
Op die kantlyn is ’n bundel kort-kortverhale waarin daar na verskeie aspekte van menswees gekyk word. Dit sluit in om ’n buitestander te wees, met heelwat van die verhale wat deur ironie gekenmerk word. Die bundel gaan ook oor die vreugde en hartseer van menswees en drome wat nie verwesenlik word nie.

