Pasgelaai

Elders gesien: Dis Erfenisdag

Jaco Jacobs Elders gesien 2024-09-24

"Dis die rugbypale waar jy nooit geleer het om ’n rugbybal te skop nie. Dis jou troppie bont skape, en jou kinders wat hul hart verloor op ’n plaasperd. Dis Erfenisdag."

Persverklaring: Luna Paige se Tuiskoms-toer en -program

LitNet Musiek 2024-09-23

Na ’n opwindende reis van drie maande deur Europa en klein optredes in Nederland, keer Luna terug na Suid-Afrika om in ’n intieme omgewing met haar aanhangers te skakel. Ná haar indrukwekkende dubbelalbum-bekendstelling in April 2024 – met beide Engelse en Afrikaanse albums, Dis die dors en Harmony – bied hierdie toer ’n unieke kans om haar songs in hul mees rou en outentieke vorm te ervaar.

Fotoblad 1: Etienne van Heerden Veldsoirée en die LitNet25 Afrikaanse Skrywersberaad

Menán van Heerden Boeke en skrywers 2024-09-23

Die vyfde Etienne van Heerden Veldsoirée het van 20 tot 22 September 2024 in Nxuba (voorheen Cradock) plaasgevind. Die ATKV-skryfskool en die eerste voordragte van die LitNet25 Afrikaanse Skrywersberaad is ook hier aangebied. Die beraad sal ná die Veldsoirée aanlyn voortloop. Menán van Heerden het foto’s van al die sprekers geneem.

Persverklaring: Sonografie: Grepe in roots en blues – WOMAD South Africa 2024 en Toyota Stellenbosch Woordfees 2024

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-09-23

WOMAD SA is trots daarop om vir die eerste keer saam met Toyota Stellenbosch Woordfees en die US-musiekdepartement ’n spesiale konsert met die titel Sonografie: Grepe in roots en blues aan te bied. In hierdie produksie vertel kunstenaars stories in en deur klank, aan die hand van instrumente, musikale idiome en die herinneringe wat hulle ontketen: uhadi, Khoe-klanke, onbegeleide stem en Mississippi blues.

Wat sê Bettina? Oor erfenis

Bettina Wyngaard Rubrieke 2024-09-23

"Ons verstaan dat ons ambassadeurs nie net van ons gesin is nie, maar van ons hele gemeenskap."

Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: ’n onderhoud oor American rhythms

Naomi Meyer, Reghardt Kühn Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-09-23

"Dit is wel belangrik dat mens onthou dat 'Amerika' meer is as net die VSA. Ons speel dus onder andere ’n wonderlike stuk musiek van die Meksikaanse komponis ... Arturo Márquez, Danzón Nr 2. Márquez probeer die kultuurerfenis van Meksiko na die wêreldverhoog bring deur middel van sy lewendige musiek."

Graad 11-Wiskundevideo: Euklidiese Meetkunde – bewys die tweede stelling

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2024-09-23

In hierdie video verduidelik Lee-Ann Langeveld vir graad 11’s hierdie stelling: Bewys dat die hoek wat by die middelpunt gevorm word vanaf punte A en B twee keer so groot sal wees soos die hoek wat vanaf die omtrek by dieselfde punte gevorm word.

Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: ’n onderhoud oor Marie se laaste dag

Naomi Meyer, Mercy Kannemeyer Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-09-23

"Met moontlik sensitiewe materiaal, al is dit ’n komedie, sal ek ook nooit doelbewus skok nie. Die skokfaktor is oud en goedkoop. Daar’s slimmer maniere om stories te vertel."

Nomad heart by Ian Roberts: an inter-review

Janet van Eeden, Ian Roberts Books and writers 2024-09-23

"Ian’s transition from stage to screen was made through his humility in taking on any work on a film set, from set-building to painting, and putting his hand to anything he was asked to do. This willingness to learn led to the incongruity of a man with the most English heritage one could ask for playing a role as an Afrikaner with a brei in Dokter Con se Overberg. The rest, as they say, is history."

Seedans

Pippa du Toit Kuberklas Kreatief 2024-09-23

In Kuberklas Kreatief verskyn skryfwerk deur skoolkinders, soos hierdie gedig.
"Vir ewig sal sy dans want
haar danse is die golwe
haar glimlag die sonstrale
wat op die water weerkaats ..."

