Pasgelaai

Nuut by Human & Rousseau: Kinkels en keuses 3: Die maniese muskietmoles deur De Wet Hugo, illustrasies deur Stephen Wallace

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-10-10

WJ, sy suster Mindie, en hul beste vriend Raj, wil graag iets asemrowends aantrek vir die skool se kostuumdag aan die einde van Boekeweek. Hulle moet soos karakters uit hulle gunstelingboek aantrek en besluit op die Drie Musketiers. Maar wanneer hulle in ’n vreemde oudhedewinkel op die perfekte bykomstighede vir hulle kostuums afkom, loop dinge lelik skeef. Nou is hulle die Drie Muskiete! En hulle moet ’n wêreld van insekte en monsters oorleef om weer hul pad terug te vind huis toe.

Nuut by Tafelberg: Ben breek weg deur Christien Neser

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-10-10
Wat as jou bekende wêreld skielik verander en dit voel asof niks ooit weer “normaal” sal wees nie? Die krieketmal stadskind Ben bevind hom uit die bloute op die plaas by sy grootouers. Hy weet nie wanneer hy weer sy ouers sal sien nie, en die graad 7-jaar waarna hy en Alvin so uitgesien het, is skielik vervang met praatjies oor lammers en weiding. Maar gaandeweg begin Ben die groter prentjie sien. ’n Diepsinnige, dog ligte grootwordstorie.        
 

Nuut by Lux Verbi: Uit die Beek 2025 deur Barend Vos

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-10-10

100 jaar van genade. 100 jaar se getroue lesers. Uit die Beek gee daaglikse geestelike leiding en inspirasie. Hierdie feesuitgawe is geskik vir persoonlike stiltetyd, huisgodsdiens én Bybelstudiegroepe. Vanjaar kom dit weer uit die pen van bekroonde skrywer en predikant Barend Vos. In 2025 vertoef ons by elke Bybelboek, terwyl ons steeds groot momente in die kerkkalender, soos Lydenstyd en die Pase, Pinkster, Koninkrykstyd en Advent in ag neem.

Toyota Stellenbosch Woordfees: Media by die kruispad (Netwerk24-gespreksreeks)

Jean Oosthuizen Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-10-10

"Beukman sê die kommer vir die media se toekoms lê nie by die hoofstroommedia wat gebonde is aan ’n perskode en persombudsman se uitsprake nie. Dit lê by wat hy noem die fees van die oningeligtes."

Bargoens

Gerda Taljaard-Gilson Fiksiekompetisies 2024-10-10

"Teen die aand hoor hy Jamila se stem buite die venster. Sy staan daar tussen die wingerdstokke, onder ’n gerfie sterre. Sy wink hom nader. Op haar rug is ’n bondel klere en stukkies huisraad: tonteldoos, ketel, slagmes, braaipan, teeblik, kooigoed en watersak. Ook ’n kardoesie growwesout, droëvrugte, tabakrolle, bokkoms en ’n boesel broodmeel."

Projek Candy

Eric Jacobs Fiksiekompetisies 2024-10-10

"Die wag in gewone klere roep ’n kollega nader en Ewald sluk swaar toe hy die band om die hond se nek sien. Dit is ’n plofstofhond. Die brak stap tot by die bakkie en gaan sit regop by die bestuurder se oop deur. Sy snoet beduie na die agterkant van die sitplek."

Persverklaring: Oproep om benoemings vir die Taalraad se Kokertoekennings van 2024

LitNet Die Afrikaanse Taalraad-portaal 2024-10-10

Die Afrikaanse Taalraad nooi lede en die algemene publiek uit om kandidate vir die Kokertoekennings van 2024 te benoem. Die doel van die Kokers is om erkenning te gee aan mense wat besondere bydraes tot Afrikaans gemaak het. Hierdie jaar se wenners sal einde November op die Taalraad se sosialemediaplatforms aangekondig word.

Thanatos

Trisa Hugo Poësie 2024-10-10

"Eros, Hypnos en Thanatos vervleg in my kop
Waar begin die een en waar hou die ander op?"

Dié brakkie het nog baie blaf

Crito (Kerneels Breytenbach) Boekrubrieke 2024-10-10

"Helaas is daar onder Afrikaanse boekresensies besonder goeie voorbeelde van bad writing."

