Pasgelaai
Die program van die Etienne van Heerden Veldsoirée 2024 en die eerste voordragte van die LitNet25 Afrikaanse Skrywersberaad
2024-08-29Liefhebbers van die Afrikaanse letterkunde sou hulle op Vrydag 20 September in Cradock wou bevind. Die Etienne van Heerden Veldsoirée begin daar om 10:45. Nathan Trantraal sal, as deel van die Veldsoirée, net na 11:00 die eerste voordrag van die LitNet25 Afrikaanse Skrywersberaad lewer. En om 09:00 begin die ATKV-Skryfskool.
Hoe Juffrou se woorde my lewe gered het: "Djy doenit’ie vi my nie, Troubles."
2024-08-29"Nog voor ek kon sê 'Juffrou ...', druk sy die foon in my oor neer. Dis Juffrou. My Afrikaans-dosent. Anastasia de Vries, Anna of Stacey vir ander, maar vir my was sy altyd Juffrou. Sy vat nie nonsens nie. Ek het so pas haar kwartaaltoets misgeloop ..."
Hervorming van die tronkstelsel: Is dit moontlik?
2024-08-29Pieter Groenewald, die minister van korrektiewe dienste, skets vir Freek Robinson ’n breër perspektief.
Ek en jy bestaan nie: ’n onderhoud met Danie Marais
2024-08-29"Namate die bundel begin vorm aanneem het, het ek besef hierdie woorde omvat op verskeie maniere wat my bedruk, bedroef en bekommer rondom al die sosiopolitieke kwessies wat ek hier bo genoem het en hoe dit ons persoonlike verhoudinge beduiwel."
Midlands Literary Festival 2024: an interview with Darryl David
2024-08-29"What makes this festival so special is how the community have come out and supported us."
Pluk vir my die sterre
2024-08-29"keer tog dat die son met dagbreek sy aangesig wys
laat hy net eerder bly waar hy is"
Kinderjare-blues
2024-08-29"waar ek kon sit en kyk
hoe my ma stywe pap uit warm water en mieliemeel optower"
Abraham H de Vries (1937–2024)
2024-08-28"Die Afrikaanse letterkunde is die lewenskragtigste affêre wat ek ken. Daar verskyn soveel boeke, soveel goeies, ek raak net hier en daar grond."
In die rede geval deur Charl-Pierre Naudé: ’n lesersindruk
2024-08-28"Ten slotte kan die boek aanbeveel word vir almal wat ernstig oor lees is, hoewel dit geensins ontspannend of maklik is nie. Dit verskaf ’n handvatsel wat vir die leser verrykende ervarings kan bied ten spyte daarvan dat daar nie met alle redevoering saamgestem hoef te word nie."
In die rede geval deur Charl-Pierre Naudé: mites en foute oor miteteoriewerking
2024-08-28"Hoe dit ook al sy, hopelik toon al die bostaande aan dat dit denke aan bande lê om allerhande eise aan resensies te stel."
Persverklaring: Algemene simposium, Donderdag 19 en Vrydag 20 September 2024
2024-08-28Akademielede en ander belangstellendes word aangemoedig om die simposium by te woon en die inskrywingsvorm te voltooi en om kennis te neem van die interessante program. Die tema vir vanjaar se simposium is: Van isolasie na internasionalisering, tendense in Suid-Afrikaanse navorsing die afgelope 30 jaar.
’n Groetwoord vir Anastasia de Vries
2024-08-28"Maar jy hét vertrek, en dít kort op die hakke van Braam de Vries, ons oudkollega, en Brian O’Connell, voormalige rektor van die Universiteit. ’n Mens sou as’t ware kon uitroep: Die spore van die dood lê in die gange van die UWK, en sy spore is vars ..."
Persverklaring – Silwerskermfees TV nominasies: die beste reaksies
2024-08-28
kykNET Silwerskermfees 2024: ’n tweetalige onderhoud met Quanita Adams, skrywer-regisseur van Hier.Na
2024-08-28"It is never entirely one's own movie. It's such a collaborative process to make it. And maybe because I am an actor first, I am so accustomed to having things be fluid, and change, that I loved the way the story evolved when people – crew, or cast – brought their own contributions. It's magic. Alchemy."
Winner of the Ingrid Jonker Prize for 2024
2024-08-28"On behalf of the Ingrid Jonker Prize Committee, I wish to announce ... the winner for 2024 ..."
VVA Ommietafelgesprek: Hoekom ’n musiekloopbaan in Afrikaans?
2024-08-27"Al die gespreksgenote was dit eens dat Afrikaanse musiek ’n blink toekoms het en dat die taal in al sy vorme gevier en omarm moet word as ’n inklusiewe taal."
Ons biblioteke: ’n onderhoud met Rachel Williams
2024-08-27"Ons smee bande met gelykdenkende organisasies wat hulle toevestig op die bevordering van ’n leeskultuur, soos Nal’ibali; boekwinkels; die ATKV; interaksie en gesprekke met outeurs; boekuitstallings; radio-onderhoude; bewusmakingsdae soos Wêreld-Hardoplees Dag, Nasionale boekeweek, Wêreldboekedag; drama, opvoerings en leesprogramme." Hierdie onderhoud met Rachel Williams is die vyfde aflewering oor ons biblioteke.
