Persverklaring: LJAO-akkordeon-orkes op besoek aan Suid-Afrika

  • 0

Die LJAO-orkes besoek Suid-Afrika in Oktober 2024. (Foto: verskaf)

’n Filharmoniese akkordeon-orkes (LJAO) uit Duitsland besoek Suid-Afrika vanaf 11–20 Oktober. Die LJAO-orkes is afkomstig van Noordryn-Wesfalen aan die weste van Duitsland waar hulle Platduits praat – relatief naby aan Nederlands en Afrikaans!

Hul eerste optrede is vandag, op Vrydag 11 Oktober 2024, in Pretoria. Dan volg optredes in Kwazulu-Natal en in die Wes-Kaap:

  • 16de - SA College of Music, UK, Chisholm Recital Room C7, Rondebosch, 13:00
  • 17de - Endlersaal, Stellenbosch, 13:10
  • 18de - Northlink Kollege Saal, Tygerberg Kampus, Panorama 17:00 vir 18:00
  • 20ste - NG Kerk/Ouditorium, Melkbosstrand 09:30 (oggenddiens) | 10:30 (konsert)

Hul tree op in samewerking met Suid-Afrikaanse trekklavierspelers en musiekgroepe. Plaaslike trekklavierspelers wat ook tydens die reeks konserte gaan optree is Loren Ehlers, Leon Oosthuizen, Neil Paulse en Monika Stuchlik.

Al die konserte in die Wes-Kaap is oop vir die publiek en gratis! ’n Wonderlike, unieke geleentheid vir alle musiekliefhebbers.

Vir meer inligting oor hul toerprogram en optredes, klik hier.

Die LJAO-orkes besoek Suid-Afrika op uitnodiging van SAFRA, wat vry riet instrumente bevorder. Rig gerus enige vrae oor die trekklavier aan ons, insl. onderwys, herstelwerk, stemwerk, optredes, samewerking en kompetisies.

Lees ook:

The accordion and famo music in South Africa: an interview with RKM, The Accordion Guy

Wêreldtrekklavierdag: ’n onderhoud met Leon Albert Oosthuizen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top