Pasgelaai

Springmielies: ’n Ode aan popcorn

Nini Bennett-Moll Rubrieke 2024-09-11

"Popcorn is inderdaad ’n demokratiese lekkerny wat as globale verskynsel ’n bewys is van veelsydigheid: Dit het aangepas by die smake en tegnologieë van elke era, en ’n geliefde lekkerny geword wat kulturele en geografiese grense oorskry. As simbool van vermaak en kulinêre genot het springmielies ’n ryk geskiedenis, ’n unieke wetenskap en kulturele betekenis wat (op dieper vlak) iets sê van die mens se historiese weerstandigheid."

Cliff-hanger: Foto’s & fairy lights deur An-Mari do Carmo – resensie en onderhoud

Cliffordene Norton, An-Mari do Carmo Boekrubrieke 2024-09-11

Cliffordene Norton bespreek Foto’s & fairy lights en gesels met die skrywer, An-Mari Carmo: "Ek het meer idees as wat ek tyd het om te skryf, en daar is so baie kwessies waarmee hedendaagse jongmense te doen het wat ek dink meer verteenwoordiging kort in boeke." 

Op soek na ’n billike beeld van die kerk

Johannes Froneman Seminare en essays 2024-09-11

"[D]ie Christelike kerk [het] dramaties in styl en inhoud verander. Hoe vat jy so ’n veelkantige verskynsel in enkele woorde vas? En hoeveel daarvan word in die media weerspieël?"

Springbokke vs All Blacks

Bettina Wyngaard Rubrieke 2024-09-11

"Daar is iets omtrent sport wat toeskouers saambind in ’n gemeenskaplike aktiwiteit op ’n manier wat bitter min ander dinge dit doen. Daar is iets helend omtrent die kohesie wat ’n sportspan bring."

Die Bybel, die Christelike godsdiens en die waarheid deur Sakkie Spangenberg: ’n resensie

Jean Oosthuizen Resensies 2024-09-10

"Spangenberg se betoog is nie om gelowiges te probeer ontkeer nie. Hy wys slegs daarop dat alle godsdienste menslike skeppings is."

In jou moeder

Jitsvinger Menings 2024-09-10

"Jou oorsprong se bronnelys knetter voort op’ie tonge soes kaggelvure tydens ancient gesprekke van my voorvaderfigure. Jy is die geestelike organisasie van my spraakstrukture. Dit hang soes waardevolle portrette in’ie binnekant van my verstand se gerookte kamermure."

James Matthews (1929–2024)

Hein Willemse In memoriam 2024-09-10

"James Matthews was ’n toonaangewende literêre figuur wat aanvanklik internasionaal en later ook plaaslik erken is. Vir opeenvolgende geslagte skrywers was hy die toonbeeld van ’n verbonde kunstenaar met ’n beginselvaste verbintenis tot vryheid."

Ek wens sy was my dosent ook gewees – dankie vir als, Anastasia

Herschelle Benjamin In memoriam 2024-09-10

"Anastasia het my laat voel my idees en hoe my plattelandse Afrikaans klink en lees, is genoeg. Ongeag of dit gewild is vir keurders en die literati."

Persverklaring: ’n Verskeidenheid kunsuitstallings open by Tuin van Digters, 13–14 September 2024

LitNet Feeste 2024-09-10

Tuin van Digters vind plaas in Wellington op 13 en 14 September 2024 by die Breytenbachsentrum in Wellington. ’n Verskeidenheid kunsuitstallings open dié naweek, met onder meer STR[A]Y deur Elizabeth Gunter, Tuinbeelde deur Gerhard van Eck en In die skeppende oomblik, ’n foto-uitstalling van Paul Alberts se skrywersportrette.

As alles niks word: ’n lesersindruk van Die Bybel, die Christelike godsdiens en die waarheid deur Sakkie Spangenberg

Koos Kombuis Lesersindrukke 2024-09-09

"Daar lê die 'afgod' nou (as dit inderdaad ’n 'afgod' is) magteloos, onttroon en afgesaag by die voetstuk, die kop en skouers van die borsbeeld flenters eenkant op die plaveisel van Afrikanerdom. Vir altyd verwyder, gesloop, vernietig, tragies verinneweer en verniel net soos arme Humpty Dumpty!"

Die Smooie en die Smoue deur Julia Donaldson: ’n lesersindruk

Izak de Vries Kinderboeke 2024-09-09

"Die Smooie en die Smoue, geskryf deur Julia Donaldson met illustrasies deur Axel Scheffler, is pret. Dit is boonop propvol tydlose waarhede, tussen al die guitigheid deur. Ek wens alle politici in alle wêrelddele wil dit lees. Jaco Jacobs se vertaling is heerlik."

