Pasgelaai

Ballingskap

Marius Nigrini Poësie 2024-06-20

"maar soms word ’n flikkering
tog waargeneem duskant kontoere
wat soos die oë van ’n ou man lyk"

Onder dorings, dissels en gras

Jannie Meyer Poësie 2024-06-20

"Hoe maak jy babas staan in gelid,
hierdie kindersoldaatjies oor wie ons nou bid?"

Pasverskyn: Ek en jy bestaan nie deur Danie Marais

LitNet Boeke en skrywers 2024-06-19

Ek en jy bestaan nie is die langverwagte vierde bundel uit die pen van die bekroonde digter Danie Marais. Soos in sy vorige bundels is dit gedigte wat openhartige, intieme gesprekke met die leser aanknoop – hierdie keer oor die ongemakke van ras en klas. 

UKkasie: ’n terugblik en ’n gesprek

Johannes Froneman, Maryna Blomerus Onderhoude 2024-06-19

"Ons was onapologeties trots Afrikaans. Omdat ons in die buiteland gewoon het, het ons gesien hoe subkulture in multikulturele samelewings trots omgaan met hul eie identiteit en dat hoewel almal doodpragmaties Engels gebruik vir besigheid, daar nie van hulle verwag is om hul identiteite prys te gee nie."

kykNET Silwerskermfees 2024: ’n onderhoud met Tina Kruger

Naomi Meyer, Tina Kruger kykNET Portaal 2024-06-19

"Ons hou aan films maak, ons hou aan droom, ons hou aan stories vertel. En die Silwerskermfees hou aan vernuwe om soveel filmmakers as moontlik geleenthede te bied om hul unieke stemme te laat hoor, te ontwikkel en ’n speelvlak te bied waar daardie werk kan skitter."

Postverkiesing: Hoe kan die burgery eienaarskap neem van die demokrasie?

Freek Robinson, Christo van der Rheede Onderhoude 2024-06-19

Christo van der Rheede (FW de Klerk-stigting) benadruk die belang van nasionale dialoog vir impak en deelnemende demokrasie op plaaslike, provinsiale en nasionale vlak.

Press release: Amazwi at the National Arts Festival 2024

LitNet Lifestyle and entertainment 2024-06-19

Amazwi, museum of literature, is proud to be part of the National Arts Festival 2024.

Zuma: Messiah or populist?

Bhekisisa Mncube Opinion 2024-06-19

"Put differently, Zuma revived Buthelezi’s pre-1994 messaging in 2023 with a blend of false pro-black advocacy, myopic rule-by-chiefs nonsense, and promises to wannabe politicians and tenderpreneurs of a return to rent-seeking practices reminiscent of the Gupta era."

Oor Sizzlers deur Nicole Engelbrecht, "oerwonde" en heling

Laurie Gaum Boeke en skrywers 2024-06-19

"Indien (wit) gay, manlike Suid-Afrikaners ’n oerwond het, is dit beslis die Sizzlers-bloedbad begin 2003 in Seepunt."

Mites oor die Afrikaner en Afrikaans

Elsabé Brits Rubrieke 2024-06-19

"Mites oor wit Afrikaners en hulle heldedade is legio – soos daar stories in elke kultuur is. Máár ... wat sê die geskiedenis oor dié mense en 'die Taal' in ’n land waar gelyksoortigheid nog nooit bestaan het nie? Óf daar is halwe waarhede aan beide kante, óf daar is feite waaroor daar geswyg word."

LitNet Akademies-NALN aanlyn katalogus: ’n onderhoud met Burgert Senekal

Menán van Heerden, Burgert A Senekal Akademies en skole 2024-06-19

Of jy ’n leeskringlid, akademiese navorser, joernalis of leerder is, kan jy NALN (Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum) nou via LitNet bereik. As jy byvoorbeeld op soek is na inligting oor ’n spesifieke skrywer, kan jy nou die LitNet Akademies-NALN-katalogus van meer as 38 000 papier- en digitale tekste aanlyn besoek. Hierdie katalogus strek so ver terug as 1973, NALN se stigtingsjaar, en lê as subdomein op LitNet se hoofraam.

