
Foto: Canva
Thanatos
Eros, Hypnos en Thanatos vervleg in my kop
Waar begin die een en waar hou die ander op?
Die gordyn tussenin skif dunner as ’n doek
totdat hulle in mekaar vas gaan koek
Eros en Hypnos sweer aan mekaar trou
dag vir dag, nag na nag
maar uiteindelik is dit Thanatos waarop jy kan vertrou