Persverklaring: kykNET-Rapport-boekpryse 2024

LitNet Boeke en skrywers 2024-09-21

Die kykNET-Rapport-boekpryse, wat altesaam R1 miljoen bedra, is op Saterdagaand 21 September 2024 in Kaapstad oorhandig. Met dié pryse word jaarliks erkenning gegee aan uitnemende Afrikaanse boeke en resensies wat die vorige kalenderjaar verskyn het. Hier is al die wenners!

Commendatio: kykNET-Rapportprys vir fiksie 2024

Ryan Pedro Boeke en skrywers 2024-09-21

"Die mooiste oomblikke in die boek sleur mee, en die hartverskeurendstes sny regdeur die been, tot by die murg."

Commendatio: kykNET-Rapport Herman Binge-filmprys 2024

Beer Adriaanse Boeke en skrywers 2024-09-21

"Vuurvoël benut ’n verskeidenheid groot temas, maar waar dit werklik uitstyg, is in die aanwending van ’n deurweekte en skalkse humorsin wat, soos met enige chemiese verbinding, in baie presiese mates bygevoeg moet word om te werk. Dit is die soort materiaal waaroor ’n filmmaker droom."

Commendatio: Jan Rabie-Rapportprys 2024

Francois Smith Boeke en skrywers 2024-09-21

"Dit is nogal seldsaam dat ’n wildvreemde nuweling op die literêre toneel met soveel beheer en trefsekerheid skryf."

Commendatio: kykNET-Rapportprys vir niefiksie 2024

Lindie Koorts Boeke en skrywers 2024-09-21

"Die binneland in is ’n Nissan 1400-bakkie van ’n boek: klein, onopgesmuk, ’n bekende en betroubare werkesel, maar sy eenvoud is bedrieglik."

Commendatio’s: kykNET-Rapportpryse vir Boekresensent van die Jaar 2024

Bibi Slippers Boeke en skrywers 2024-09-21

"Nathan Trantraal se bespreking van Vlug van ’n vreemdeling, Bester Meyer se omdigtings van Magmoed Darwiesj se gedigte in Afrikaans, is ’n lig waarby die boek gelees kan word. [...] Lindie Koorts se resensie van Onder ’n bloedrooi hemel deur Annemarié van Niekerk is kragtig, weldeurdag, diepgaande en oorspronklik."

Is verengelsing die Bela-wet se skuld?

Eugene Brink SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2024-09-20

"Maar om te Bela of nie te Bela nie is eintlik nie ter sake nie. Dit lewer dalk lekker nuus op, maar die lot van Afrikaans as voertaal in skole hang van meer af as net een wet. Bela is ’n strydkreet vir rolspelers aan albei kante van die geveg, maar ook ’n skuifmeul vir veel meer prosaïese maar harde werklikhede."

Persverklaring: ATKV-Woordveertjies 2024 – Prys vir Spanningslektuur, Prys vir Niefiksie en ATKV-Prosaprys

LitNet Boeke en skrywers 2024-09-20

Die ATKV-Woordveertjies bekroon jaarliks uitsonderlike prestasies rondom die Afrikaanse woord. Die ATKV huldig die geskrewe woord met die Prys vir Spanningslektuur, een van die vinnig groeiendste en gewildste genres in Afrikaans; die Prys vir Niefiksie; en die ATKV-Prosaprys, een van die oudste en mees gerespekteerde letterkundepryse in Afrikaans.

Persverklaring: Bekendstelling van Etienne Leroux: Die rumoerige swart nar – ’n huldiging by NALN in Bloemfontein op 3 Oktober 2024

LitNet Boeke en skrywers 2024-09-20

Die Werkgemeenskap Vrystaat van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns in samewerking met NALN (Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum) bied graag ’n bespreking aan deur Victor Teise (Sol Plaatje-universiteit) en Hennie van Coller (Universiteit van die Vrystaat) oor Etienne Leroux: Die rumoerige swart nar – ’n huldiging (onder redakteurskap van Hennie van Coller) op 3 Oktober om 18:00 te NALN in Bloemfontein.

Autoplay: ’n teaterresensie

Maryke Roberts Teater 2024-09-20

"Die dansers kneus hul lywe met aanhoudende gekap, geval, gerol, rooi hale later sigbaar. Die ongenaakbaarheid van die harde verhoog teen hul sagte lywe is ’n metafoor vir die ongenaakbare aanslag van KI op die sagtheid van menswees."

Top