TK-lesing 1 (deel 3): Korpustaalbeplanning

Annelise de Vries Seminare en essays 2024-06-19

"In hierdie skryfstuk verwys ek graag na (net) enkele historiese momente om die aanloop van korpustaalbeplanning vir Afrikaans te illustreer. Dit is van waarde om te meld dat hierdie momente aan die begin nie doelbewuste korpusbeplanning vir Afrikaans ten doel gehad het nie, maar dat dit dikwels die produk was daarvan om ’n gemeenskaplike kommunikasiemiddel tussen verskillende kontaktale daar te stel."

Afrikaanse resensies: Nuwe ruimtes?

Crito (Kerneels Breytenbach) Boeke en skrywers 2024-06-18

"Dit is te vroeg om nou al te probeer voorspel wat sal gebeur, maar ek hoop van harte dat die verskraling van gedrukte media, en die rol van die kuberruim, op ’n manier nuwe ruimtes vir die resenseer van Afrikaanse boeke sal laat ontstaan. Miskien ’n ydele droom, maar gun my dit."

Watter Suid-Afrikaanse politici ondersteun ons vir Field?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2024-06-18

"Of dalk het Field nog nie by Suid-Afrika, of die suidelike deel van Afrika, of énige deel van Afrika, uitgekom nie juis omdat die oes so skraal is. Nie onder leiers nie, onder politieke leiers."

Om ’n resensie te skryf: Is platvloers skryf dan die teenoorgestelde van "pretensieus"?

Carla van der Spuy SêNet-briewe 2024-06-18

"Daar is op Facebook en in die brieweblaaie gespot met resensente wat woorde soos 'funesties', 'lavranties' en 'hilaries' gebruik. Beskrywings waarvan ek soveel weet as ’n kat van saffraan."

Wat sê Bettina? deur Bettina Wyngaard: ’n resensie

Sidney Gilroy Resensies 2024-06-18

"Herhalende kwessies oor gender, kulturele identiteit, politieke vraagstukke en sosiale euwels borrel onverpoosd na die oppervlak om die leser se gewete te verontrus. Ons is ’n samelewing wat steeds siek is, laat Wyngaard ons deurgaans weet. Hier is die medisyne. Hier is die kuur. Gaan jy dit drink of gaan jy die dokter steeds wantrou?"

Marked by Gillian D’achada: reader impression

Christien Neser Books and writers 2024-06-18

"Teachers who have used Sharkey in their classes will feel very comfortable moving on to Marked. It is a solid classroom reader. It has enough flesh on the bone to tick all the boxes of the curriculum, while offering the children a fast-paced, enjoyable read."

Die groot Afrikaanse blokraaiboek, saamgestel deur Gerda Engelbrecht: ’n resensie

Estelle Kruger Resensies 2024-06-14

"Ek het een van elk van die genoemde blokkiesraaisels ingevul en watter heerlike ervaring. Party van die raaisels is moeilik omdat dit ’n hele idioom bevat (byvoorbeeld “in jou dop kruip”) en ek was nie daarop voorbereid nie. Wat natuurlik heerlik uitdagend was, was die koderaai, my gunsteling – regtig diep dink en al die breinselle gebruik."

Press release: Spotlight on filmmakers and the TV industry at 12th kykNET Silwerskerm Festival

LitNet Lifestyle and entertainment 2024-06-14

“We believe in the future of Afrikaans film and television, in the importance of a wide variety of voices, and in the power of stories to change people’s lives.” These are the thoughts of Waldimar Pelser, director of M-Net Premium Channels, on the 12th kykNET Silwerskerm Festival, held from 28 to 31 August this year at the Bay Hotel and Theatre on the Bay in Camps Bay.

Persverklaring: Filmmakers en TV-bedryf gaan skitter by 12de kykNET Silwerskermfees

LitNet kykNET Portaal 2024-06-14

"Ons glo in die toekoms van Afrikaanse film en televisie, in die belangrikheid van ’n wye verskeidenheid stemme, en in die krag van stories om lewens te verander." Só sê Waldimar Pelser, direkteur van M-Net se Premium-kanale, oor die 12de kykNET Silwerskermfees wat vanjaar vanaf 28 tot 31 Augustus by die Bay Hotel en Theatre on the Bay in Kampsbaai plaasvind.

Top