’n Ou pen skryf nuwe woorde

  • 0

Foto: Canva

’n Ou pen skryf nuwe woorde

Sou dié pen ooit weer
liefdeswoorde spreek?
Pyn het my bekeer,
bevry en klaar gepreek.

Lot het alweer gevlug
om hulle lewens te spaar
maar toe kyk sy terug
word vir hom ’n soutpilaar.

Twee vlieërs het geluk gevind,
saam gedartel en gespeel.
Een was vry, die ander aan lint gebind
en kon nie saam die hoogtes deel.

Soms word die herfs lente al
voel jy die liefde se gevoel
totdat die blare van die bome val
jou verraai met ’n geskarrel en sonder doel.

Vir ’n oomblik was dit mooi, selfs heilig.
Nou bly net my innige dank aan jou oor
Weer alleen en weer veilig
dit was ons maar net nie beskoor.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top