Wêreldtrekklavierdag: ’n onderhoud met Leon Albert Oosthuizen

“Dit is min dat ons breë Suid-Afrikaanse trekklaviererfenis belig word. Paul Simon het met sy Graceland-album in 1986 sommige aspekte van die Sotho’s se famo-trekklavierstyl vasgevang. Johnny Clegg het ook dikwels die konsertina in ’n tradisionele Zoeloe-styl gespeel tydens sy optredes. Boeremusiek en klassieke musiek word ook nooit by dieselfde geleentheid gehoor nie.”