
Foto: Canva
Pablo Picasso: Guernica
Elektries bits die oog van God
soos onder in ’n piepiepot
wat Bethlehemster daar skel belig
Word in koerant-ink hier berig:
Gebeure in die Bethlehemstal
Kiëf en Gaza se geval:
Maria wat haar lot bekla
Vooruitblik op die Pietà
Slap hang die baba oor haar skoot
Die Vredevors, messias, dood.
In sterwensangs die perd wat gil
Terwyl die bul steeds loeiend brul
Josef bloei; vermink ska’wagters;
Wyse manne loer: katlagters.


Kommentaar
Diep rakende gedig! Dankie…
Màrtli! Sjoe. Tref soos 'n vuishou. Weer en weer lees.
Baie dankie, Martli. Dit spreek tot my.