Persverklaring en uitnodiging: Voorleggings ingewag vir die 2025 kykNET-Rapport Boekpryse

LitNet Boeke en skrywers 2024-09-09

Uitgewers word hartlik uitgenooi om weer boeke voor te lê vir die 2025 kykNET-Rapport Boekpryse. Let wel: Vanjaar se spertyd vir ontvangs van boeke is vervroeg na 30 Oktober 2024 om beoordelaars meer leestyd te gun. Boeke wat na hierdie datum verskyn, moet teen 3 Januarie 2025 die sameroeper bereik.

Persverklaring: Taalmonument vier 49ste jaar met ’n dans

LitNet Afrikaanse Taalmuseum en -monument-portaal 2024-09-09

In die aanloop tot die Afrikaanse Taalmuseum en -monument se 50ste bestaansjaar, vier die vriendelike personeel haar 49ste verjaardag met ’n swierige dans op Saterdagaand, 12 Oktober 2024, waarheen een en almal genooi word. Die tema is "Denim en diamante" en Coolsounds Band sal die musiek optower om almal op hul tone te hou tussendeur die eet, drink en kuier.

Ons biblioteke: ’n onderhoud met Ashley Lewis

Braam Peens, Ashley Lewis Onderhoude 2024-09-09

"Hierdie inisiatief is wêreldwyd gepubliseer omdat dit 60 kinders per dag na die biblioteek gelok het. Dit het vir ons die geleentheid gegee om kinders van die straat af te kry en ook vir hulle te leer lees. Deur die aanbied van hierdie program het Delft Biblioteek die Wes-Kaapse Kuns- en Kultuurtoekenning in 2022 gewen, asook die tweede plek in die Stad Kaapstad se toekennings, en het vanjaar internasionale erkenning by IFLA (International Federation of Library Association) ontvang." Hierdie onderhoud met Ashley Lewis is die sewende aflewering oor ons biblioteke.

Seen elsewhere: Shape of a woman

Pi Delport Opinion 2024-09-09

"It is adorned with jewels
Like beads of sweat
On the skin of an athlete lifting weights that are heavier
Than the men who say she does not belong in the gym"

Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: Hoe het dit skielik laat geword? – 'n onderhoud

Naomi Meyer, Olga Leonard Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-09-09

Olga Leonard praat met Naomi Meyer oor die woordkunsproduksie, Hoe het dit skielik laat geword? by die Toyota Stellenbosch Woordfees vanjaar: "Die temas wat voorkom in Olga Kirsch se werk is vandag nog relevant. Sy skryf breed oor geloof, liefde en om ’n buitestander te wees."

Bekendstelling van ATKV-toneel se nasionale Simbiose-finaal: toekomstige toneelsterre skitter binnekort

Maryke Roberts ATKV-Portaal 2024-09-09

"Die Moederstad het verlede week haar beste voetjie voorgesit met ’n wolklose sonsondergang en nag behang met sterre toe die program van die ATKV-toneel se nasionale Simbiose-finaal by Rooftop on Bree bekendgestel is. Die nasionale Simbiose-finaal vind van 23 tot 28 September in die Kunstekaap plaas, en daarna is die nasionale wenproduksie by die Toyota Stellenbosch Woordfees te sien."

Persverklaring: Diana Ferrus-prys

LitNet Skryfkompetisies 2024-09-06

Vanjaar is daar ’n splinternuwe poësieprys op straat. En dis vir jou. Om jou stem dik te maak in jou ma se Afrikaans, jóú Afrikaans, jóú dialek en streekstaal. Die taal waarmee jy grootgeword het met sy djy en djou, die klik van die Nama en Khoi, die sabela, die opperste en die nuutgeskepte.

Press release: McGregor whisky weekend returns for its 3rd year – a celebration of exceptional whiskies in a quaint, charming setting.

LitNet Lifestyle and entertainment 2024-09-06

The McGregor whisky weekend is open to whisky lovers of all levels, from seasoned connoisseurs to those simply curious to learn more.

Persverklaring: Shakira se nuwe enkelsnit kom by jou spook

LitNet Musiek 2024-09-06

Shakira het die musiekbedryf verras met haar eerste enkelsnit, "Disco", en lekker opslae gemaak. Nou bederf Shakira ons met ’n splinternuwe enkelsnit, "Spook"! Luister die enkelsnit hier.

Top