasvind.

Bela-wet: DA gaan voort om voor te berei vir hofaksie

Jean Oosthuizen Menings 2024-09-13

"Die DA het sy prokureurs opdrag gegee om voort te gaan om voor te berei vir hofaksie oor beide die proses wat gelei het tot die aanvaarding van die Bela-wetsontwerp wat Vrydag deur president Cyril Ramaphosa onderteken is en die inhoud daarvan."

’n Ontleding van die Amerikaanse presidentsdebat

Charl-Pierre Naudé Menings 2024-09-13

"Die verkiesing is haar erns, terwyl dit Trump is wat Trump se erns is."

Aardklop 2024: Magda Louw – ’n les in kletterkunde: ’n onderhoud met Desiré Gardner

Yolanda du Toit, Desiré Manthey Gardner Aardklop 2024-09-13

"Die kykNET-storiefilm, en toe uiteindelik die reeks, hou vir seker die karakter konstant aan die lewe, want ek is óf besig om te skryf, óf besig met voorbereiding vir skiet; of ek is besig om dit uiteindelik te ontleed op die kassie. So dit voel amper of Magda heeltyd so half lewe in my agtergrond, hetsy preproduksie, huidig, of postproduksie. En daar is min dinge so lekker soos dit."

Hier.Na – ’n Silwerskermfees-film review van ’n Muslim Malay perspective

Tasneem Daniels Film 2024-09-13

"Die kifaayt klops was ’n awesome conundrum innie film gewies, en in daai geval het Hier.Na baie mooi die film aangebied as ’n dokudrama, alhoe wassie genre vannie film nie rêrag as ’n documentary bedoel nie. Djy moesie hele film klaa’ watch om te lee’ hoe wêkie kifaayt klops in function en form, en hoer’t uitgerol was in hierie storie se familie."

Krisis in die onderwys: ’n onderhoud met Hanlie Dippenaar

Alta Engelbrecht, Hanlie Dippenaar SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2024-09-13

"Dit is duidelik dat daar finansiële druk op die Departement van Onderwys is. Ek voel onderwys is die laaste item op die finansiële begroting wat onder druk geplaas moet word. ’n Moontlike oplossing kan wees om ’n verpligte een-jaar-internskap vir nuwe onderwysers in te bring, wat die druk kan verlig."

Sluk daai ertjies (saam met pasta, spek en room)

Karen Hart Kos en wyn 2024-09-13

"Maar noudat ek my woorde gesluk het – en daarmee saam ’n hele vurkvrag groen albastertjies – bly my gunsteling-ertjiemaal hierdie eenvoudige pastagereg. Jy kan natuurlik jou eie pasta maak, wat die gereg nóg lekkerder maak – maar as die tyd min is ..."

LitNet: Aanbou of afbreek?

LitNet Nuusbrief 2024-09-12

LitNet: Aanbou of afbreek?

Nuut by Naledi: sel ses deur Stefaans Coetzee

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-09-12

Ná drie en twintig jaar in die tronk staan Roux Steyn die kans om op parool vrygelaat te word, maar daarvoor moet hy een jaar sonder geweld skoon loop. Vir iemand soos Steyn is dit egter onmoontlik; hy het die Anger Management kursus alreeds drie maal gefaal. Buitendien is hy ’n bendeleier en dwelmsmous. En hy het ’n magdom vyande wat nie kan wag om ’n mes in sy niere te plant nie.

New from Karavan Press: In other stories edited by Kerry Hammerton

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-09-12

The themes in this flash anthology range from grief to hope; from love to unrequired love, divorce and murder (in a few different forms); from personal sacrifice to personal reflection. The stories vary from a fable to science fiction, and include a flashback to 1994 and South Africa’s first democratic election, fires, swimming in the sea, supernatural beings, the horrors of institutionalised elderly care and much more.

Regering van Nasionale Eenheid se toekoms in gedrang oor Bela-wet

Jean Oosthuizen Menings 2024-09-12

"Steenhuisen sê tydens die onderhandelinge het die DA dit duidelik gemaak dat die Bela-wetsontwerp in sy huidige vorm vir die DA onaanvaarbaar is, want dit het onder meer grondwetlike implikasies vir die reg op moedertaalonderrig. Die DA het Ramaphosa versoek om die wetsontwerp na die parlement terug te stuur om sekere wysigings aan te bring om dit volgens hulle in ooreenstemming met die Grondwet te bring."

Kyk hoe ver het ons gekom: PEN Afrikaans en LitNet se kortverhaalkompetisie

PEN Afrikaans Fiksiekompetisies 2024-09-12

Die prysgeld beloop R10 000 vir die eerste-, R5 000 vir die tweede- en R2 500 vir die derdeplekwenner.

Skermgreep: kykNET Silwerskermfees 2024 – ’n blik op die pas afgelope fees

Leon van Nierop kykNET Portaal 2024-09-12

"Tevore is versigtig met die nuwe vryheid omgegaan. Maar vanjaar het daar ’n uitbundigheid en manhaftigheid (vrouhartigheid!) geheers waar die meeste produkte stylvol en verantwoordelik afgerond is, maar altyd gedissiplineerd met respek vir die filmmedium."

’n Tjoppie vir die pot

Linza de Jager Fiksiekompetisies 2024-09-12

"’n Tjoppie vir die pot" is voorgelê om Afrikaans te vier onder die tema "Kyk hoe ver het ons gekom". Dié inisiatief van PEN Afrikaans word ondersteun deur LitNet en moontlik gemaak deur Kruger Internasionaal Bate- & Welvaartbestuur.

Die aarde sak

Melt Botes Poësie 2024-09-12

"die grond is bros
gee mee
gee (altyd)
mee"

Top