Mamma

Jeanne Henning Els Poësie 2024-10-10

"en jou koekblikke
staan leeg
op my kombuiskas"

Die droogte in Niemandsland

Johan van der Merwe Poësie 2024-10-10

"dit bly droog
niemandsland treur
oor verwaandheid
van die mens"

Prooi van pyn

Michelle van Graan Poësie 2024-10-10

"op die altaar lê ek as prooi van pyn
Dood, slurp my eerder op"

Persverklaring: Uitnodiging na die bekendstelling van Dames en Here deur Elbie Adendorff en Lisinda de Jager

LitNet PRH/LAPA-Uitgewersportaal 2024-10-10

Hierdie boek is ’n eerste in sy soort en sal ’n groot gaping in die mark vul. Daar is spesifiek gekyk na alle redenaars- en debatskompetisies in Suid-Afrika, sowel as alle vorme van toesprake wat in die skoolkurrikulum vereis word. Opvoeders en onderwysers – en enigiemand wat belangstel! – word hartlik uitgenooi om hierdie boekbekendstelling op 15 Oktober in Stellenbosch by te woon. Hier is nog inligting.

Maritha Snyman (1952–2024)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2024-10-10

"Boeke laat jou krities en innoverend dink en sinryke besluite neem: Koop boeke vir jou én jou kinders. Lees dit saam en praat saam. ’n Groter guns kan jy hulle nie bewys nie, en niemand anders gaan dit doen nie."

Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: Die stoele – ’n Instagram-resensie

Estelle Terblanche Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-10-09

"Hierdie teks, deur Eugène Ionesco, is hoogs metaforiese, diep en propvol betekenis. En tog kan elke gehoorlid wegloop met hul eie, persoonlike boodskap. Dit gee mens heelwat om oor te dink.  Dit is ’n waagstuk – met meesterlike optredes deur Antoinette Kellerman en Chris van Niekerk en regie deur Marthinus Basson. En die sukses van die stuk wys dat dit die moeite werd is om kanse te neem in kuns."

Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: Vier Panado’s en ’n chardonnay – ’n Instagram-resensie

Estelle Terblanche Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-10-09

"Zietsman en haar pianis, Tony Bentel, is treffend mooi in hul skitterende Cabaret-geïnspireerde kostuums. Hulle gemak met en vertroue in mekaar is duidelik en verfrissend. Tegnies is die musiek indrukwekkend. Zietsman se sang is diep, roerend en moeiteloos. Soms doelbewus nie-te-perfek-nie. Skrywer en regisseur Johan Slabbert het ’n ongelooflike teks geskryf wat klassieke treffers met persoonlike stories uit Zietsman se lewe kombineer."

Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: The return of Elvis du Pisani – an Instagram review

Estelle Terblanche Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-10-09

"Eddie du Pisani’s life has not turned out the way he had planned (sounds familiar?), and he is hanging on to a last string of hope. While questioning his own existence, purpose and will to live, he returns to the lamppost in Witbank that he had visited once before on a fateful night that changed his life forever. As he detours through childhood memories, his first love, his emulation of Elvis and the events that led him to this very place, he re-enacts heartbreaking memories."

Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: Op die hoek van Styx en River is Nora per abuis met die dood oorgeslaan – ’n Instagram-resensie

Estelle Terblanche Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-10-09

"Is dit ’n outydse allegoriese stuk? Abstrakte teater aangepas vir ’n moderne gehoor? Dit is definitief ’n interessante stuk. Die konsep self het soveel potensiaal: ’n reis na die hiernamaals waartydens Nora se lewe deur verskeie karakters gemeet en beoordeel word. En sy moet ook vir haarself besluit wat haar lewe werklik werd was."

Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: ’n Begin – ’n Instagram-resensie

Estelle Terblanche Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-10-09

"Dit is ’n slim teks wat subtiel op die been gebring is – die tipe stuk waardeur jy lag terwyl jy eintlik wil huil oor hoe naby dit aan die werklikheid is. ’n Persoonlike gunsteling by die fees."

Momentum Beleggings Aardklop 2024: Nabetragting – ’n huldeblyk aan twee legendes

Didi Potgieter Aardklop 2024-10-09

"Albei produksies het gefokus op die lewens van hierdie ikone, hul tragiese afsterwe en die tydlose nalatenskap van hul musiek op die Suid-Afrikaanse kultuurlandskap. Tog was my belewing van hierdie onderskeie stukke wêrelde uitmekaar."

Top