Sterflikheid

  • 0

Foto: Canva

Sterflikheid

jy loer deur die 
sleutelgat by 
my voordeur 

tik teen die
ruit by my 
leefkamer

in my kombuis
hou jy my by die
agterdeur dop

ek weet nie 
wanneer jy 
gaan klop nie

maar ek
sal moet 
oopmaak

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top