Pasgelaai

Was daar enigiets geskik vir ’n dertienjarige op 2024 se Toyota Stellenbosch Woordfees-program?

Naomi Meyer Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-10-07

"Vanjaar was daar ’n bekroonde Silwerskermfees-dokkie oor kinders en hul honde, ’n pryswenner-ATKV-Tienertoneelstuk en ’n meertalige Kaapse fantasie wat deur kinders van daardie ouderdom gekomponeer en opgevoer is. En dit was slegs produksies op die laaste Vrydagmiddag en Saterdagoggend van die fees."

Career guidance in South African high schools: catastrophe or opportunity?

Izanette van Schalkwyk, Anthony V. Naidoo, Michelle Visser, Stephan Rabie, Francois van den Berg Academic research 2024-10-07

"In South Africa, the disparity in access to career guidance services between well-resourced and resource-poor schools remains a significant challenge."

Beroepsvoorligting in Suid-Afrikaanse hoërskole: verleentheid of geleentheid?

Izanette van Schalkwyk, Anthony V. Naidoo, Michelle Visser, Stephan Rabie, Francois van den Berg LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2024-10-07

"In Suid-Afrika bied die ongelykheid in toegang tot beroepsvoorligtingsdienste tussen skole met goeie hulpbronne en dié met beperkte hulpbronne ’n beduidende uitdaging."

The Africanisation of undergraduate courses in Human-Computer Interaction (HCI) and Business Analysis (BA): A quantitative study of students’ experience

Jan Kroeze, Corné van Staden, Sunet Eybers Academic research 2024-10-07

"It has been widely acknowledged that science has traditionally been monopolised by Western paradigms. Various fields in the social sciences have realised that research is necessary to create sensitivity to the need for decolonisation in these fields."

Die afrikanisering van voorgraadse kursusse in Mens-rekenaar-interaksie (MRI) en Besigheidsontleding (BO): ’n Kwantitatiewe studie oor studente se ervaring

Jan Kroeze, Corné van Staden, Sunet Eybers LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2024-10-07

"Daar word wyd erken dat die wetenskap tradisioneel deur Westerse paradigmas gemonopoliseer is. Verskeie velde in die sosiale wetenskappe besef dat navorsing nodig is om ’n bewustheid van die behoefte aan dekolonisasie in hierdie velde te kweek."

Persverklaring: Geniet meer as ’n "klein bietjie" van Tamlyn Wessels!

LitNet Musiek 2024-10-07

Tamlyn Wessels het ’n siekte wat haar verlam gelaat het (Guillain Barré-sindroom) oorwin en jaag nou haar musiekdrome na. Sy span kragte saam met Select Musiek en is opgewonde om haar enkelsnit "Klein bietjie" bekend te stel.

Hoe lyk ’n man? Anschen Conradie gesels met Stefaans Coetzee oor Sel ses

Anschen Conradie, Stefaans Coetzee Skrywersonderhoude 2024-10-07

Hoe lyk ’n man? Wanneer word jy ’n man? In die tronk word jou manlikheid gemeet aan jou vermoë om vinniger en beter met ’n selfgemaakte mes te kan kap. Maar is dit wat ’n pa aan sy seun wil oordra? Gedigte van Breyten Breytenbach, kortverhale van Willemien Brümmer en knipsels van Elise Bishop kom ook ter sprake.

 

Persverklaring: Projek deur die SA Akademie se Kommissie vir Visuele Kunste

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2024-10-07

Die Kommissie vir Visuele Kunste het met ’n projek begin om van tyd tot tyd video’s te plaas oor onderwerpe wat oor die visuele kunste handel.

Martie Retief Meiring: In memoriam

Renée Conradie In memoriam 2024-10-06

"Die Kaap in die vroeë sewentigs was basies klein en almal het so half mekaar geken. Maar Martie het álmal geken. En deur Martie is ’n hele groot gemeenskap vir vele oopgemaak."

Drawing the right lessons from Iran’s missile attack on Israel

Eben Coetzee Opinion 2024-10-05

"Understanding the recent attacks launched by Iran against Israeli targets and, concomitantly, the spectre of a broader conflict requires engaging with a wider history of Iranian foreign policy."

Aardklop: die hartsfees wat nog altyd klop met betowering en uiteenlopendheid

Ignus Rademeyer Aardklop 2024-10-04

"Hierdie jaar het weer sy eie magic gebring. Musiek, komedie en debuutdramas van die beste gehalte. Die program was ontsettend mooi gebalanseerd en net groot genoeg om seker te maak almal kry ’n stukkie van die pie. Daar is vir my niks lekkerder as vol sale en uitbundige gehore wat na die tyd verstom na hulle motors toe loop nie."

