Kwas-en-kleur-simfonie

  • 1

Foto: Canva

Kwas-en-kleur-simfonie

’n melodie in kleur
op klankgolwe van verf
waar lyne aan kleure fluister
hoor daar
trompetgeskal in rooi
hemelblou ’n engelkoor
en daardie kwas
so soet sy haal
wat stroopgeel streel ’n oor
maar niemand hoor
want dis hul eie lied
soos deur kwas en kleur gespeel
miskien eendag
geklee in wit
hoor jy ook hul hemelkoor

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top