Pasgelaai
Die koning se bruid by Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: ’n resensie
2024-09-30"In hierdie pryswennerstudenteproduksie word verwagtinge op hul kop gekeer. Deur die loop van die kort toneelstuk wonder mens telkens hoe dit sal eindig. Elkeen van my raaiskote was verkeerd."
Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: ’n onderhoud met Schalk Joubert
2024-09-30"Die Kaap het ’n baie definitiewe en sterk jazzgeskiedenis, en ek is bly om te sien dat dit aanklank vind by ’n jonger geslag. Ons kan trots wees daarop en moet dit soveel as moontlik ondersteun."
Marie se laaste dag by Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: ’n kort resensie van ’n kortfilm
2024-09-30"Hoe moeilik om ’n komedie te laat slaag in ’n land met soveel sensitiwiteite vir mekaar. Hoe vars en eerlik en bitter ongemaklik-snaaks is hierdie kleinverhaal. Mens kan dit ook gaan kyk net ter wille van Mandri Sutherland se hoofrolvertolking."
Persverklaring: Wentzel wag vir Annabel se oproep!
2024-09-30Wentzel is beslis nie net ’n boer in murg en been nie, maar weet ook hoe om sy aanhangers te bederf met ’n lekker sokkietreffer! Luister sy nuwe enkelsnit hier.
Elders gesien: Laat ons genade hê met mekaar se offers.
2024-09-29"Ek het geen veroordeling in my hart vir enige iemand wat die land verlaat nie – na ons gewelddadige inbraak in Kaapstad in 2005 wou ons emigreer."
Koos berei ’n driegangfees
2024-09-28Koos Kombuis lees vandeesmaand oor die kontinente heen. Hy vertel van André le Roux se nuwe digbundel, frons effens oor Matt Haig se nuwe roman en is gefassineer deur Louise Cilliers se Afrikaanse vertalings van Kostis Palamas se Griekse gedigte.
Elders gesien: Naamloos onder die naamloses, en nou ook sonder adres
2024-09-27"Die treurige nuus oor die huis herinner aan ander vreemdhede rondom Louw se dood waarvan die ergste sekerlik is die verloop van sake met sy as."
Persverklaring: Die NG Kerkargief is vanjaar vir die eerste keer deel van die Toyota Stellenbosch Woordfees
2024-09-27Die NG Kerkargief is vanjaar vir die eerste keer deel van die Toyota Stellenbosch Woordfees, wat van 28 September tot 6 Oktober in die Eikestad plaasvind. Ontdek verhale uit die verlede wat ons vandag nog raak: van vroue en kinders, kerkmanne en krygers, kos en kleingeld, kerkmusiek en volksliedjies, familieregisters en -briewe.
Press release: Toyota Stellenbosch Woordfees 2024 introduces new jazz venue and concert series "Jazz at the Konserve"
2024-09-27The vibrant rhythms of Cape jazz and the rich heritage of South African jazz will take centre-stage at the new “Jazz at the Konserve” concert series, set to be hosted at the stunning outdoor SU Konservatorium Amphitheatre during the 2024 Woordfees. This exciting new jazz venue will showcase award-winning talents from 2 to 4 October 2024, celebrating both established icons and emerging stars in South African jazz.
Persverklaring: Die Toyota Stellenbosch Woordfees-kunsveiling is nou oop
2024-09-27As jy nie by die Woordfees kan uitkom nie, kan jy steeds aanlyn bie of kuns kyk op die jaarlikse kunsuitstalling en -veiling van die fees, in samewerking met Strauss & Co. Werke van gevestigde en opkomende kunstenaars kan van 28 September tot 6 Oktober in die Stellenbosse stadsaal besigtig word. Teresa Lizamore is die kurator en bieërs kan aanlyn vanaf enige ligging bie. Die aanlyn veiling by straussart.co.za duur tot 7 Oktober 14:00.
Toyota Stellenbosch Woordfeeskortverhaalbundel 2024: ’n onderhoud met Michèle Meyer
2024-09-27"Die lewe is ’n storie. Mens moet net kyk en luister; dis daar. Ek sien en hoor stories wanneer ek in Checkers wag om te betaal, ’n koffie kry in Kauai, ’n papegaai by ’n troetelplaas dieselfde vreemde frase hoor herhaal. Soms is daar ’n enkele kyk op iemand se gesig wat ’n kortverhaal vertel."
Press release: AVBOB Poetry Project introduces a new competition category
2024-09-27The AVBOB Poetry Project embarks on an inspiring journey with the addition of a brand-new competition theme, "New beginnings". At least one poem entered under this theme in each of South Africa’s 11 official written languages will be selected for publication in the eighth annual AVBOB poetry anthology, which will be published in 2025. Additionally, one commissioned poem per language will be written on this theme.
Persverklaring: Strauss & Co-kunsuitstalling by Oude Leeskamer tydens Toyota Stellenbosch Woordfees 2024
2024-09-27Stellenbosch Toyota Woordfees is om die draai! Strauss & Co sal weer die Oude Leeskamer-ruimtes benut met ’n uitstalling wat hoogtepunte van hul komende eerste regstreekse virtuele veiling sal deel. Die uitstalling sal werke insluit van die opwindende internasionale veiling wat in Kaapstad sal plaasvind op 23 Oktober 2024. Die veiling sluit in, onder andere, gesogte werke deur Pablo Picasso, Auguste Renoir en Marc Chagall.
Momentum Beleggings Aardklop 2024: Reünie, ’n kort resensie
2024-09-27"Laat die lewe enige generasie onaangeraak? Is daar ’n generasie wat nie liefde, verlies en drama ervaar het nie?"
China se strategie om die medialandskap in Afrika te verander
2024-09-26"Die oproep vir Afrika is om Chinese disinformasie te verwerp en objektiewe kanale vir die verspreiding van nuus te skep."
Fotoblad 3: Etienne van Heerden Veldsoirée en die LitNet25 Afrikaanse Skrywersberaad
2024-09-26Tydens hierdie fees is gesprekke gevoer oor, onder andere, skrywers se jongste romans; kinderboeke; kunsmatige intelligensie; die resensering van boeke; argiewe; Griekwa-Afrikaans; die aard van debat/die oop gesprek; versoening; identiteit; die literêre geskiedenis van die Oos-Kaap; en die dinge waaroor Suid-Afrika se gemeenskappe treur. Benewens bogenoemde prikkelende gesprekke, het die Oos-Karoo gesorg vir pragtige landskappe en Karoo-gasvryheid. Menán van Heerden het foto’s geneem.
Momentum Beleggings Aardklop 2024: ’n onderhoud oor Geroep vir meer
2024-09-26"Die belangrikste ding wat mens moet doen, is jy moet jou 'why' gaan vind. Jou 'why' is die ding wat jou betekenis en doel in die lewe dryf. My 'why' is om te inspireer en hoop te gee en om beter te word as wat die wêreld verwag dat jy moet wees ..."
Persverklaring: Suidoosterfees – New Voices vanaf 1 Oktober by Artscape
2024-09-26New Voices, Suidoosterfees en Artscape se jaarlikse voorlesings van dramas deur nuwelingskrywers, word vanaf 1 Oktober in Kaapstad aangebied.
Nuut by Human & Rousseau: Drome het ook asem deur Helene de Kock
2024-09-26Duncan Weston, eienaar van Soeterwijn, voel of hy uit homself kan stap. Hoe kan ’n mens alles hê en tog voel asof jy niks het nie?
