Pasgelaai
Wat hou die verkiesing in die VSA vir Suid-Afrika in?
2024-10-18Sal Harris meer vir Suid-Afrika beteken as Trump? Wie gaan wen? Waarom stem swart mans vir Trump? Waarom onttrek talle oud-Republikeine hul steun aan Trump? Dit is maar enkele van die vrae wat Freek Robinson stel aan Chris Opperman, ’n toenmalige diplomaat wat nou ’n sakeman in die VSA is.
Outeursreg van ’n gedig en KI – Hugo, bel die polisie!
2024-10-18"KI gaan verder as net ChatGPT. Grammarly, speltoetsers ens gebruik almal ’n vorm van KI om te help. Het ek dus net outeursreg op my verkeerd gespelde en ongrammatikale werk?"
Ons biblioteke: ’n onderhoud met Reinie Smit
2024-10-17My gunstelinggedeelte uit ’n Afrikaanse boek is nie ’n openingsin nie, wel op bladsy 38 van Voetstoots deur Annelie Botes: "In die munisipale gebied van Helsinki (Finland) mag geen inwoner buite loopafstand van ’n biblioteek bly nie. Dit beteken as ’n woongebied uitbrei, moet die munisipaliteit ’n biblioteekplan voorsien alvorens boupermissie gegee word!" Hierdie onderhoud met Reinie Smit is die negende aflewering oor ons biblioteke. Reinie is bibliotekaris by Prins Albert Biblioteek.
Agterstories: Waarom is jou baas nie snaaks nie? Die ekonomie van humor in die werksplek
2024-10-17"Is daar ’n wenresep vir ’n goeie grappie?"
Press release: Minister Gayton McKenzie to deliver keynote address at International African Writers’ Conference
2024-10-17Gayton McKenzie, the South African minister of sport, arts, and culture, will deliver the 12th International African Writers’ Day Lecture at the Africa Century International African Writers’ Conference. The theme of this year’s conference is: "Artificial Intelligence (AI), social justice and social change: The future of literature in Africa. Quo Vadis?"
Kollig op akademikus Brian du Preez: Plantkunde en natuurbewaring
2024-10-17In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is. In hierdie video gesels Brian du Preez oor sy passie vir natuurbewaring, plantkunde en die buitelug, en hoe hy sy navorsingsnis ontdek het. Volg vir Brian op Facebook by Brian du Preez – Botanist en op Instagram by @brian_botanist.
SteedsDink met LitNet Akademies: Brian du Preez oor sy akademiese navorsing
2024-10-17In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is. In hierdie video gesels Brian du Preez oor sy navorsingsfokus, naamlik taksonomie, evolusie en bewaring van die genus Indigofera in Suid-Afrika. Hy vertel ook meer oor plantstropery, genetiese data, die herontdekking/ontdekking van plantspesies en die belang van brande. Volg vir Brian op Facebook by Brian du Preez – Botanist en op Instagram by @brian_botanist.
Persverklaring: Wil jy bydra tot ’n kinderboek oor Afrikaans?
2024-10-17Ons sal graag ʼn spektrum van stories wil insluit wat iets oor al die vorme van Afrikaans en die wye geskiedenis daarvan vertel – en hopelik iets van die toekoms van Afrikaans wys.
’n Onderhoud met Nelandi Boshoff, een van Suidoosterfees se NATi Jong Sterre
2024-10-17"Die proses tot dusver het al my verwagtinge oortref. Én die mense wat jy ontmoet! Jy maak vriende en konneksies vir die res van jou lewe. Maar behalwe dit alles, op die ou einde kan hierdie proses jou lewe net verryk."
Graad 3: Afrikaans Huistaal-vraestelle en memo’s
2024-10-17LitNet het navrae ontvang in verband met assesseringsinhoud vir die Grondslagfase. Bonzelle van der Westhuizen, ’n Grondslagfase-opvoeder, het vraestelle en memoranda vir graad 3-leerders opgestel. Dit kan gratis hier afgelaai word. Hierdie vraestelle kan vir enige kwartaal se voorbereiding aangewend word.
Life lessons: How to fail and win by Alan Knott-Craig: a reader’s impression
2024-10-17"What part of the book did I like most? The knowledge that you can still win, even if you sometimes lose. Losing isn’t always losing; sometimes it is merely something not working out now, and you need to move on to the next step."
Dinkskrum: Is die eenheid in die Regering van Nasionale Eenheid (RNE) op valse optimisme gebou?
2024-10-17"Die eerste 100 dae is gewoonlik enige administrasie se maatstaf van wat die beleidsplatform en praktiese rigting van so ’n regering tydens sy ampstermyn sal wees."
’n Vrou staan op deur Ilse Verster: ’n lesersindruk
2024-10-17"Die vertelling kombineer die verhaal van trauma, alkoholisme en huishoudelike en emosionele geweld met elemente van hoop en dien aanvullend ook as ’n soort gids vir mense wat hulleself in soortgelyke posisies mag bevind ... Met die buitengewone vlakke van gesinsgeweld in Suid-Afrika sal hierdie boek waarskynlik nog baie jare lank gelees word."
Cuito Cuanavale (1988)
2024-10-17"36 jaar later sit ek op die agterstoep. My kinders is groot, my vrou ook al dood. Ek skrik toe my oudste dogter aan my regterkant verskyn. Sy sit die koffie langs my neer en verdwyn weer die huis in. ’n Tortelduif vlieg op en klap sy vlerke hard om hoogte te kry – ’n verwilderde dier in vlug. Dit sit my weer daar neer. Op ’n vreemde land se sand. Ek probeer dit keer, maar dit gebeur keer op keer."
Hartsvanger
2024-10-17"maar ek voel eintlik net die
klou van jou skaduwee
soos die sterrehemel wegsmelt
oor my rigtinglose skip."
Beroof van sy onskuld
2024-10-17"Oorkant die kerk op die hoek van die straat,
staan die doodsengel.
En staar hom in sy oë."
Heartstopper seisoen 3 is ’n treffer: ’n kykersindruk
2024-10-17"’n Vriend van my het op ’n dag Heartstopper daarvan beskuldig dat dit soetsappig is. Ek sien eintlik niks fout daarmee nie. Ek dink ons het almal heeltemal genoeg gehad van die tragiese gay karakter wat nooit meer kry as ’n moontlikheid aan die einde van die film of reeks nie."
’n Onderhoud met Mikyall Harris, een van Suidoosterfees se NATi Jong Sterre
2024-10-16Mikyall Harris gesels met Izak de Vries oor sy toneelstuk, Vannie wal, af, en NATi se Jong Sterre-program: "Hierdie program bied jou die geleentheid om ’n beter mens, skrywer en kunstenaar te word en jy leer waardevolle vaardighede en denkpatrone wat jy vir die res van jou loopbaan saam met jou sal dra."
