LAMTA se Hollywood-produksie was ’n rukkie gelede in Kampsbaai te sien, was by die Toyota Stellenbosch Woordfees te sien – en is nou op aanvraag weer eens in Kampsbaai op die planke!
Jayden Dickson van die Hollywood-dansvertoning vertel meer van die produksie, wat van vandag af weer by Theatre on the Bay te sien is.
Wat maak Hollywood ’n interessante produksie om te gaan kyk?
Die produksie neem jou op ’n reis deur Hollywood in sy spog-era. Die produksie spog met verskeie dansstyle en storielyne, en ontmasker wat regtig in Hollywood gebeur het. Met die hoë energie en passie wat elke kunstenaar op die verhoog deel, is daar geen ander stuk soos dié een tans op die planke nie.
Rondom die dansstyle en choreograwe wat by die produksie betrokke is:
Ons is so geseënd om met van die beste choreograwe in die land te werk. Die gehoor kan alles van Jared Schaedler se dinamiese hoë-energie- kommersiële dansstyl tot Michelle Reid se unieke kontemporêre styl en alles tussenin verwag.
My persoonlike gunstelingstyl:
Ek het op die ouderdom van 10 begin dans, wat eintlik betreklik oud is vir ’n danser. Ek het begin met hip-hop, jazz en kontemporêre dans. Kontemporêre dans was en is steeds my eerste liefde. Dit is waar ek die maklikste met ’n gehoor my storie en emosies kan deel, omdat my lyf natuurlik in daai styl beweeg.
Hollywood is meer as net ’n dansvertoning
Buiten die dansstukke wat uitgevoer word, spog die produksie ook met verskeie sangitems en videosamestellings wat die wêreld van Hollywood verder openbaar. Dit is roerend en opwindend, alles in een produksie.
Ek is danser, sanger en akteur en nog meer produksies lê voor!
Ek is verskriklik opgewonde om November te begin met MotherCity Theatre Productions se The Addams family, die musiekblyspel wat van 14 Desember tot 2 Maart op die planke is by Homecoming Centre (voorheen bekend as die Fugard-teater). Ek is dankbaar vir Lamta wat wêreldklasopleiding gee en soveel deure vir studente kan oopmaak.
Hier is nog inligting oor waar om vir die Hollywood-produksie kaartjies te koop.
Lees ook:
Press release: LAMTA announces Hollywood at Theatre on the Bay in Cape Town
Press release: LAMTA announces Hollywood at Theatre on the Bay in Cape Town