Die Diana Ferrus-prys: ’n onderhoud met Zalman Davis

Naomi Meyer, Zalman Davis Boeke en skrywers 2024-10-04

"Die Diana Ferrus-prys word toegeken vir die beste poësiebydrae, en dis gestig om Afrikaanse streekstale te bevorder – of dan nou die sogenaamde Huisafrikaans. Ons glo dat die prys ’n baanbrekerinisiatief is wat poog om die ryk diversiteit van Afrikaans te bevorder en van dialekte wat dikwels misgekyk word. Ons skep ’n ruimte waarin digters hul uniekheid kan vier."

Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: ’n Lewe in die dag van ’n vrugtevlieg, en so meer: Die ongewerwelde-trilogie – ’n resensie

Jeani Heyns Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-10-04

"Dié wat bekend is met Pretorius se werk, soos Klara Maas se hart is gebreek, sal die trilogieformaat herken. Die stories is as volg: Dié van ’n vrugtevlieg wat vir die eerste keer tienerliefde voel toe hy van aangesig tot aangesig kom met Timothée Chalamet. Dan die boudoireske mot wat vertel oor haar vlietende liefde met ’n kers, en Andries die Reën Spinnekop, ’n recovering alcoholic wat ’n tweede kans kry dmv tap dancing."

LitNet: Jou 753 bladsye splinternuwe Afrikaanse akademiese navorsing

LitNet Nuusbrief 2024-10-04

LitNet: Jou 753 bladsye splinternuwe Afrikaanse akademiese navorsing

Toyota Stellenbosch Woordfees: ’n Nuwe generasie vir taaltransformasie

Jean Oosthuizen Menings 2024-10-04

Op 2 Oktober het die diskoers-gesprek, “Gesprekke oor Afrikaans: ’n Nuwe generasie vir taaltransformasie” (aangebied deur Afrikaans Amptelik 100), by die Toyota Stellenbosch Woordfees plaasgevind. Danie Marais het met Marcelyn Oostendorp, Dylan Hess en Phillip Louw gesels. Jean Oosthuizen gee ’n oorsig van die gesprek.

Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: Fotoblad 1 van sprekers (EasyEquities Skrywersfees en diskoersgesprekke)

Menán van Heerden Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-10-04

Skrywers, lede van die media, politici, akademici en regsgeleerdes het by vanjaar se EasyEquities Skrywersfees en diskoersgesprekke (insluitend die Netwerk24-gespreksreeks) by die Toyota Stellenbosch Woordfees 2024 vir aktuele en leersame gesprekke gesorg. Menán van Heerden het foto’s van ’n paar van die sprekers geneem.

Kunsmatige intelligensie en die dekolonialisering van onderwys in Suid-Afrika

Maryna Blomerus SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2024-10-04

"Gestel dat KI-ondersteunde digitale lesse die oordra van kennis kan oorneem terwyl die onderwyser herontplooi word as toesighouer of fasiliteerder wat opgelei word om die basiese tegnologie genoegsaam te verstaan om leerlinge met die gebruik daarvan by te staan, dit wil sê om leerlinge aan die gang te kry en aan die gang te hou binne ’n gedissiplineerde en uitkomsgedrewe klaskamer."

Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: Hoe het dit skielik laat geword? – ’n resensie

Jeani Heyns Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-10-03

"Die eteriese eggo’s van die openingsmelodie hang in die lug soos die frase 'Hoe het dit skielik laat geword' oor en oor herhaal word. Met elke frase verskuif die harmonielyn effe, ’n doelbewuste dissonansie wat ’n gevoel van leegheid skep. Op die skerm sweef sterrestelsels, en ek dink: As ons aan die einde van die heelal kom, en daar is net dié musiek en die woorde van Olga Kirsch, kan ek in vrede heengaan."

Whitewashing history: Flawed exhibition on forced removals

Moegammad Tahier Kara Opinion 2024-10-03

"The map of Die Vlakte, another critical component of the exhibition, fails to represent the entire area accurately. Instead of depicting the full extent of Die Vlakte, the map includes only a few streets, while prominently featuring the predominantly white areas of the town."

Toyota Stellenbosch Woordfees: Kunsmatige intelligensie en die tradisionele Universiteit (Netwerk24-gespreksreeks)

Jean Oosthuizen Universiteitseminaar | University Seminar 2024-10-03

"Wat KI en masjienleer betref, is Ramjugernath en Van der Merwe dit eens dat dit gekom het om te bly."

Top