Soveel geluide in my kop

  • 2

Foto: Canva

Soveel geluide in my kop

soveel geluide –

wat stil-stil
my kamer binnekom
klanke wat die lug vul
met gedagtes

soveel storms –

wat bolangs verbytrek
fluisterstemme
in die duister
as klagtes in my gewete
vergete verdwaal

in mense met haat –

wat al is wat hulle praat
predikers wat preek
wat hulle self nie verstaan
om mense te mislei
om te vergaan

al die geluide –

soveel geluide
wat die kamer
van my kop beset
besmet
met vreemde klagtes
wat ek nie ken nie

so is die geluide –

wat ons hier hoor
as ons te stil word
dan eerder moet praat
anders verdwaal ons
in hierdie kamer
van ons kop

  • 2

Kommentaar

  • Johan, jy oortref jouself keer op keer. Publiseer nog gedigte asb. Kry nooit genoeg daarvan nie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top